Page 1 of 1
Gevriesde jakkels
Posted: Sun Jun 10, 2012 7:18 pm
by Arnold van Wyk
Nou het ek alles gehoor, was die naweek op wildsplaas naby Touwsrevier praat toe oor hul springbok verliese. Toe ek voorstel oor jakkels roep en beheer, vertel hulle my van jakkels jagter wat so by 5 plase geskiet het, lang storie kort hy was uit gevang met 2 gevriesde jakkels, waar-voor hy deur 3 plase op die selfde aand betaal was.
Hulle is sommer vinning om jou sy naam en nommer te-gee.
Re: Gevriesde jakkels
Posted: Sun Jun 10, 2012 7:43 pm
by hebron
Het ook gehoor van die man met vrieskas jakke, hom ook ontmoet; stilbly is nie n antwoord nie!!!
Gelukkig het die mense in Wes-Kaap mos permitte nodig, miskien help dit as daar rekord gehou word van diere geskiet;
( ouderdom - geslag - pensinhoud ) en dalk nog daai boer se handtekening!
Kan jak-jagters nie verplig word om gerigestreer te wees as jagter nie?
Los maar dooie jakkalse by hul eienaars, hulle gee nie om as daar dooie jakke op hul plaas is nie; dis daai lewendes wat hul pla!
Groete Willem
Re: Gevriesde jakkels
Posted: Sun Jun 10, 2012 7:52 pm
by Allieman
Skelm verby!!!
Dit is sulke manne wat wat die ander eerlike manne se name in die druin af gooi en dan maak hulle die lewe vir ons mooilik.Ek weet van so n geval hier by ons ook en nou moet ons maar mooi werk om die manne se vertroue tewen!. Dis hoekom ons(my self en stan man) ons bakkie laat inspekteur deur die betrokke boer waar ons gaan skiet.
Daai manne moet sommer mooi op hul dinges kry!
Re: Gevriesde jakkels
Posted: Sun Jun 10, 2012 8:02 pm
by vlakvark1
Ja skelm verby- hoop hy kry ''frostbite'' van daai jakkies wat hy so in en uit haal uit die yskas
Hy maak eerlike jagters se naam sleg
Re: Gevriesde jakkels
Posted: Sun Jun 10, 2012 8:21 pm
by Flip Nel
Ek dog toe ek die opskrif lees dat dit gaan oor jakkalse wat baie koud gekry het met hier koue op die oomblik. Jislaaik kan mens so skelm wees, hoe kyk jy na jouself in die spieel.
Re: Gevriesde jakkels
Posted: Sun Jun 10, 2012 10:22 pm
by wlm
Manne
Ek het gedink Hebron het die jak in Sutherland se koue geskiet en hom op die bakkie vergeet! Nee kyk, aan skelm is daar nooit 'n einde nie. Gelukkig het ons nog 'n jagklub op Williston waar lede uitbetaal word as velle in gegee word.
Re: Gevriesde jakkels
Posted: Mon Jun 11, 2012 10:56 am
by stan man
ek persoonlik het al op n plaas of wat gekom waar daar oor die selfde ding oorlog gemaak is.ek en allieman sny die jakkalse se sterte af as ons ry.of die stert of die jakkals bly agter op die plaas.ek werk saam met natuurbewaring,en hulle teken ook alles aan. dit help nie een ou is eties en die ander oneties nie,dit maak dit vir ons almal moeilik.
laasweek 2 rooikatte by buks dup geskiet, en hy het gedink hy het n probleem met jakkalse. op sy plaas is nie jakkalse nie ,hulle is bang vir al die katte.
bring vir my n wetter met n gevriesde jakkals,en ek vries sy nutts!!!!
Re: Gevriesde jakkels
Posted: Mon Jun 11, 2012 3:38 pm
by James Wilson
hebron wrote:
Kan jak-jagters nie verplig word om gerigestreer te wees as jagter nie?
Groete Willem
stadig ou vriend, ek is alreeds so gatvol om vir al my wapens en toegewyde jagters dinge te rigestreer. moenie dat een of twee vrot appels nou die lewe vir ons almal kom omkrap nie
Re: Gevriesde jakkels
Posted: Mon Jun 11, 2012 3:47 pm
by marno
My genugtig!! Kan jy glo iemand kan so skelm wees. Hy was seker in sy vorige lewe 'n jakkals wat lig en roep sku was.
Weet nie hoe slaap daai man innie aande nie.
Re: Gevriesde jakkels
Posted: Wed Jun 13, 2012 2:37 pm
by Francois B
Maar sit die makker se naam op almal het die reg om te weet touws is net te naby aan my ek wil nie vir jak betaal waarvoor die hele gemeenskap al betaal het nie
Groete f.b
Re: Gevriesde jakkels
Posted: Fri Jun 29, 2012 4:36 pm
by 22-250 Sniper
Koelboks bende so is hulle gedoop hier by ons hulle kom uit die Vrystaat maar was nie baie suksesvol. Maar die plaasvolk het houe uitgedeel die boere betaal vir jakkalse en katte wat gevang word so met die gevolg is hulle het die velle geskuif tussen plase waar hulle betaal word. Boer maak n plan bushie het n plan