Page 1 of 1

Alldays

Posted: Tue Mar 23, 2010 12:40 pm
by Brno308 jagter
Middag Manne

Ek het bietjie die naweek gaan jag in Alldays en dis die eerste keer wat ek in daai omgewing jag en het regtig bitter hard gewerk vir die bokke wat ek geskiet het.

Kan enige van julle my dalk vertel of dit maar altyd moeilik is om in die Alldays omgewing te jag of is dit maar net omdat dit nog vroeg in die seisoen is.? Die mopanie bome se blare het nog nie afgeval nie..  ;D

Laat weet maar as een van julle al daar gejag het.?

Groete

Brno

Re: Alldays

Posted: Wed Mar 24, 2010 10:58 am
by ELTIE
Brno

Was so maand en n bietjie terug weer daar. Skiet altyd lekker daar. Het nog nooit regtig te veel gesukkel daar nie, hang seker ook maar van die plaas af. Ons gaan so 5 keer n jaar daar heen en skiet altyd ons kwota vol. Kan vir jou n kontak nr stuur as jy sou belang stel om daar te bespreek.

Eltie

Re: Alldays

Posted: Wed Mar 24, 2010 1:32 pm
by Brno308 jagter
Eltie

Sal gaaf wees asb.? Ons het die heel naweek geloop, gery noem dit, ons het dit gedoen en al wat ons kon skiet was 2 rooibokke en 'n duiker.

Ek wag vir jou reply, hoe lyk die boer se pryse.?

Groete

Brno

Re: Alldays

Posted: Wed Mar 24, 2010 8:10 pm
by Francois Marais
Tommie

Jy al antwoord gekry da van Gochas af??? As nie laat weet dan stuur ek vi jou ander kontakte.

Mooi loop
Francois

Re: Alldays

Posted: Thu Mar 25, 2010 10:31 am
by Brno308 jagter
Hi Francois

Ja ek het maar die Oom is net op die oomblik besig met 'n jag, jy kan maar nog stuur Francois sal gaaf wees.?

Groete

Brno

Re: Alldays

Posted: Thu Mar 25, 2010 11:08 am
by Francois Marais
Tommie

Het jou PM gestuur.

Mooi loop
Francois