Page 1 of 2

Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Thu Jan 22, 2009 3:46 pm
by jaracal
Ek het 'n interessante brokkie nuus vir ons manne gekry rondom Tydelike magtigings van Advokaat Smit

"Ligpunte onder Vuurwapen Wet
Spertye waarteen vuurwapen eienaars moet heraansoek doen vir hul vuurwapen lisensies of moet ontslae raak van hul vuurwapens is besig om ons vinnig te nader. Die S A Polisie se oudit van hierdie her aansoeke en die her uitreiking van lisensies het hul verstrengel in  ?n selfgeskepte papier moeras waaruit hul nie maklik sal kom nie.  Ekself  wag al sedert  2 Desember 2005, drie jaar en twee maande,  vir  ?n antwoord   op my her lisensi?rings  aansoeke. Wat nuwe aansoeke betref, ten opsigte van nuwe vuurwapens aangekoop, wag  ?n aansoeker in die algemeen vir langer as ?n jaar op ?n uitslag. Ek self het vir my eerste nuwe jaggeweer se  lisensie  elf maande gewag. Vir my tweede nuwe jaggeweer se lisensie wag ek nou reeds sewentien maande.  In hierdie hele morbiede situasie is daar darem twee ligpunte  en tevredenheid wat ek tot  dusv?r kon ervaar. Wat betref my ou vuurwapens is ek nog wettig in besit van almal onder my bestaande ou lisensies en wat betref  my twee nuwe jaggewere wat ek gekoop het, was ek sedert hul aankoop nog deurlopend deur die S A Polisie toegelaat om die gewere wettig te mag besit en mee te jag onder tydelike magtigings soos uitgereik onder Artikel 21 van Wet 60 van 2000. Ek kon dus deurlopend my kultuur gebruik as toegewyde jagter beoefen en sodoende deur hierdie wyse van ontspanning my gesondheid en welsyn jaarliks bevorder. Uit ondervinding wil dit voorkom of  ons jagters en die bre? publiek onkundig is rondom hul regte onder  Artikel 21. ?n Aansoek om ?n tydelike magtiging moet deur die S A Polisie binne sewe dae oorweeg en verwerk  word. Ten opsigte van my eerste nuwe jaggeweer het die S A Polisie aan my in totaal drie tydelike magtigings uitgereik en vir my tweede nuwe jaggeweer, tot op hede,  reeds vier tydelike magtigings.  ?n Totaal van sewe tydelike magtigings waarvoor ek R 980 betaal het. Tydelike magtigings word deur die S A Polisie op Provinsiale vlak plaaslik oorweeg en uitgereik en nie deur Hoofkantoor nie. Sou die S A Polisie ?n aansoek  om ?n tydelike magtiging van ?n jagter,  wie in besit is van ?n Bevoegdheid Sertifikaat  soos ingevolge Artikel 10 van Wet 60 van 2000 aan hom uitgereik,  weier,  kan sodanige jagter,  in plaas van om sodanige besluit op app?l te neem, ook sy plaaslike  Gelykheids hof  nader vir regshulp onder Wet  4 van 2000."

WILLEM SMIT       
B.A. (Polisiekunde) (Unisa)LL.B. (Stellenbosch) LL.M. (Internasionale Besigheidsreg) Nasionale Balie-Eksamen                                   Advokaat                                                                                                                                  Oud Polisielid : Kommissie rang

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:00 pm
by johan
Hein
Verstaan ek jou reg ??? Ek en Tafman kan more by Cityguns instap,elkeen n 243 WSSM koop,en binne 7 werksdae daarmee jag,of kom ons maak dit n maand.Dis tog heel onmoontlik in die land waar als wat bo hoort,onder is en als wat onder hoort,bo is.

Laat ons tog dadelik weet ;D
Wat kos so permit en hoe lank is dit geldig?

johan...QBE 

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:15 pm
by jaracal
Johan jy is reg, dit lyk my die aansoek kos so R140-00 elk as ek sien R980-00 vir 7 tydelike magtigings. Die tydperk is seker vervat in die wet maar ek sal vasstel hoe lank kan jy jou wapen tydelik gebruik.

Ek het self ook nie hiervan geweet nie en was dit vir my 'n verrassing.

Groete en lekker droom. Ek dink net die teruggee aan die handelaar nadat jy hom gebruik het gaan die slegste wees. Verlaaaaang na die nuwe vrou in die huis.

H

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:21 pm
by johan
Hein
Teruggee :o :o vergeet maar ;D
Wie stock nou Sakos teen billike pryse?

johan...QBE

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:23 pm
by jaracal
Is dit nie maar senwes wat die invoer regte het nie?
H

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:28 pm
by johan
Wie sou die myn konyn by hul wapenafdeling wees?

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:32 pm
by jaracal
Ek sal hulle more of so 'n bietjie bel. Het mos "gawe-kom" met die closer 300 pakket.
H

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:43 pm
by tafjak
Ek weet van 'n paar Polisie stasies wat nou met 'n papierprobleempie gaan sit.

Taffie

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:55 pm
by johan
As "gawe kom" net wil werk, ek kon die heel dag nie op die forum kom nie,"cannot open this padge,error 500) ek het toe maar aanvaar eks gefire deur Hein :o

Ek kon darem toe vannaand opkom
johan...QBE

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Tue Jan 27, 2009 9:40 pm
by FOURIE
Hi
Ek het met hierdie wet gespook by verskeie SAP kantore en maak steeds geen vordering nie. Almal hou net vol met artikel 22 wat se dat jy slegs mag jag met ongelisensieerde wapen as die eienaar by jou is. Artikel 21 verwys na die registrateer vir toestemming en volgens SAP is dit die manne wat jou lisensie goedkeur in JHB. Dit wil vir my voorkom of die SAP self nie goed ingelig is nie. Hoe en waar kan ek begin?
(Enige name en nommers) Neser

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Wed Jan 28, 2009 6:43 am
by Freek
Hein, die tydelike magtiging is darrem so ligte verligting. Maar wat ek ook wil noem is dat nuwe lisensies binne 3 maande goed gekeur moet word, as dit nie gebeur nie begin krap aan SAP en seuns. Vir verdere raad en hulp kan julle Martin Hood kontak (ongelukig het ek nie sy kontak besonderhede nie, maar ek weet hy adverteer in Magnum en hy beskerm ons regte namens SAGA, sal sy nommer hier plaas sodra ek hom het). Hy het al verskeie sake teen SAP gewen, m.b.t die huidige nuwe wetgewing, en hulle weet waar hulle met SAGA staan.

Ek wag ook vir 4 van my aansoeke, einde Februarie is dit 'D'-DAY as ek by daai tyd nog nie antwoord het van SAP en seuns nie dan gaan ek 'n warm brand-eister uithaal en begin krap. Manne ons as bevoegde en gelisensieerde vuurwapen eienaars het ook regte en ons moet ophou stil bly in eensaamheid en begin aandring op wat ons toekom. Hoe lank verwag SAP en suens moet jy nou wag voordat hulle uiteindelik eers begin kyk na jou aansoek - seer sekerlik is daar 'n "admin" wet wat hulle verplig om papier werk binne 'n sekere tyd te proseseer en af te handel. So, as jy al langer as 3 maande vir jou aansoek wag het jy 2 keuses of jy bly stil en hou aan wag of jy kontak SAGA en sorteer hierdie nonsence nou uit.

Daar word van ons verwag om al hierdie hope papier werk, motifeerings en ander bewyse gereed te kry binne 'n bepaalde tyd en te betaal vir die aansoek, jammer om dit so te stel maar hulle het ook 'n verpligting om hulle sterte te lug en te begin werk en die goed te proseseer en af te handel. So kom ons staan saam en ondersteun SAGA hulle is daar om vir ons regte te baklei. Hoe meer stemme hoe meer ongemak by SAP.

Hoekom laat ons toe dat swak organisasie en beplanning by SAP en seuns lei tot ongemak in ons huise? >:(

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Wed Jan 28, 2009 7:12 am
by Freek
Hier is Matin (die expert) se nommer 0825539252 of 011 234 7520, dit is regtig die moeite werd om deur hom te werk. As jy nie lid is van SAGA nie, stel ek voor jy sluit so gou as moontlik aan. After all, die ouens staan op vir ons regte as vuurwapen eienaars en hulle doen 'n helse goeie job. ;)

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Wed Jan 28, 2009 9:31 am
by jaracal
FOURIE wrote: Hi
Ek het met hierdie wet gespook by verskeie SAP kantore en maak steeds geen vordering nie. Almal hou net vol met artikel 22 wat se dat jy slegs mag jag met ongelisensieerde wapen as die eienaar by jou is. Artikel 21 verwys na die registrateer vir toestemming en volgens SAP is dit die manne wat jou lisensie goedkeur in JHB. Dit wil vir my voorkom of die SAP self nie goed ingelig is nie. Hoe en waar kan ek begin?
(Enige name en nommers) Neser
Hallo Fourie
Die maklikste is print die brief op die forum van ADV Smit en neem dit na jou plaaslike SAPS, hulle moet dit uitreik. Ek self het dit nog nie gedoen nie, maar was dit vir my ook nuus.

Groete

Heinrich

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Mon Feb 02, 2009 10:37 am
by Fanie101
Het iemand nou al verseker uitgevind wat die Artikel 21 behels en of dit die waarheid is.  Geld dit miskien nie net vir buitelandse jagters of invoere van gewere van buite af nie???

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Mon Feb 02, 2009 11:21 am
by jaracal
Hallo Fanie
Adv Smit het die artikel vir die Burger geskryf en het hy al die tydelike permitte gebruik. So dit is verseker die waarheid.
Groete
H

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Mon Feb 02, 2009 8:13 pm
by FOURIE
Hallo Fanie

Ek het met die wet geroei en wat ek kon uitvind is dat jy dit kan doen as jy reeds bevoeg verklaar is. Jy moet 'n geldige rede he. Die aansoek moet by jou plaaslike SAP gedoen word. Hulle stuur dit dan aan die registrateur in JHB. Hulle sal dit dan goed of afkeur. Die feit dat hulle dit binne 7 dae moet afhandel is nie regtig prakties haalbaar nie maar die manne is baie behulpsaam. Ek roei nog om bevoeg verklaar te word. My goed is al in van 2005 af.

Fourie

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Tue Feb 03, 2009 8:10 am
by Freek
Fourie, ek kan sien jy het goeie geduld. Ek was een van die gelukiges wie se bevoegdheid binne 'n jaar na aansoek in gedien is uitgereik is - doooer in 2004 aansoek gedoen. Dit is 'n duidelike bewys dat SAP en seuns al hoe meer agter raak met die verwerking en proseseering van pampiere, 'n situasie wat seer sekerlik gaan vererger voor dit verbeter want daar is ongelukig te min beamptes in hul diens wat bevoeg is en verstaan hoe die stelsel werk om deur die murse agterstalige werk lading te beur.

My enigste raad is om druk op hulle te plaas om so gou moontlik hul huis in orde te kry - die enigste effektiewe manier na my mening is om deur 'n organisasie soos SAGA te werk. Hoe langer ons stil bly hoe gemakliker word die gemak zone by ons geliefde SAP en seuns en hoe langer gaan ons wag vir terug voering op ons aansoeke.

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Tue Feb 03, 2009 10:05 pm
by Fanie101
Fourie...

Dankie vir die terugvoer.  Ek is al bevoeg verklaar en het alreeds 2 nuwe lisensies op my naam deur die nuwe stelsel.

Ek het alweer aansoek vir nog 'n jag geweer gedoen waar ek jagterstatus het en nog wettig is.  Die geweer moet nog gebou word maar wat is die kans dat hulle die permit geldig maak maar later besluit om die lisensie af te keer.  Die geweer smous gaan nie baie gelukkig daarmee wees nie.  Kan ek net na my naaste SAPD toe gaan en aansoek doen vir die permit en dan die geweer laat maak? 

Is daar enige iemand wat dit reeds so gedoen het met die artikel 21 se agtergrond???

Iets klink net nie vars nie...

Help asb aangesien ek nogal haastig is soos almal om die lisensie te kry.

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Wed Feb 04, 2009 3:31 pm
by tuco
volgens die vuurwapenbeampte hier plaaslik(garies) word artikel 21 magtigings net in die weskaap uitgereik en nie in die noord kaap nie.

wie of waar kan ek bevestig dat hy die kat aan die stert beet het al dan nie?

hoe gemaak om by saga aan te sluit?

groetnis

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Thu Feb 05, 2009 8:27 am
by Freek
Tuco, ek het vroer Martin hood se nommer gegee. Hier is hy, bel die kantoor en hulle sal jou al die pedigree gee van hoe wat waar en wanneer om aan te sluit. Die proses is eenvoudig, jy vul die aansoek vorm in, faks hom deur, doen die oorplasing en hulle stuur dan vir jou 'n lidmaatskap kaartjie met jou besonderhede en lid nommer.

Enige navrae rondom vuurwapen lisensie aansoeke kan direk aan hulle gerig word en hulle is meer as bereid om te help. Martin en sy span werk daagliks met die goed en kan jou op die regte pad lei.

Hier is die nommer weer: 0825539252 of 011 234 7520

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Thu Feb 05, 2009 12:32 pm
by FOURIE
Hi julle
Ek het in die Noord Kaap gebly en aansoek gedoen. Ek bly nou in die Vrystaat en het met Vrystaat SAP gewerk. Die vorige stuk wat ek geskryf het van artikel 21 was na aanleiding van wat hulle gese het.

MAAR NOU...
Het vandag met Noord Kaap se manne (Supint. Alberts) Kimberley gepraat en het vir my gese dat hoofkantoor het Wes Kaap oor hul vingers getik oor artikel 21. Hoofkantoor het vir hulle gese artkel 21 kan nie so gebruik word nie. Argument is dat as jy 'n nuwe wapen by handelaar koop en jy kry tydelike lisensie en jou aansoek word afgekeur gaan die handelaar nie 'n gebruikte wapen wil terug neem nie en dan sit jy met 'n probleem. Hoor ook eers by handelaar of julle tot 'n ooreenkoms kan kom sou jy 'n tydelike lisensie kry. Ek weet dat die manne by Die Skietwinkel in Bloem weier om die wapen vir my so te gee. Hulle het dieselfde argument. Nie baie is ingelig oor die artikel nie en almal praat 'n ander storie.

Wat ek voorstel is dat uitvind wie is die hoogste gesag in jou provinsie waardeur jou aansoek moet gaan en dat jy met hom skakel. As jy steeds nie gehelp kan word nie probeer dan 'n prokerower.

Groete Fourie
???????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Mon Feb 09, 2009 5:13 pm
by Tomcat
As al jou goed reg is moet n lisensie jou nie langer as 3 maande vat om te kry nie. Ek is nou besig met n semi auto en sal julle op hoogte hou van hoe dit gaan. Volgens die sap mag hulle nie my liksens weier nie.
Hoop nou maar vir die beste

Tomma

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Wed Feb 25, 2009 11:17 am
by Freek
Manne,

Ek het nuwe huppel in my trippel van oggend. Oktober 2008 het ek 4 vuurwapen lisensie aansoeke in gedien vir gewere wat ek van my oorlede pa geerf het (375 Obendorf Mauser, 270 Manlichter Schoenauer, 30-06 Musgrave, .22 Browning Lightning pomp aksie). SAP en seuns het laat weet dat die aansoeke finaal geproseseer word en dat ek my lisensies enige oomblik kan ontvang. Hierdie nuus slegs 4 maande nadat my aansoeke ingedien is - dit is besonders goeie terug voer.

HEEEEEEEEEEEEHAAAAAAAA!!!! ;D ;D ;D

Tjerels moet nie toe laat dat die nuwe regulasies julle af skrik nie, doen die nodige moeite met al die pappier werk en dit lyk tog of dinge sal reg verloop by sentraal vuurwapen register as jou papier werk reg in gevul is.

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Tue May 19, 2009 11:35 am
by Beyers
Hello manne

George Nel het die volgende in sie SAJWV se tydskrif geskryf. Ek het agv die forum vir inligting gevra en die stuk beaam net die forum onderwerp.
Jammer vir die manne wat nie hou van baie lees nie ;D

BOER EN SY ROER


Die mens is al ?n miljoen jaar of langer ?n jagter; hy moes dit wees ten einde te kan oorleef.  Die jagter in ?n gesin, die familiegroep of die stam het altyd ?n ereposisie gehad, want hy was die verskaffer van kos.  Die jag had altyd kenmerke van ?n tweestryd wat die mens se kennis teen di? van die dier te staan bring, en ?n vreemde kameraadskap en respek het s? ontwikkel.  (Soos vertaal uit die Engelse uitgawe van Handleiding vir die Jagter deur Dr Ian Player.)

Jy onthou nog seker die fliek ?Boetie Gaan Border Toe??  Dit was die tyd toe ons almal gedink het die ?rooi gevaar? gaan alles wat ons ken, vernietig. Wel, Boetie gaan nie meer ?Border? toe nie maar Boetie gaan Parlement toe. Om wat daar te doen? Om namens jagters te veg vir hulle regte.

Die grense van vandag is nie meer so duidelik nie en die stryd nie meer so dodelik nie, maar veg, veg ons.  Jy kan lees wat in die Parlement met die wysigings tot die nuwe Wapenwet gebeur het in die artikel op bl.52 van hierdie uitgawe.

Die gevolg van so ?n ho? vlak besoek, is meer intense voorbereiding en dan struikel jy soms oor iets wat heeltyd hier regvoor jou staan. Soos ?n groot Koedoebul skaars vyftig meter voor jou in die bos.Jy  moet twee keer kyk om te sien of jou o? jou nie bedrieg nie.

Soos diegene wat my artikels die afgelope veertien maande volg sal weet, is junior jag as toekoms van jag vir my so belangrik soos die suiderkruis vir ?n Khoisan-jagter oppad terug van ?n jagtog.  Daar sonder is jag soos ons dit ken vir altyd verlore.

Wat ek in vorige artikels aangespreek het is dat ?n junior jagter net mag jag met iemand anders se vuurwapen onder direkte toesig van die vuurwapenlisensiehouer.  Dit beteken dat junior jag baie beperk word.  In die dae van vooruitgang voel dit tog of ons in die verkeerde rigting beweeg, nie minder as drie jaar gelede kon ?n persoon van 16 jaar sy eie vuurwapen gelisensie?rd besit.  Vandag moet hy tot op 21- jarige ouderdom onder die direkte toesig van ?n ander vuurwapenlisensiehouer met so ?n persoon se vuurwapen skiet.

Maar wag ?n bietjie, hier staan die groot koedoebul hier regvoor ons, en dit in artikel 21 van die Wet op Beheer van Vuurwapens wat as volg lees:

Artikel 21: 

(1)  Die Registrateur kan ?n tydelike magtiging om ?n vuurwapen te besit, uitreik aan enige persoon, met
      inbegrip van ?n nie-burger;
      (a)  vir die tydperk wat die Registrateur bepaal; en
      (b)  behoudens die voorwaardes wat die Registrateur voorskryf en opl?.

(2)  Die Registrateur kan te eniger tyd ?n magtiging terugtrek indien enige voorwaardes beoog in subartikel
      (1)(b) nie nagekom word nie.

(3)  Die Kantoor van die Sentrale Vuurwapenregister moet ?n rekord hou wat die inligting bevat wat
      voorgeskryf word ten opsigte van alle magtigings uitgereik ingevolge hierdie artikel. 

(4)  Die Registrateur moet ?n jaarverslag aan die Minister voorl? wat die inligting bevat wat voorgeskryf
      word ten opsigte van alle magtigings uitgereik ingevolge hierdie artikel.

(5)  ?n Vuurwapen ten opsigte waarvan magtiging ingevolge hierdie artikel uitgereik is, kan slegs gebruik
      word;
      (a)  indien die Registrateur by endossement op die magtiging die gebruik daarvan veroorloof; en
      (b)  ooreenkomstig die voorwaardes wat die Registrateur voorskryf en opl?.

(6)  Daar kan slegs oor ?n vuurwapen ten opsigte waarvan ?n magtiging ingevolge hierdie artikel uitgereik
      is, beskik word met die skriftelike toestemming van die Registrateur en behoudens die voorwaardes
      wat hy of sy opl?.

Die belangrikheid van hierdie artikel is dat dit alle vuurwapeneienaars geweldig help.  Jy kan ?n ander persoon se vuurwapen leen, nou nie meer soos in die ou dae met die vuurwapeneienaar se toestemming nie, maar met die Registrateur se toestemming.

Die twee belangrike dele van die wetsartikel handel eerstens met besit en tweedens met gebruik.

Die artikel gee die bevoegtheid aan die Registrateur (of sy gemagtigde) om ?n besitsmagtiging uit te reik
aan enige persoon vir ?n bepaalde tydperk en op bepaalde voorwaardes.

Nou het jy die ander man se ?gun? in jou besit. Mag jy dit gebruik? Ja, indien jy die Registrateur se toestemming het.

Artikel 21(5) (a) en (b) bepaal dat daar ?n Endossement op die besitsmagtiging aangebring moet word wat die gebruik van die vuurwapen veroorloof; en onder die voorwaardes wat die Registrateur mag goed dink.

?Lekker,? nou het ons ?n plan, nou moet ons net kyk hoe dit in die praktyk werk. Regulasies 23; 24 en Vorm SAPS 518 moet bekyk word.

Regulasie 23 tot die wet bepaal:

(1)  ?n Persoon wat aansoek doen om tydelike magtiging om ?n vuurwapen te besit soos beoog in artikel 21
        van die Wet moet, bo en behalwe die inligting wat vereis word in regulasie 13, ook die 
        volgende doen:
(a)  skriftelike motivering om die aansoek te steun, met spesifieke verwysing na die stappe wat
      beplan word vir die veilige bewaring van die vuurwapens en ammunisie wat met die aansoek
      verband hou;
(b)  ?n skriftelike verklaring dat die aansoeker fasiliteite het vir die veilige bewaring van 
      vuurwapens en ammunisie, wat voldoen aan die SABS se standaarde, soos dit vereis word in 
      die regulasie, asook die plek waar die fasiliteite vir veilige bewaring is; en
(c)  ?n gesertifiseerde afskrif van enige lisensie, permit of magtiging wat verband hou met die
      vuurwapen, waar dit van toepassing mag wees.

(2) (a)  Onderhewig aan die voorwaardes van subparagraaf (b) en (c) moet ?n aansoek om tydelike
                  magtiging minstens sewe dae voor die beplande datum waarop besit van die vuurwapen   
                  geneem word ingedien word.
(b)  In geval van nie-burgers wat aansoek doen om tydelike magtiging, moet die aansoek minstens
                  drie maande voor die beplande datum waarop besit van die vuurwapen geneem word ingedien 
                  word.
(c)  Die Registrateur kan, by die aanvoer van grondige redes, ?n aansoeker kwytskeld daarvan  om
                  te voldoen aan die tydperk wat genoem word in subparagraaf (a) en (b).

(3)  ?n Nie-burger wat aansoek doen om tydelike magtiging om ?n vuurwapen te besit soos beoog in artikel
        21 van die Wet moet, bo en behalwe die relevante inligting wat vereis word in regulasie 13, die
        volgende indien:
(a)  ?n gesertifiseerde afskrif van die aansoeker se amptelike identiteidsdokument of ?n geldige
      tydelike verblyfpermit, na gelang van die geval, of daardie gedeelte van ?n geldige paspoort
      wat uitgereik word aan ?n aansoeker, wat sy of haar identiteitsbesonderhede en die amptelike 
      uitreikbesonderhede van die paspoort verstrek;
(b)  ?n amptelike sertifikaat van aansoeker se land van burgerskap wat bevestig dat die aansoeker
      nie ?n kriminele rekord het nie;  op voorwaarde dat daardie land so ?n sertifikaat uitreik;
(c)  twee skriftelike getuigskrifte van Suid-Afrikaanse burgers wat bevestig dat die aansoeker ?n
      geskikte en gepaste persoon is om ?n vuurwapen te besit;
(d)  ?n volledige skriftelike motivering wat onderteken is deur die aansoeker ter ondersteuning van
      die aansoek; en
(e)  ?n volledige stel van die aansoeker se vingerafdrukke wat bekragtig is deur ?n amptelike
      owerheid wat behoorlik daartoe gemagtig is.

Wat ons dus moet doen is eenvoudig die volgende:
1)  Doen aansoek op ?n SAPS 518 vir tydelike magtiging.
2)  Motiveer jou aansoek.
3)  Verwys spesifiek na stappe wat beplan word vir veilige bewaring van die vuurwapen en ammunisie.
4)  Doen ?n skriftelike verklaring waar in verklaar word dat jy oor die nodige kluis beskik en waar die
    fasiliteit vir veilige bewaring is.

Regulasie 24 tot die Wet bepaal:
1)  Die houer van ?n tydelike magtiging om ?n vuurwapen te besit wat uitgereik word kragtens artikel 21
    van die Wet moet die tydelike magtiging hou waar die vuurwapen ookal gehou word en moet op
    versoek van ?n polisiebeampte die tydelike magtiging en vuurwapen aan ?n polisiebeampte toon vir
    inspeksie.
2)  Die tydelike magtiging is net geldig vir die vuurwapen, tydperk en spesifieke gebruik wat aangedui
    word in die tydelike magtiging.
3)  Die houer van die tydelike magtiging mag nie meer as 200 patrone per kaliber vuurwapen wat aangedui
    word in die tydelike magtiging aanhou nie, tensy dit vir die doel van sportskiet gehou word en die
    Registrateur het, by die aanvoer van grondige redes, op die tydelike magtiging ?n groter hoeveelheid
    gespesifiseer.
4)  Die Registrateur kan vereis dat ?n persoon aan wie ?n tydelike magtiging uitgereik is, dokument?re
    bewys lewer van suksesvolle voorgeskrewe opleiding en toetse soos beoog word in artikel 9 (q) en (r)
    van die Wet voordat ?n tydelike magtiging uitgereik word, of in geval van ?n jagter of sportpersoon wat
    ?n nie-burger is, ?n be?digde verklaring wat sy of haar opleiding en ervaring in die hantering van
    vuurwapens bevestig.
5)  Die Registrateur kan in die tydelike magtiging bepaal en spesifiseer op watter spesifieke plek die
    vuurwapen gebruik mag word.

Dit is belangrik om daarop te let dat die Registrateur kan, en ek dink moet, hom daarvan vergewis dat die persoon wat gemagtig word aan die ander vereistes van die Wet voldoen.

Hierdie artikel en regulasies kan jagters, sportmanne, mense wat vinnig ?n vuurwapen moet kry vir selfverdediging, en vele meer help.

Ek wil u graag aanmoedig om van hierdie ?Aansoek om ?n Tydelike Magtiging om ?n vuurwapen te besit? gebruik te maak.


Dit is my wens dat die ereposiesie soos beskryf in die aanhef vir altyd vir ons jong jagters beskikbaar sal wees om na te streef.

Dit wys jou nou die wet kan ook vir jou werk as jy net onthou, probeer is die beste geweer.

Re: Artikel 21 Tydelike magtigings

Posted: Tue May 19, 2009 9:50 pm
by Christo
Ek het vandag ons DFO gebel na die post van Beyergrt en hom gevra of ek dit kan doen. Hy was dadelik maklik daarmee en het ges? as ek 'n bevoegdheidsertifikaat het is daar geen probleem, dit vat so 7 dae.

Vra hom toe sommer oor die stoor van die wapens. Hy s? dat daar nie plek is by hulle vir die stoor van die guns nie en dat daar n?rens plek gaan wees en niemand wat dit gaan oppas en kyk daarna nie, Hy is seker dat die ding sal nog kom na hulle toe maar dat Bothma goed s? op TV wat hulle nog nie eens dokumente voor gekry het nie.

Hy was vir 'n verandering vriendelik gewees.

Christo