Page 1 of 1

Appel

Posted: Fri Jun 08, 2012 5:15 pm
by Armand Steenkamp
Dagse manne,

Soos julle weet is my 243 se liksens afgekeur. Ek moet nou appel aanteken maar ek moet eers wag vir die brief wat hulle jou stuur om te se hoekom jou liksens afgekeur is. Ek wag nou al langer as 2 maande!! Hoe lank wag n man vir die brief?  Is daar nie iets wat ek kan doen nie?

Groetnis

Re: Appel

Posted: Fri Jun 08, 2012 5:28 pm
by BLOK
Armand

Pm vir PJS.

PJ het in die week vir my iets gestuur oor wat die wet se as jy nie die brief kry nie, ek het 5maande gewag net vir daai brief so sterkte.

Re: Appel

Posted: Fri Jun 08, 2012 5:30 pm
by tripodmvr
SA Jagters het aanbeveel dat 'n duplikaat aansoek gestuur word waarin jy noem dat jy 'n weiering gehad het, maar nog geen brief ontvang het nie. Sien jy het nog min vuurwapens en verstaan nie hoekom hulle dit afgekeur het nie. Jy moet sorg dat jy fotos van jagtogte insluit as jy nog nie toegewyde status het nie.

Re: Appel

Posted: Fri Jun 08, 2012 7:54 pm
by Armand Steenkamp
Het reeds toegewyde status. Annsoek was waterdig met briewe van boere waar ek gejag het met fotos en al daai dinge.

Ek ek sal vir PJS pm dankie blok.
Hulle het nie reede gehad om my aansoek af te keur nie. Ek het my geweer bevoegthyd eerste in gedien en toe so 2 maande daarda my handwapen bevoegthyd.4Januarie word my geweer bevoegthyd goed gekeur. Toe raak hulle deurmekaar met die 2 bevoegthyd aansoekke en se aanmekaar vir my as ek bel om te hoor hoe my243 se aansoek vorder dat my bevoegthyd nog uitstaande is!!Nie lank nie toe word hy afgekeur!!
Die besighyd is nou besig om my kwaad te maak!

Groetnis

Re: Appel

Posted: Fri Jul 13, 2012 7:47 pm
by Silent Hunting
Armand,

My hart bloei vir jou. Doen weer aansoek en noem daar dat HULLE die papiere verloor het en daarom het HULLE dit afgekeer. Sit sommer afskrifte van alles in die aansoek.

Henk

Re: Appel

Posted: Fri Jul 13, 2012 7:51 pm
by BRNO (Pierre)
Kontak ook vir Cobb (Cobus) Hy is deur die nagmerrie ongeveer twee maande gelede, en het op n vrou afgekom wat hom baie behulpsaam was.