Page 1 of 1
Kopskote?
Posted: Fri Jun 08, 2012 9:25 am
by DawieKotze
Sal julle boog jagters kopskote waag op diere?
Ek vra na aanleiding van 'n foto wat ek gesien het waar die boogjagter 'n wildebees regvoor die kop geskiet het.
Re: Kopskote?
Posted: Fri Jun 08, 2012 9:34 am
by SV MAD (Henk)
Nee. Nooit.
Selfs met 'n baie powerful setup is daar altyd die kans dat die pyl kan breek (kopbeen is hard) of dat jy die dier kwes. Dit is nie eties nie.
Verder is jou killzone net soveel kleiner. Ek sal dalk nog 'n frontal shot vat (want my setup is van so aard dat ek weet ek kan dit doen) maar geen maar geen kopskote nie.
Re: Kopskote?
Posted: Fri Jun 08, 2012 9:42 am
by G-force
Nooit nie,al weet ek dit gaan werk.Dit voel verkeerd,soos n texas heart shot.
Re: Kopskote?
Posted: Fri Jun 08, 2012 9:49 am
by matewis
"texas heart shot"?
Man ek leer baie dinge op die forum! Volgende trippie in die veld gaan ek die manne mal praat!
Re: Kopskote?
Posted: Fri Jun 08, 2012 9:51 am
by matewis
maar ek moet bieg ek moes eers my google nader trek..

Re: Kopskote?
Posted: Fri Jun 08, 2012 9:53 am
by G-force
matewis wrote:
maar ek moet bieg ek moes eers my google nader trek..
Ander ouens noem dit nou weer n " vrysaatse hart skoot"

Re: Kopskote?
Posted: Fri Jun 08, 2012 10:01 am
by Zack Benade
Kopskote met 'n boog is onverantwoordelik en onverskoonbaar.

En dan is die jagter of laat ek eerder s? skut nog dom genoeg om te probeer spog daarmee.
Ek dink die bok of dier het 'n hoer IK as hierdie skut. As ek op 'n persoon se tone trap trek gerus die skoen maar aan. Dis oneties ----Wereldwyd.
Al is jy die wereld se beste skut het jy nog steeds 'n verantwoordelikheid teenoor die diere wat jy gaan jag.
Sekere goed in die lewe is maar net onaanvaarbaar en kopskote met 'n pyl (Boog of Kruisboog) is een van hulle.
Groete
Zack
Re: Kopskote?
Posted: Fri Jun 08, 2012 10:08 am
by marno
Ek stem.
Dis oneties. Finish en klaar.
Re: Kopskote?
Posted: Fri Jun 08, 2012 10:49 am
by Dippies
madako wrote:
Ek vra na aanleiding van 'n foto wat ek gesien het waar die boogjagter 'n wildebees regvoor die kop geskiet het.
die bra is nou n regte cowboy met n boog as n man so iets wil doen. Sal laaik om n video van dit te sien bietjie. Gaan nou my ou vriend google vra het hy nie dalk so iets in sy argiewe nie
Re: Kopskote?
Posted: Fri Jun 08, 2012 10:57 am
by Boogjagter
Sal nie kopskoot vat nie. Het 'n bok gespine 'n tydjie terug, dit oorweeg om die tweede pyl in die kop te skiet en weer daarteen besluit. Goeie hart-long skoot is maar vir my die beste.
Re: Kopskote?
Posted: Fri Jun 08, 2012 4:16 pm
by hebron
Praat dit glad nie goed nie!! Daar is vidio op YouTube; Headshot hunting with bow van AfricaHunting.com
Moet seker n Amerikaner wees, "Cowboy"
Re: Kopskote?
Posted: Fri Jun 08, 2012 4:30 pm
by FCLoretz
madako wrote:
Sal julle boog jagters kopskote waag op diere?
Ek vra na aanleiding van 'n foto wat ek gesien het waar die boogjagter 'n wildebees regvoor die kop geskiet het.
Dawie,
Sien my reply op die FB foto. Ek like dit niks nie.
Re: Kopskote?
Posted: Fri Jun 08, 2012 7:54 pm
by Gerhard
Ek is bly julle manne voel so sterk oor die saak...