Page 1 of 1

Zeiss 30mm tube vs. 25mm tube

Posted: Mon Jun 04, 2012 1:11 pm
by Shakes
Middag mense,

Ek wil graag 'n Zeiss 3-9 x 40mm koop vir my .375 en sien dat die tube slegs 25mm is. Maak dit 'n groot verskil teen bv. die 30mm tube.

Die prys verskil is astronomies maar ek is bietjie versigtig vir die .375 se skop met die 25mm tube.

Is daar ook 'n groot verskil in die hoeveelheid lig wat deurgelaat word.

Ek het bietjie gesoek maar kon niks kry op die onderwerp nie.

Groete,

Re: Zeiss 30mm tube vs. 25mm tube

Posted: Mon Jun 04, 2012 1:38 pm
by Geno
ek is bietjie versigtig vir die .375 se skop met die 25mm tube.
Daai Zeiss is feitlik bulletproof. Sit hom in gelapte ringe op daai .375, en hy sal vir jou jare se getroue diens lewer.
Is daar ook 'n groot verskil in die hoeveelheid lig wat deurgelaat word.
Weereens nee. Die groter tube se groot voordeel is dat hy jou meer clicks gee. Voordeel 2 is dat hy meer rigied is.