Page 1 of 1
Aansoek vir byvoeging tot versameling ingedien
Posted: Thu May 31, 2012 10:26 pm
by Sako75
Naand manne,
Ek het vandag my nuwe aansoek vir 'n 22 Hornet Sako ingedien. My motivering was gefokus daarop dat die geweer by my versameling gevoeg word. Ek gee mettertyd terugvoer oor sy vordering.
Terloops, kan mens oorweeg om vir 'n tydelike permit aansoek te doen?
Re: Aansoek vir byvoeging tot versameling ingedien
Posted: Tue Jun 12, 2012 12:12 pm
by Deon R
Dags? Sako75
Ek het iewers hier gelees jy versamel Sako.
My hart klop warm as ek die woord Sako hoor, met hulle groot geword. My pa het toe ek gebore is in 1967 'n 30-06 Sako Delux nuut gekoop vir R120 met 'n pak Sako patrone (wat ek nog het) en 'n sak. Hy moes dit oor 6 maande afbetaal.
Sterkte met die .22 aansoek. Myne het so 5 maande gevat. Die tydelike permit is 'n goeie idee en nie te veel moeite nie.
Re: Aansoek vir byvoeging tot versameling ingedien
Posted: Thu Jun 28, 2012 7:18 pm
by Sako75
Manne,
Ek het vandag 'n sms gekry dat my .22 Hornet se lisensie goedgekeur is. Plus minus 4 weke dus vanaf indiening tot goedkeuring. Hulle praat van nog twee weke voor my kaartjie by die stasie is. Dis met ander woorde plus minus 6 weke wat dit sou duur!
Re: Aansoek vir byvoeging tot versameling ingedien
Posted: Sat Jun 30, 2012 4:31 pm
by Deon R
Sako75, baie geluk met nog een vir jou versameling!