Page 1 of 3

Tips vir Junie??

Posted: Thu May 31, 2012 7:25 pm
by hebron
Naandse almal

Laas maand se tips het seker n paar jakkies minder gemaak; nou wonder ek wat se raad almal vir ons op die forum kan plaas wat dit die moeite werd sal maak om in die koue-nagte uit te gaan?
Hier by ons het n mens so n bietjie motivering nodig ( -6 tot -10 nagte ) en glo my "tips" help vir die koud-kry ook.
Jakkalse in ons omgewing het reeds begin pare maak, so n mens kan seker meer jak-geluide begin gebruik?

Hoor graag wat die ander te se het!!

Groete Willem

Re: Tips vir Junie??

Posted: Thu May 31, 2012 8:27 pm
by Ian
Hebron

OBS en 'n FFF Jakkals Coverall  ;D.

Re: Tips vir Junie??

Posted: Thu May 31, 2012 10:19 pm
by theedge
In die bed agter ma se rug hahahahahahaha kon nie die laat verby gaan nie

Re: Tips vir Junie??

Posted: Fri Jun 01, 2012 4:34 am
by Gerhard
Willem,

Roep kos vir 45 min en dan gooi jy alleen jakkals roep met weer kos.

Jy moet maar nog bietjie geduldig wees met die jakkals klanke nou

Re: Tips vir Junie??

Posted: Fri Jun 01, 2012 9:54 am
by Smirre
More
my tip
Moet nie by mense gaan jag wat dit self probeer doen het die laaste maand en jou nie se nie

skiet 2 en los vor hom sewe lewindig,,,,,,, van die slimstes wat ek nog gesien het

sal ook nie weer gaan nie

Re: Tips vir Junie??

Posted: Fri Jun 01, 2012 10:42 am
by johann
Ek stem 100% sam smirre! Ek gebruik die tyd van die jaar nogsteends die standaard roep metode en gebruik aleen jakkals klanke, maar soos Gerhard gese het pasop vir te veel jak klanke nou al. Ek volg maar omtrent nog dieselfde resep as in Mei, hou net bietjie langer aan met die kos voor jy jak alleen gebruik.

Hoor graag wat is die ander manne se resepte??

Groete Johann

Re: Tips vir Junie??

Posted: Fri Jun 01, 2012 12:05 pm
by C.J.
Dags? manne,

Ek dink die goeie tips wat ons in Mei gekry het kan net so in Junie en selfs tot mid Julie toegepas word, dit is tog die "moeielike tyd".

Groete
C.J.

Re: Tips vir Junie??

Posted: Fri Jun 01, 2012 4:32 pm
by Louis102
Gerhard wrote: ... Roep kos vir 45 min en dan gooi jy alleen jakkals roep met weer kos ... Jy moet maar nog bietjie geduldig wees met die jakkals klanke nou ...
Gerhard, wat jy s? is 100%, maar probeer ook hierdie:

Ek verlaat nie sommer nou meer 'n staanplek sonder om my eie jakkalsroep met Tafjak 6 (alternatiewelik, Reaksie Jason of 3a) te antwoord nie.  Robvlekkie is vir my 'n mooi voorbeeld van 'n roep/reaksie in 1 klank.  Ek gebruik Taffie se roep/reaksie tegniek so 30 minute na my eerste jakkalsroep om my roepsessie mee af te sluit en wag nog minstens 15 minute in stilte voor ek vertrek.

Gistraant amper 'n foutjie begaan om te vroeg op te pak na Tafjak 6.  Het al met die bakkie begin nader ry om die roeper op te tel (gedink 15 minute na Tafjak 6 is genoeg tyd) toe ek die o? optel wat inkom en per geluk kon ek darem die ou stoetreun klop. 5 in totaal geklop gistraant (3 staanplekke), waarvan 3 jakkalse deels met Tafjak 6 uitoorl? is.  Interessant, kosklanke het nie veel hond haar af by my gemaak gistraant nie - dink eerder dit was hoe ek die jakkalsroepe en stiltes gebruik het.  Tog bly dit belangrik om eers kos / nuuskierigheid aanvanklik te gebruik.

Dit is egter belangrik om te weet jou staanplek is reg, as jy so baie moeite wil doen / tyd op 'n staanplek spandeer.  Dit beteken:  As jy in Junie die jakkalse se kerngebied het, gaan jy waarskynlik sukses h? as jy by die "basics" bly.  Sonder daardie kennis is dit maar baie mogge troffe en die koudkry dikwels verniet.  Jakkalse is nou sommer baie territoriaal en word nie maklik van buite hulle gebied ingeroep nie. 

So dink ek maar, sal graag wil hoor hoe julle verskillend roep nou.

Groete
Louis

Re: Tips vir Junie??

Posted: Thu Jun 07, 2012 8:03 am
by Gerhard
Louis,

Ek wens die manne lees die stukkie wat jy hier bo geskryf het elke aand voor hulle gaan roep.

Jy het nou maar net die kuns om dinge presies te s? ...

Goeie tips...

Re: Tips vir Junie??

Posted: Thu Jun 07, 2012 8:46 am
by Ponkie
Oom Louis

Baie goeie tips wat oom hier gee. Hoop die manne let op.

Oom skryf baie van die sukses toe aan 'goeie huiswerk' voor die tyd om kerngebied te bepaal. Ek jag dikwels nie op ons eie plaas nie, en dan is die boer wat my vra om te kom se huiswerk glad nie goed nie, maar ek moet op 5/6000ha probeer om 2 stelle op te spoor. Dis dan wat ek maar hierdie metode van oom gaan toepas deur basies die waters deur te werk. Gaan maar hoop ek kry 'n stel se reaksie waar hulle beplan om hulle nes naby 'n waterpunt te he.

Groetnis uit 'n sopnat en koud Stellenbosch
Ponkie

Re: Tips vir Junie??

Posted: Thu Jun 07, 2012 4:43 pm
by stan man
dinsdag aand vir 50 min kos geroep.toe een alleen roep so na 10 min kom een jong reen in.gaan staan op so 150m en wil nie nader kom nie. wag so n paar tellings en verrinneweer toe sy ribbekas. ek staan toe nog so 20 min op die spot en ry toe maar so n bietjie verder.daar kom toe n mooi kattie aangedraf deur die spruit en vra toe baie mooi om ook bakkie te ry.ek is nogal n sucker vir katte op die bakkie, en het hom nogal jemmer gekry want sy kop was redelik stukkend en hy het niks verbande gehad nie. toe ry hy maar saam.

Re: Tips vir Junie??

Posted: Thu Jun 07, 2012 5:42 pm
by foxripper
Ek gaan Saterdag na n plaas waar daar nog nooit geroep is nie en die eienaar se hul is baie. Wil by julle weet of n man sal reg kom met net kos of gaan n man maar nogsteeds die enkelroepe moet inwerk.

Re: Tips vir Junie??

Posted: Thu Jun 07, 2012 6:33 pm
by Biker
Louis
Kyk nou nou hoe maak jy plaas skoon mooi gemaak
Groete

Re: Tips vir Junie??

Posted: Thu Jun 07, 2012 6:57 pm
by Louis102
Biker wrote: Louis
Kyk nou nou hoe maak jy plaas skoon mooi gemaak
Groete
Ja Biker, kannie wag dat die weer draai, om die r?rige jakkalse aan te vat nie!  Intussen s? hulle maar hier les op.

Groete by die huis.

Louis

Re: Tips vir Junie??

Posted: Fri Jun 08, 2012 8:33 am
by johann
Stan we'll gedaan!!

Foxripper ek sal vir 40min kos speel, 10 min wag, dan aleen jak klank. Wag dan vir 15min, as hul vokaal reageer speel weer kos na die wag vir 20-30min ( ek gebruik dan ook baie kombinasie klanke soos erdmanworstel, springbokdood en saam die kosklank). En dan soos oom Louise se, rooialeen en antwoord jouself met robvlekkie/tafjak6/reaksie jason/vlekkie 3a, wag 15min vor oppak na volgende plek. Volgens my vat die jakkalse taamlik lank vir kos, maar dit is die veilige manier om te begin op 'n plek waar nog nie geroep is nie.

Hoop jy kry hulle
Groete Johann

Re: Tips vir Junie??

Posted: Fri Jun 08, 2012 8:14 pm
by Gerhard
Vanaand se tip met die groot koue wat vas trap plek soek...

Sluk n OBS of twee en gaan klim vroeg aand inni bed...  :laugh:

Re: Tips vir Junie??

Posted: Fri Jun 08, 2012 8:37 pm
by PJS
Gerhard wrote: Vanaand se tip met die groot koue wat vas trap plek soek...

Sluk n OBS of twee en gaan klim vroeg aand inni bed...  :laugh:
+3 Gerhard dis &^%$# koud hier op Potch vanaand 2 gaan nie werk nie dit sal 5 of so moet wees. My buite temp wys nou al 6 grade teen die muur onder die dak. :'(
lekker naweek.
PJ

Re: Tips vir Junie??

Posted: Sat Jun 09, 2012 9:43 am
by cassie_calvinia
vir die laaste 36 uur wissel die temp tussen -4 en 1 graad. die kaggel brand heeltyd

Re: Tips vir Junie??

Posted: Mon Jun 11, 2012 11:20 am
by foxripper
Wel, dinge was toe nie soos daar vir my gese is nie. Toe ek Saterdag namiddag op die plaas kom, se die boer vir my hy roep so af en toe met die CD uit die bakkie uit maar hy het die afgelope 6 maande geen sukses gehad nie. So, wat se dit vir julle???
As dit nie vir Oom Louis en Johann se raad was nie, het ek met lee hande huis toe gekom. Kon darem 2 laat bakkie ry na n uur en half se koud kry (-4). Die volgende staanplek het geen resultate gelewer nie.
Hierdie ouerige Teef het my hard laat werk en het haar so op 180m geskiet. Die ander een was n jong teef (laasjaar). Die twee tewe het saam ingekom.


[img width=560 height=420]http://i1108.photobucket.com/albums/h40 ... 1/teef.jpg[/img]

Re: Tips vir Junie??

Posted: Mon Jun 11, 2012 11:39 am
by stan man
fox ripper.
waar is jou handskoen. daai ding het dalk bylepes,en jy karring met jou hand in sy skerpkant.
volgende oomblik begin jy vir mamma tjank.

ek sit hoeka klaar met daai probleem.

Re: Tips vir Junie??

Posted: Mon Jun 11, 2012 11:44 am
by johann
Foxripper
Bly jy het hul gekry. Die "voor uit die bakkie" roepery is maar 'n algemene ding in my omgewing en dit nog met wit bakkies! Die manne weet nie hoeveel skade hul maak om die jakkalse so skelm te maak nie.

Groete Johann

Re: Tips vir Junie??

Posted: Mon Jun 11, 2012 12:39 pm
by foxripper
Stan man, goeie punt, sal volgende keer onthou. Soos jy se, wil nie vir mamma begin tjank nie.

Johann, net soos jy se, die omie het n wit bakkie. Hy het dam belowe om sy bakkie roepery te stop. Sal maar so paar maande wag voor ek weer gaan.

Groete,

Re: Tips vir Junie??

Posted: Mon Jun 11, 2012 2:30 pm
by marno
Foxripper! Baie mooi my maat!

Daai fabriek is darem toe.

Re: Tips vir Junie??

Posted: Mon Jun 11, 2012 4:50 pm
by johann
Foxripper
Net vir interesantheid, het jy die twee tewe oop gesny om te kyk vir dragtigheid??

Groete Johann

Re: Tips vir Junie??

Posted: Mon Jun 11, 2012 5:09 pm
by foxripper
Johann,

Was nie nodig om oop te sny nie want hul pense was sommer klaar oop :)  maar hul was nog nie dragtig nie. Het oopgemaak maar kon niks sien nie.
Die jong teef is by die blad in en by die pens uit, die ou Teef moes ek van agter in die draf laat loop omdat sy oppad weg was. Het n baie snaakse ding gesien. Ek weet nie of die 2 saam ingekom het nie of hul maar net per toeval op mekaar se hakke was nie maar toe ek die 1ste skiet, het ek nie geweet van die 2de een nie. So minuut later het die 2de sy verskeining gemaak (na Jakkals distress) en toe gaan trap hy amper op die dooie een. Hy het baie groot geskrik en so snaakse sprong gegee en toe draai hy onmiddelik om en begin weg draf. Wonder maar of die vars dooie jakklas hom laat besef het hier is moeilikheid.


[img width=560 height=420]http://i1108.photobucket.com/albums/h40 ... 1/Pens.jpg[/img]