Page 1 of 3
Wat moet ek koop?
Posted: Tue Mar 16, 2010 1:07 pm
by Tiny
Hallo almal..
Ek weet daar is al klaar so onderwerp, maar ek wou graag my eie onderwerp begin.. Ek moet nou vir my 'n nuwe teleskoop koop en ek is bietjie onseker wat om te koop.. Ek gaan dit moet gebruik vir papierskiet en jag.. Die lens se deursnee moet 42 of kleiner wees anders moet ek my mounts verander en ek wil nie graag nie.. Ek sal graag wil hoor wat stel die ervare manne voor..
Groete Tiny
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Tue Mar 16, 2010 3:19 pm
by Louis Kriel
Tiny wrote:
Hallo almal..
Ek weet daar is al klaar so onderwerp, maar ek wou graag my eie onderwerp begin.. Ek moet nou vir my 'n nuwe teleskoop koop en ek is bietjie onseker wat om te koop.. Ek gaan dit moet gebruik vir papierskiet en jag.. Die lens se deursnee moet 42 of kleiner wees anders moet ek my mounts verander en ek wil nie graag nie.. Ek sal graag wil hoor wat stel die ervare manne voor..
Groete Tiny
Wat is jou begroting?
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Tue Mar 16, 2010 4:38 pm
by Tiny
Jammer ek moes dit seker van die begin af ingesit het.. My pa het gese hy is bereid om R4000 rand te betaal en as ek meer wil he moet ek die verskil self betaal.. So kom ons se R4500..
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Tue Mar 16, 2010 5:37 pm
by Monrique (SJ)
Tiny
Ek kan slegs van myself praat, ek het n 3-9x42 Lynx en n 3-9x40 Burris. Altwee is vir my vir eers goed genoeg waarvoor ek dit gebruik.
Moet net byse dat my Burris n beter beeld het en kan dus beter sien wat op die teiken aangaan as met die Lynx.
Hoop dit help jou so bietjie. Se vir Ponkie hy moet bietjie gaan kyk by safari and outdoor na die Burris en dan kan hy jou se.
Groete
SJ
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Tue Mar 16, 2010 6:50 pm
by Tiny
SJ..
Baie dankie vir die raad.. Ek het 'n 3-9x40 gehad en wil graag kyk of ek nie 'n groter vergroting kan kry nie.. Hoe voel julle oor die 4-16x42 Lynx?
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Tue Mar 16, 2010 7:09 pm
by Nico Harris
sit n duisend rand by en kry n Zeiss...
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Tue Mar 16, 2010 8:17 pm
by Spanner
Jag jy in bosveld of oop veld ?
In die bosveld, het ek ervaar, is 4-6 vergroting heeltemal voldoende vir my. Die skote wat ek skiet is nooit verder as 150 - 200m nie en ek het ervaar die scopes met groter vergrotings laat my nie beter skiet nie, ek kan slegs die bok beter sien.
Maar die goue reel wat ek duur moes leer is dat jy die kwaliteit kry waarvoor jy betaal. As dit by scopes kom, het ek gevind duurder = beter kwaliteit. Koop die beste scope wat jy kan bekostig. Moenie probeer geld spaar op die scope nie, jy gaan dit berou. Ek vergelyk dit met ouens wat met R60 000 se pasmaak jaggeweer gaan elande jag, en dan koop hy die goedkoopste patrone wat hy kan kry ! En dis juis die patroon (punt) se kwaliteit wat gaan maak of hy 'n suksesvolle jag gaan h?.
Ek het al 'n Nico Sterling Gold Crown scope gebreek toe die geweer omgestamp is waar dit regop teen die muur gestaan het. Kon dit skaars glo, dat dit so maklik seergekry het (scope het my R1250 gekos), terwyl 'n maat van my se Leupold VXIII baie hard op die klippe geval get toe sy geweerband gebreek het, maar dit het nie eers sy zero verloor nie. Lelike stampe en krapmerke opgedoen, maar dis al. Kon seker net geluk ook gewees het maar net daar het ek weer besef, jy gaan meer kere "gelukkig" wees met 'n goeie kwaliteit scope ...
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Tue Mar 16, 2010 10:00 pm
by Tiny
Ek jag meestal in oop vlaktes en skiet selde nader as 150 tot 200 meter.. Die groter vergroting is ook belangrik vir die papierskiet waar ek tot op 350 meter moet skiet.. Ek sal definitief seker maak dat ek die beste scope moontlik koop wat ek kan bekostig..
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Wed Mar 17, 2010 7:39 am
by Monrique (SJ)
Tiny
Jy kan ook kyk na die Burris FF2 4.5-14x42 Ballistic plex (R 5000.00) of die Burris FF2 Tactical 4.5-14x42 ballistic plex (R 4750). Baie goeie waarde vir geld. Vra vir Jagtersdok meer uit oor hierdie scopes hy ken hulle beter as ek.
Kyk bietjie op
www.safariandoutdoor.co.za
Hoop jy kom reg.
Groete
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Wed Mar 17, 2010 9:49 am
by Louis Kriel
Tiny wrote:
SJ..
Baie dankie vir die raad.. Ek het 'n 3-9x40 gehad en wil graag kyk of ek nie 'n groter vergroting kan kry nie.. Hoe voel julle oor die 4-16x42 Lynx?
Vir papier skiet is die groter vergroting baie handig. Ek het 'n 4.5-14x40 Vx3 op my 30-06 en 'n 3.5-10x40 op my .303. Met die 4.5-14x40 kan mens maklik die gaatjies op 200 meter sien, maar met die 3.5-10x40 kan jy nie. Dit maak egter nie saak as jy jag nie. As ek kudu jag stel ek beide my scopes op 8x, dis meer as genoeg.
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Wed Mar 17, 2010 2:06 pm
by Tiny
Stem 100% saam. Vir jag het jy nie 'n groter vergroting as 3-9 nodig nie.. Ek het so ruk terug met Ponkie se geweer geskiet en hy het 'n 4-16x42 Lynx en ek kon my skote baie duidelik sien op 200 meter.. Dis hoekom ek gevra het wat dink julle van die scope, want ek was baie tevrede..
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Wed Mar 17, 2010 3:49 pm
by Louis Kriel
Tiny wrote:
Stem 100% saam. Vir jag het jy nie 'n groter vergroting as 3-9 nodig nie.. Ek het so ruk terug met Ponkie se geweer geskiet en hy het 'n 4-16x42 Lynx en ek kon my skote baie duidelik sien op 200 meter.. Dis hoekom ek gevra het wat dink julle van die scope, want ek was baie tevrede..
Jy kan nie verkeerd gaan met die Lynx nie en boonop is hulle diens in SA puik.
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Wed Mar 17, 2010 5:39 pm
by Jagtersdok
Jy kan die Burris FF2 4.5-14x42 Ballistic plex inbring vir onder R3000 landed, en jy sal nooit weer 'n ander scope koop nie.
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Thu Mar 18, 2010 7:13 am
by Tiny
Net gou 'n vraag.. Wat is beter? 'n Kleiner vergroting maar wat 'n helder beeld het of 'n groter vergroting met 'n minder helder, maar steeds aanvaarbare beeld?
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Thu Mar 18, 2010 8:04 am
by JOHANNIC
Tiny
Gaan vir daardie 16x vergroting of 24x as jy stil le (skiet posisie) kan jy hom op 24x hou as jy n moeilike skiet posisie het kan jy altyd die vergroting na 8x 10x 12x 14 x 16 x stel .
(As jy net n 14x vergroting koop het jy net 14x)

as jy n goeie skiet posisie het en jy het n 24x sal jy beter skoot plasing he.
Onthou hoe beter jy kan sien hoe beter die skoot

Re: Wat moet ek koop?
Posted: Thu Mar 18, 2010 9:01 am
by Nico Harris
+1 op wat Johannic se!
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Thu Mar 18, 2010 12:47 pm
by Janjak
Stem saam.
Jy raak die groter vergrotings gou gewoond.
Kyk jou PM
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Thu Mar 18, 2010 1:50 pm
by Tiny
Dankie oom Johan.. Ek onthou nou eers dat oom dit die naweek ook gese het.. En ek hou van oom se redenasie oor die vergrotings, want dis hoe ek ook voel.. Jy kan nie die 24 of 16 vergroting gebruik as jy dit nie het nie.. Dankie oom Jannie, ek het vir oom ook 'n message gestuur..
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Thu Mar 18, 2010 8:47 pm
by Ponkie
Tiny
Ek moet jou net gou 'n stootjie in die ribbes kom gee!
Vandag het ek daardie groot swart takbokram tot so naby bekruip dat ek my scope tot op sy 4x vergroting gedraai het! Dit het my egter niks gehelp nie, want daai Oom is sommer baie skelm. Hy kruip in daai spekbos weg todat ek 15m van die bos af is en hom steeds nie kan sien nie! Ek moes hom seker raak gegooi het met die klip, want toe hy daar uitbreek was hy sommer van die start af in sy 5de rat! Die derde skoot het ek hom darm agter sy kop 'n gamekingpuntjie gegee! Nes daai bul wat ek by Oom Wilhelm laasjaar geskiet het!
Nouja, dit het my 1h50min gevat vandat ek hom die eerste keer gewaar het todat ek hom geskiet het.
Die
lynx scope en mees veelsydigste roer (nl. 308 Win) het sy ding weereens gedoen!
Groete
Ponkie
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Thu Mar 18, 2010 9:27 pm
by Jagtersdok
pryse het bietjie op gegaan
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Thu Mar 18, 2010 9:54 pm
by Tiny
Dankie dok! Waardeur dit baie.. Se my gou.. Tussen Lynx en Burris, watter 1 het die beste beeld? En as die scope vir een of ander rede probleme gee, watter een se diens is beter?
Ponkie! Ek sou te skaam gewees het om te se dit was die 3de skoot! Maar gee my net 'n maand of 2 dat ek daai 6mm se trajek uit sort en die nuwe scope kry.. Dan praat ons weer.. Haha.. O ja! Jy moet ophou jag en vir 'n verandering boer.. Daai Damaras van ons is seker al 150! Haha..
Groete
Tiny..
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Fri Mar 19, 2010 9:36 am
by Janjak
Burris se diens is waarskynlik in Amerika.

Lynx se diens is in Johannesburg en is puik.
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Fri Mar 19, 2010 11:25 am
by Ponkie
Tiny
Ek sou ok graag 'n lynx wou he, maar dis soos Pa se, koop 'n bakkie/scope/tv/you name it op 'n plek wat binne jou bereik is die dag as jy dit moet laat regmaak of enige ander na verkoopsdiens nodig het, en dan slegs ogv hierdie redes sou ek vir die lynx gaan.
Groete
Ponkie
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Fri Mar 19, 2010 3:35 pm
by Tiny
Ek weet Ponkie.. Ek wou maar net bietjie meer uitvind oor die scopes..
Oom Jannie, kan my pa oom bel op daai selfoonnommer wat ek van oom het?
Re: Wat moet ek koop?
Posted: Fri Mar 19, 2010 3:45 pm
by Janjak
Tiny,
ja, enige hys tyd welkom.