Page 1 of 1

oor roep en ligsku

Posted: Wed May 30, 2012 1:15 pm
by johann
Manne ek jag gister aan weer by 'n ou naby Prieska Douglas area. Die boer se daar word gereeld geroep maar die goed word nie geskiet nie! Soo is ek uit met een helse gesukkel, jakkies kom in tot op soo 400m en dan wil hul niks weet nie. As lig op hul val is dit kobaai met hulle. Jakkalse word blykbaar sommer met die spotlight gejaag met die bakkie ens. Daar is verskriklik oorroep en elke janjap wil mos die goed roep maar eintlik maak hul die goed net skelmer. Weet nie of van jul ook al sulke ervarings gehad het nie??

Groete Johann

Re: oor roep en ligsku

Posted: Wed May 30, 2012 1:22 pm
by BLOK
Gewoonlik sulke ligsku jakkalse waar ek dan die rooi filter sal probeer anders gaan jy hulle moet vang met n dagroep.

Re: oor roep en ligsku

Posted: Wed May 30, 2012 6:32 pm
by Ian
Johann

Wat ek altyd doen as hulle op 300 meter plus gaan staan en wil nie inkom, ek speel die eerste gedeelte van jak baklei 1 maar moenie dat die klank oorgaan in die baklei nie. Lig bo-oor of dim die lig dat jy net die oge sien. 90% van die kans skiet jy sommer nog 3. Dit werk vir my elke keer.

Groete Ian

Re: oor roep en ligsku

Posted: Wed May 30, 2012 6:51 pm
by Boertjie
Ian

Hier in die karoo, as hy op 300m staan en wil nie nader kom nie, dan klop ons vir hom net da.Taffie, SW EN Tomcat kan ook lekker daai lang skote gooi.

Re: oor roep en ligsku

Posted: Wed May 30, 2012 8:31 pm
by Ian
Boertjie

Met alle respek dink ek nie ons moet die beginners leer om daardie afstande te skiet nie. Meeste beginners het nie die toerusting soos Leupold, Zeiss, S & B en ordentlike teleskope om die afstande in die nag te skiet nie. Ek was 3 weke terug by een van my kliente wat met 'n 6 * 40 teleskoop wil nagskiet doen. Hy het 3 van die vier jakkalse mis geskiet en so net sy probleem grooter gemaak. Ek voel net as die omstandighede en wind dit toelaat, dan kan jy hom nader bring om seker te maak hy ry bakkie ;).

Mooi aand.

Ian

Re: oor roep en ligsku

Posted: Wed May 30, 2012 9:49 pm
by Rooies
Johann

Van waar is jy ? Ek sien jy s? Douglas/Strydenburg.

Re: oor roep en ligsku

Posted: Wed May 30, 2012 11:18 pm
by johann
Rooies ek is in Douglas maar ons boer tussen strydenburg en britstown.

Boertjie onglukkig laat die terein nie sulke skote toe nie, bosse is te hoog om skoon skoot op lyf te kry op daardie destansies, mens sien net die kop bo die bosse.

Groete Johann

Re: oor roep en ligsku

Posted: Thu May 31, 2012 9:58 am
by Rooies
Johann

Waar in Douglas? Wat is jou van, ek is ook hier in Douglas.

Re: oor roep en ligsku

Posted: Thu May 31, 2012 4:41 pm
by johann
Rooies het jy m PM gekry??