Page 1 of 1

Nou is 6.5 n jag geweer

Posted: Tue May 29, 2012 5:15 pm
by VdWalt
So het ek toe uiteindelik kans gekry om met die 6.5x55 in die bos te kom. Ons het die rooibokke
so half agt die eerste keer gekry. Ons het so uur en 'n half agter die troppie aan gekruip waar ons
kort kort net een van die lywe sien. Ons sien toe hulle is  oppad na 'n koppie toe. Ons maak toe spore met
so ompad en klim so half pad op teen die koppie. Daar gekom sien ons toe bwbste so honderd meter
onder ons. Ons het so 5 minute vir hulle gesit en kyk toe die rooi lywe skielik begin blink.

Ons klim toe so 15 meter verder en ek klim met die stokke so in n bos en sit die geweer in my skouer. Ek se
vir die gids sit stil hulle kom, na so 15 minute begin hy kriewel, ek se sit stil! Net toe my rug voel of ek nie
meer so oor die stokke kan staan nie , steek die eerste ooi haar kop uit. Almal so medium size. Lekker vleisie.

Ek het Accubonds en GMX 'n kans gegee maar het net nie die akkuraatheid wat ek van hou gekry
nie - toe vat die rooibokkie maar een vir die span met die 129gr Interlock.  Skade was nie te erg nie.
Met die skoot het sy so u turn gemaak en 20 meter teen die berg af gehardloop voor sy geval het.
http://i357.photobucket.com/albums/oo17/vdwalt/3.jpg
http://i357.photobucket.com/albums/oo17/vdwalt/1.jpg

Re: Nou is 6.5 n jag geweer

Posted: Tue May 29, 2012 5:26 pm
by Frederik
Netjies!  ;D

Re: Nou is 6.5 n jag geweer

Posted: Tue May 29, 2012 5:28 pm
by Pvdw
Geluk VDW!! Daai 6.5 is my volgende kaliber as ek weer iers vir myself gaan koop. Vriend van my skiet net mooi als wat hy kan bekostig met syne.

Peet

Re: Nou is 6.5 n jag geweer

Posted: Tue May 29, 2012 5:35 pm
by Gerhard
Daar is dit nou!!!

Baie geluk die ys is gebreek.  ;)

Re: Nou is 6.5 n jag geweer

Posted: Tue May 29, 2012 5:54 pm
by Wouter Roets
Van Der Walt

Baie mooi gedoen man! Ek is bly julle eerste jaguitstappie het mooi af gekom. Eerste van vele!

Groetnis
Wout

Re: Nou is 6.5 n jag geweer

Posted: Tue May 29, 2012 7:13 pm
by VdWalt
Dankie julle - nou kan ek verder soek na premium koeel en my kd bestel. Ek
moes net eers in die veld gekom het.

Re: Nou is 6.5 n jag geweer

Posted: Fri Jun 01, 2012 8:58 am
by obasch
Jy sal nooit spyt wees oor die 6,5 Sweedse meisie nie sy sal altyd haar kant bring.
Plaas nou vir ons 'n paar foto's van daai pragtige roer van jou.

Re: Nou is 6.5 n jag geweer

Posted: Fri Jun 01, 2012 9:03 am
by BLOK
Ai!

Darem n lekker gevoel as jy daai nuwe geweer die eerste keer veld toe vat en alles loop mooi reg. Dan weet n man sommer julle is gemaak om n pad te stap.

Mooi gedoen

Re: Nou is 6.5 n jag geweer

Posted: Sat Jun 02, 2012 11:42 am
by Rasmus
Lekkkerrr Baie geluk!

Re: Nou is 6.5 n jag geweer

Posted: Sat Jun 02, 2012 12:10 pm
by VdWalt
Baie dankie - ja ek begin al klaar beplan aan die volgende trip!