Nog net drie slapies!
Posted: Tue May 29, 2012 7:39 am
Ek kan regtig nie meer wag nie en ek hoop net die volgende 3 dae vlieg verby.
Ons ry Vrydag oggend 1uur na vryheid vir ons jaarlikse familie jag.
Op ons lys is,Rooibok,KoedoeBul,Blouwildebees en Bosvark.
Soos elke jaar se jag kan ek nie wag om deur die plaashek te ry nie.dis moeilik om die gevoel te beskryf as ek deur daai hek ry en sien n bok of twee langs die pad staan.
Dan raak ek so angstig en opgewonde dat ek nie kan wag nie.
Ek kry skoon bokkoors as ek op die teiken skiet om seker te maak die geweer is nog mooi ingestel.
Om in die veld te loop,n bok te gewaar en om dan die bekruip te begin.Maak nie saak hoe koud dit is nie sodra die bekruip begin verdwyn die koue en dit voel half of dit net ek en my prooi is,hoe langer ek bekruip hoe meer senuagtig raak ek maar tog ook meer gefokus.
Die prooi staan reg en ek le aan,wat daarna gebeur kan ek gewoonlik nie onthou nie want ek dink instink neem oor,maar ek onthou altyd soos daglig as die skoot klap.
Die beste gevoel bly nogsteeds as die prooi val en hy bly sy laaste asem uit met so min pyn moontlik.die trots en waardering as ek langs die prooi staan en weereens besef wat se pragdier dit is en hoe bevoorreg ek is om die jag saam met my familie te deel!