Page 1 of 2
op soek na monster koedoe
Posted: Mon May 28, 2012 3:34 pm
by big daddy
ek het my seun n trofee koedoe belowe vir sy 16de verjaarsdag. Ene gekry en bespreek. Ons het al twee keer geloop en hom gaan besigtig. Net sodat my seun bietjie kon droom voor ons hom sou gaan skiet nou die naweek.
Ek was heerlik gatvol toe ek vanoggend die boer bel en reel vir die naweek se jag. toe deel hy my mee dat ek te laat is, n %$#@ amerikaner het hom laasweek klaar geskiet. Hy kon kwansuis nie langer vir my wag nie. Ek het afgespreek om hom in Junie te kom skiet. Horinglengte 62 duim.
Ek wens julle kon die teleurstelling in my seun se oe sien!!!!!!!!!!!
Weet iemand asb van n plek waar ek dringend n monster koedoe kan kry? Verkieslik in die vrystaat. Ja bogenoemde koedoe het in die korannaberge geloop naby Ladybrand. Heng ek is liggies baie de hel in. Asb laat my weet as julle weet van iets.
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon May 28, 2012 3:37 pm
by Geno
Ek PM jou.
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon May 28, 2012 5:09 pm
by big daddy
Geno ek het met die boer gepraat. dankie vir jou info. Hy het ongelukkig nie in daai duim lengte wat ek soek nie. Hy se daar is nie n manier dat daai koedoe so groot kon wees nie. Ek is geen PH nie maar die PH wat ek saamgeneem het, het my gese minimum 58 duim. En toe was dit 62 duim. As ek nie self die koedoe gesien het nie sou ek gese het bulldust dis onmoontlik. Die koedoe is so vier jaar gelede uit die oos transvaal na die wildsplaas toe gebring. So dis nie n plaaslike koedoe nie. Maar nogtans dis n moerse koedoe.
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon May 28, 2012 6:10 pm
by GreyGhostGear
Stone Safaris buite Brandfort?
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon May 28, 2012 7:34 pm
by Frederik
Trofee koedoes is nie altyd net in duime nie en ek is jammer maar as 'n mens 16 is en jy skiet 'n 62" koedoe wat is dan verder om na uit te sien in sy jagte vorentoe ?
Kyk dit is 'n baie groot geleentheid wat jy vir jong man reel maar enige mooi koedoe bul sal doen.
Net my 2 sente.
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon May 28, 2012 7:44 pm
by Marc
Frederik wrote:
Trofee koedoes is nie altyd net in duime nie en ek is jammer maar as 'n mens 16 is en jy skiet 'n 62" koedoe wat is dan verder om na uit te sien in sy jagte vorentoe ?
Kyk dit is 'n baie groot geleentheid wat jy vir jong man reel maar enige mooi koedoe bul sal doen.
Net my 2 sente.
Stem half saam Frederik
Laat die man 'n mooi bul skiet, as dit Rowland moet wees maak dit dan 54", jy doen hom 'n GROOT onreg aan deur so droom van hom te ontneem op so jong ouderdom. Ek is 36 jaar oud en jag al vanaf 1998 en het tot vandag nog nie 'n RW kudu geskiet nie. My hart klop super warm elke jaar as ek na 'n plaas toe gaan wat potensieel een vir my inhou en eerlik waar s? ek dankie elke jaar wat hy nie voor my ingeloop het nie
My 2c
Groetnis
Marc
PS: Baltimore se w?reld het heelwat MONSTERS, het hulle self gesien en my broer sin was 58" +
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon May 28, 2012 7:52 pm
by JAGTERSREG-JRM
Om in die veld te voet te jag en jy jy skiet n 40duim koedoe is jy al baie in jou skik.Die manne is ook nie aan pale vasgemaak nie,laat hy hard werk vir sy bul bietjie sweet en werk en hy sal hom dalk meer waardeur.Skies ek lug my opinie wou net die gedagte deel.
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon May 28, 2012 7:57 pm
by Zack Benade
Big Daddy
Ek dink jou kind is bevoorreg om so 'n pa soos jy te kan he.

Dis een ding wat alles in die lewe die moeite werk maak. My twee seuns is 11 en 13 en ek sal ook eendag so 'n geleentheid vir hulle wou gee.
Doen dinge nou en moet vir vir more wag nie, veral as jy iemand lief het.
Geniet die jag en stuur die foto's
Groete
Zack
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon May 28, 2012 8:18 pm
by Machann
Weet daar is ou naby Vivo wat 60" waarborg en weet daar is hele paar hier in die 66 range en ook paar oor die 70" maar weet hy laat net paar per jaar jag teen R30 000.00 wat ek laas gehoor het. Weet ook daar paar boere om Douglas met 50" bulle as gelukkig is soos res van NK maar verder is dit maar Bosveld vir daai groot bulle.
Kan ook gelukkig se ek nog nie Rowland geskiet en net een van die tien plus bulle in n wildskamp laas jaar. As ek enige jag nou moet kies is dit vir koedoe wat nie toe gespan is nie. So as jy een kry maak nie saak wat dit bly j lewe lank by jou!
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 7:40 am
by big daddy
dankie ouens vir julle raad. ek het elkeen nogals mooi gelees en oorweeg. ek self het maar twee weke terug n 46 duim koedoe geskiet. My grootste ooit. Ek voel net as n man 16 raak dan is dit n spesiale dag. Dis vir my altans so. Ek het nooit n verhouding met my pa gehad nie. Gewere het my en my seun bymekaar gebring. Ons is ontsettend naby. Ek sou ook wou he dat hy eers n klein ene skiet en daarna n groter ene soek. Maar waar in my lewe sou ek weer n 60 duim plus koedoe vir R9000 gekry het? En die bok sou teen sy muur gehang het en miskien nie dadelik soveel waarde vir hom gehad het nie, maar eendag as ek aangeskuif het na groter jagvelde en hy die bok bokant sy kaggel sien sou dit vir hom prysloos gewees het. Nooit sal ek my kinders bederf nie, maar als wat ek koop en of doen gaan tog na hulle toe eendag. Ek kon seker self die koedoe gaan skiet het, en hy sou ook eendag teen sy muur gehang het. Maar ek redeneer anders oor dinge. My kick sou gewees het om sy gesig te sien as hy langs die koedoe kon gaan sit en die koedoe se lewe kon eer. Sien ek leer my seun nie net jag en skiet nie. Ek leer hom on die lewe wat hy pas geneem het te vereer. Ons sit n ruk alleen langs die bok en dink aan al die wandel roetes wat die bok al in sy lewe geloop het. So leer n man respek vir die natuur. En hy sou verseker klippe gedinges het op die jag. Ek het n week bespreek om die koedoe te jag. Ek het naby ladybrand n 55 duim bul gekry gisteraand. So hy gaan hom volgende week gaan jag. Die naweek gaan ons hom eers loop en soek sodat hy n bietjie kan sweet en ook waardering kry vir die bok. Almal se opinies is welkom ek lees almal en deurdink elke liewe woord wat julle se vir my.
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 7:57 am
by JAGTERSREG-JRM
Dagse,
Die ervaring saam my pa het ek nooit gehaat nie aangesien ek baie jonk was toe hy oorlede is.Ek glo die band en die belewenis saam n pa kan by jou bly tot jou ou dag.Bederf die mannetjie maar laat hom werk,gewoonlik as mens meer sweet om iets te bereik word dit meer waardeur.Dit wat mens net kry dra nie soveel trots nie.As daai bul dit te maklik is jaag hom bietjie aan dat die mannetjie verder kan sweet.Belangrikste is geniet elke oomblik en elke sekonde en maak elke jag die beste jag ooit selfs al word daar niks geskiet nie.Mens weet nie of mens da sal wees vir die volgende jag nie.
Jagters Groete
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 8:00 am
by sako 30-06
Ek sit hier met n knop in my keel,jou doen dir regte ding en op die manier soos jy verduidelik het kerf jy verseker n deel uit jou seun se hart wat net vir sy held gereserveer is.
Sterkte met die jag en stuur asb die foto's van jou jongman se koedoe.
Hy word nie net 16 nie maar hy is ook een stap nader om n man te wees!
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 8:14 am
by Zack Benade
Julle laat 'n mens diep dink.
Elke sekonde wat ons hier op aarde is moet kosbaar wees.
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 8:33 am
by matewis
Janee wraggies julle is diep so vroeg in die oggend op my nugter maag! Ek bedank sommer net hier en kies koers veld toe! Maar soos die manne s?: Die volgende jag se geld moet iewers vandaan kom!
big daddy, dit klink vir my of jou naam nie sommer net gekies is nie. Ek stem saam met al die kommentaar hier. Ek sou wat wou gee om so geleentheid saam met my pa te gehad het (ongelukkig na die grens wou hy absoluut niks van wapens weet nie, en nog minder van skiet...)
Dit is vir my 'n plesier om te lees hoe jy oor die saak redeneer. Bederf is nie die gee van geleenthede of aardse dinge nie, bederf is om te gee sonder die lewensles - of dit nou 'n R10 karretjie by PnP is of 'n RW kudu.
My seun is amper 2 en die volgende bulletjie kom Augustus - demmit ek kannie wag om saam hulle in die veld te wees nie!!!
GENIET DIT!!!!
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 8:50 am
by DWB
Oom Big Daddy
Dit is 'n groot gebaar, en ek wat self nie sulke oomblikke met my pa kan deel nie, al leef hy nog, besef die belangrikheid van sulke oomblikke tussen pa en seun.
My eerste kind is ook nou onlangs gebore en ek hoop om dinge met haar in die lewe te kan deel!
Baie mooi!
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 8:55 am
by big daddy
ja ons is baie bevoorreg om die dinge saam ons kinders te kan doen. ek is spesiaal bevoorreg om tot elke sport wat my kinders doen saam hulle te doen. My seun is onlangs vir die bokkieweek gekies met rugby. Natuurlik met die proewe was ek saam. Die keurders moes seker maar my entoesiasme gesien het want hulle het my gevra om by die span betrokke te raak. So dis nou eers n voorreg. nou die aand sit ons op my seun se bed en gesels, toe se hy ek moet by elke wedstryd sy geheime formule vir hom skree as hy op die veld is. Vir n oomblik was ek uit die veld geslaan want ek het duidelik iets iewers gemis. Toe se hy as dedda vir my skree gooi kole my seun dan voel ek hoe skop my turbos in. Ek het lekker gelag want ek het dit onbewustelik geskree vir hom by elke game. Ons pas het n groot verantwoordelikheid teenoor ons kinders. Veral ons seuns. Hulle soek rolmodelle. EK hoop ek is n goeie ene. Lekeer dag julle ek moet gou op die rooi tapyt gaan staan by de skool. Ek het n onnie vertel watse (K)boetie hy is. so ek moet dit gou gaan uitsort.
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 9:08 am
by Dippies
Jagmaar wrote:
Stone Safaris buite Brandfort?
As dit die manne is, ek het al self n goeie stelletjie met hulle afgetrap. Ek maak niemand sleg nie. Dis net my ervaring
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 10:02 am
by big daddy
nee die plaas behoort aan tienie bamberger. Hy het n leeuplaas in die koranaberge. Hy is n grootwild ghoeroe maar sy woord is nie veel werd volgens my nie. Miskien is hy n heel nice mens en het ons mekaar net mis verstaan oor datum ens. Maar ek twyfel.
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 10:08 am
by Zack Benade
Big Daddy
Ek sien jy is van die Vrystaat. Vertel meer asb.
groete
Zack ( van Bloem)
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 10:11 am
by big daddy
ek bly in ladybrand so 120 km van bfn af.
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 10:15 am
by Zack Benade
Net 'n Cheetah kan sulke mooi maniere het. Uit jou briewe kan ek sien jy het standaarde en maniere.
Jy is enige tyd welkom by my as jy in Bloem is.
Groete
Zack
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 10:27 am
by big daddy
Baie dankie Zack jou woorde beteken baie. Daar is egter net een ou probleempie........
ekke hom groot bloubul.

Lekker dag vir jou.
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 12:56 pm
by Marc
sako 30-06 wrote:
Ek sit hier met n knop in my keel,jou doen dir regte ding en op die manier soos jy verduidelik het kerf jy verseker n deel uit jou seun se hart wat net vir sy held gereserveer is.
Sterkte met die jag en stuur asb die foto's van jou jongman se koedoe.
Hy word nie net 16 nie maar hy is ook een stap nader om n man te wees!
Slat jy nou wraggies die wind uit my seile Big Daddy
As daai laaitie so opgevoed word en dis binne julle huidige vermo? gaan ek nie in julle pad staan nie. Dis een foto waarna ek nie sal kyk en dink hmmmm daai klein wetter is lekker bederf en sy pa probeer hom omkoop met aardse goed in plaas van ware bande, die soort wat geld nie kan koop
Julle is bitter bevooreg, my pa het tot vandag toe nog nie saam my twee tre? gestap met 'n roer in ons hande, maar hy maak op op ander plekke en ek is baie lief vir hom.
Geniet die jag en mag daai trofee jare lank diens doen bo die kaggel
Mooiloop
Marc
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 1:11 pm
by Zack Benade
Big Daddy
groot bloubul.
Almal maak foute in hulle lewe. Jy sal dit nog regmaak Moet nie bekommerd wees nie.
Jy bly welkom.
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 1:35 pm
by Machann
Hi Big Daddy.
Dankie dit is lekker om dit te lees en seen vir jou en jou seun se verhouding. Ja dit sit n hele nuwe spin op dinge en eks jammer en vra onverskoning want ek is altans gewoont ouers koop deesdae hulle kinders om met groot geskenke ens. So van my kant af jammer. Jy ken jou seun se hart en as hy gaan groei om soos joune te lyk go vir dit. Maar laat die manne bietjie vir hom werk, onthou net n groot koedoe bul hardloop nie verder as 300m so jy kan maar die bul die eerste 5 kere laat weg kom. Vat dan maar weer net sy spoor.
As ek baie van julle se kommentaar lees besef ek net hoe baie ek op my kniee kan gaan en dankie vir die ou Groot Man vir n pa wat my in die jagveld groot gemaak het al het ons deesdae net visvang en jag stories as ons me t mekaar op die telefoon praat. Hy het my ook geleer om vir koedoes te loop en te loop en te loop en vandag love ek dit en sal net buffel jag bo dit kies.
Toe ons nog in die Noord Kaap gebly het (Lime Acres en Kimberley) het ons elkeaar by n oom Ludwig Odendal gaan trek koedoes jag. Net ek en my pa 7km van die naaste mense af onder n boom met n tent, twee roere en vier kampe om ons met die moontlikheid van koedoe bul. Ook so my eerste koedoe geskiet met .303. My pa se dit het donker om hom begin raak soo die lood geval het maar hy sou nerens gegaan het na die eerste skoot. Ai manne nou dop die een storie na die ander by my op.
Laat dit juig.