Page 1 of 2
Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Mon May 28, 2012 7:10 am
by Chrisjan
Hello
Ek het saterdag tot so 1 uur die oggend gesit en jakkals laat bakkie ry. Maar my toone het amper af geval. Ek het Hi-Tec Veld stapskoene en thermal socks. Enige raad?
Ek het darm 6 van die skaap vreeters omgedop.
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Mon May 28, 2012 7:23 am
by Gerhard
Mooi geskiet.
Ek wil ook hoor wat die manne voor stel om voete warm te hou...
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Mon May 28, 2012 7:59 am
by Geno
Skaapwol slippers. Dis al wat vir my help.
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Mon May 28, 2012 8:01 am
by Zack Benade
Lekker dik kouse in gumboots
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Mon May 28, 2012 8:04 am
by henried
Zack Benade wrote:
Lekker dik kouse in gumboots
X 2
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Mon May 28, 2012 8:26 am
by Chrisjan
Dankie,
As julle nou praat van Gumboots, is dit 'n spesifieke soort of die gewoone safety boots?
Groete
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Mon May 28, 2012 8:01 pm
by Zack Benade
SENWES Kooperasie het op 'n tyd 'n baie sagte gumboot gehad.
Hy loop lekker maar ek sal dit nie aanbeveel as jy baie klipperige omgewing stap nie. Vir hitte help dit beslis saam met 'n freezer suite.
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Tue May 29, 2012 3:02 pm
by muismaree
Hi Zack
Hand warmers werk lekker. Dit is sulke klein sakkies met een of ander chemikalie in wat deur lug geaktiveer word en dan vir 'n lang tyd warm bly. Ek gooi 'n sakkie in elke boot as mens lank in die nag agter op 'n bakkie sit. Kyk by Cape Union Mart, of Due South, hulle hou dit aan. So nie, kyk by hierdie site:
https://www.mountainmailorder.co.za/ind ... ductId=596
Is dalk bietjie duur, maar dit werk bitter lekker.
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Wed May 30, 2012 7:13 am
by Chrisjan
Hi amal
Dankie vir die raad. Outdoor warehouse het glo van die toe warmers. Dot hou glo 6 uur lank en kos R29. Ek gaan dit en thermal liners probeer. en sal terugvoering gee. Gaan die saterdag aand weer jakkals laat bakkie ry.
Net so iets interressant.
Hulle se dat jou kop en nek 70 persent van jou ligaam weg gooi. Dan kompenseer jou ligaam deur die bloedvloei van jou ledemate te verminder. Om jou core warm te hou is ook baie belangrik.
Groete
Chris
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Wed May 30, 2012 7:16 am
by Gerhard
Chrisjan wrote:
Net so iets interressant.
Hulle se dat jou kop en nek 70 persent van jou ligaam weg gooi. Dan kompenseer jou ligaam deur die bloedvloei van jou ledemate te verminder. Om jou core warm te hou is ook baie belangrik.
Groete
Chris
Daar is die groot geheim.
Bele in n goeie beany vir die winter tyd.
Ek het laas jaar ook bele in n fleece buff vir my nek en gesig en mens kan nie glo wat se verkil dit maak nie...
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Wed May 30, 2012 8:53 am
by Jassie
Die ou mense het mos vroe?r jare ges?
"... as jy koud kry sit 'n hoed op", of het ek dit nou verkeerd?
Groete
JAS
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Wed May 30, 2012 9:30 pm
by Agentkoos
Daar inni koue Noorde verkoop hulle "insulated boots" Het nie besef hoe warm die goed kan wees nie todat ek vir my n paar gekey het nie. Van die boots het 1000gram "insulation" in. Dis baie lekker warm
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Tue Jun 05, 2012 1:01 pm
by Boerseun123
Soos wat Mm gese het kry jy die handwarmers. Jy sit dit in jou sak waar jy jou hande kan warm maak en jou kry die Toe warmers wat jy in jou skoenne/boots gebruik. Hulle werk soos 'n bom. Ek het altyd 'n paar van hul in my jagsak vir die nagskiet en ook vir in die hide sit met die boog op die koue winters dae.
Dan is daar ook naturlik OBS (hoor net by betroubare bronne dit werk, ons gebruik dit mos nie self nie

)
Groete
Bs
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Thu Jun 07, 2012 7:03 am
by Gerhard
Is dalk nog bietjie vroeg om te se...
Ek het laas Saterdag aand hulle die eerste keer getoets in die Noord Vrystaat en sover doen hulle presies wat ek wil he.
Muckboots...
http://www.fourlakes.co.za/muckboot.html
Ek het die Lune model.
Gemaklik en lekker warm oppi voete.
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Thu Jun 07, 2012 8:04 am
by BLOK
Gerhard
Miskien daai Lune wat jy het maar ek het die Wear dra hulle veral as ek in die aand gaan jag en daar is dou op gras of as dit gereen het. Daai Wear boots van my vries my tone in. Ek sien joune het isolasie in so dit is seker wat die verskil is.
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Tue Jun 26, 2012 10:10 pm
by jeep
Naand se
My 2 sent ek trek nie leer skoene aan nie , want as daai leer koud geword het is dit so goed jy staan met jou voete in cooler bag .
twee paar bokhaar sokies binne in n syl tekkie werk vir my
Chrisjan van wa is jy
groete
jeep
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Tue Jun 26, 2012 10:49 pm
by tafjak
Vir my werk skaapvel pantoffels- trek dit sommer sonder sokkies aan. Het ook al alles probeer en nog niks kon die pantoffels klop nie.
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Wed Jun 27, 2012 4:52 am
by Gerhard
BLOK wrote:
Gerhard
Miskien daai Lune wat jy het maar ek het die Wear dra hulle veral as ek in die aand gaan jag en daar is dou op gras of as dit gereen het. Daai Wear boots van my vries my tone in. Ek sien joune het isolasie in so dit is seker wat die verskil is.
Weer Saterdag aand met die Lune gejag.
Hulle werk baie mooi.
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Wed Jun 27, 2012 6:42 am
by Henry 7
Gerhard
Miskien kan jy daai foto van die boots wat ek jou gestuur het opsit-hulle moet net nie natword nie.
Henry
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Wed Jun 27, 2012 6:53 am
by Gerhard
Saul wrote:
Gerhard
Miskien kan jy daai foto van die boots wat ek jou gestuur het opsit-hulle moet net nie natword nie.
Henry
Henry,
Ek laai hom vir jou.
Hier in die Hoeveld is dou en ryp n probleem...
Einde April het ek n 100m deur die veld gestap na dit gedou het om n jakkals te soek en my Courtney's was sop nat binne.
Wat ek van die Lune model van Muck Boots hou is dat hy water dig is en insulated is.
Ek sal hulle nog hopelik goed toets die winter.
In die somer is dit egter n ander storie waar ek n ander stel wat nie insulated is sal moet gebruik.
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Wed Jun 27, 2012 7:10 am
by Gerhard
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Wed Jun 27, 2012 8:37 am
by Geno
Ek gebruik ook die skaapvel pantoffels.
Al wat pla is die dou, maar verder is ek baie tevrede.
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Sun Jul 08, 2012 5:50 pm
by muismaree
Kyk hier
http://www.thunderboltsocks.com/heatedsocks.htm ,die bleddie amerikaners het ook 'n plan vir alles. Weet net nie hoe mens dit hier gaan kry nie..
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Sun Jul 08, 2012 6:43 pm
by Gerhard
Vir $200 maak ek maar n ander plan...
Re: Voete wat vries, Hoe gamaak?
Posted: Sun Jul 08, 2012 10:20 pm
by Fanie
Met daai skaapvel skoene gaan julle self moet lig loop vir die jakkalse...