Page 1 of 1

Kalahari skiet

Posted: Sun May 27, 2012 6:50 pm
by Ian
Die 23 ste Mei (Woensdag) ry ek alleen Askam toe want my vrou het werksverpligtinge gehad en het op kort kennisgewing gekanseleer. Ek stop 11H45 op STS Kalahari game reserve. My swaer en vriend daag met hul vrouens 15H30 daar op en ons kuier lekker vir die res van die dag.
Donerdagoggend is ons 08H10 in die veld en ek gee my swaer (Willem)  en Lourens eerste kans om die ys te breek. Lourens skiet die eerste Springbok en Willem die tweede een.
Ou Bennie het my geweer "Exhaustpyp" gedoop en wou net weet wanneer ek hom uithaal.
Wel ek gevoel dis tyd en ek skiet my swaarste springbok ooit (30kg karkas). Daar kry my geweer toe sy tweede bynaam "P-shooter".
Lourens skiet 'n mooi Gemsbokbul van 117 kg karkas en Willem volg met 'n mooi Blouwildebeesbul. Ek sluit die dag af met nog 'n mooi Springbokram.

Re: Kalahari skiet

Posted: Sun May 27, 2012 6:53 pm
by vlakvark1
Mooi wild veral die gemsbok

Re: Kalahari skiet

Posted: Sun May 27, 2012 6:57 pm
by Frederik
Lekker geskiet nou wat het van Vrydag en Saterdag geword ?

Re: Kalahari skiet

Posted: Sun May 27, 2012 7:03 pm
by Ian
Vrydagoggend skiet ek nog 'n springbokram opsoek na die blesbokke. Ons kry die Blesbokke en daar skiet ek 'n "Hattrick". Drie ramme binne drie minute en 300 meter uitmekaar almal kopskote. Bennie se dat hy nog nie so iets op STS gesien het nie. Wel, ek moet se dat dit nou lekker was en dat die "Driehonderd - Ses" weer sy naam hoog gehou het. 11H00 Vrydagoggend is ons klaar geskiet (12 springbokke,'n gemsbok, 'n blouwildebees en 3 blesbokke).
Vrydagaand het ons 'n Sundowner op 'n duin gaan drink en toe kruip die Kalahari weer diep in my hart in.

Re: Kalahari skiet

Posted: Sun May 27, 2012 7:11 pm
by ablm468
Ian

Ek sien julle het die trippie geniet, ek het ook self paar bokker platgemaak en jou stoel goed ingewy, sal later paar fotos opsit.

Die stoel het net die verskil gemaak, het lanklaas so lekker gejag, sonder kwesskote.

Groetnis

Hansman

Re: Kalahari skiet

Posted: Sun May 27, 2012 7:13 pm
by Chevvy SS
Daar kwyl ek my hele sakdoek papnat!

Mooi bokke, en ai, die Kalahari is mooi....

Re: Kalahari skiet

Posted: Sun May 27, 2012 7:50 pm
by Ian
Bennie en Yvonne stuur baie groete aan Wouter Roets en hulle praat net goed van jou. Dit is aangenaam om om op plekke te kom en te hoor dat die Forum manne "skiet en jag" se naam hoog hou.
Hier is nog so 'n paar foto's
Willem en Lourens geniet 'n oomblik saam nadat Willem 'n Springbok geskiet het.
Ek bederf die mense op die Kalahari manier met 'n pofadder.
Foto 3 gaan haal Bennie die derde blesbok.

Re: Kalahari skiet

Posted: Sun May 27, 2012 8:05 pm
by Ian
Hansman wrote: Ian

Ek sien julle het die trippie geniet, ek het ook self paar bokker platgemaak en jou stoel goed ingewy, sal later paar fotos opsit.

Die stoel het net die verskil gemaak, het lanklaas so lekker gejag, sonder kwesskote.

Groetnis

Hansman
Hansman

Ek is bly om te hoor dat dit met julle ook goed gegaan het, goed om te hoor dat die skietstoel die dinge net makliker gemaak het. Ou Jannie Jacobs van Upington se, hy skiet nou verskriklike groeperings van die stoel af. Geniet die stoel.

Mooi aand

Re: Kalahari skiet

Posted: Sun May 27, 2012 8:17 pm
by BoogJagter111p
Baie geluk, en inderdaad 'n mooi springbok, asook daardie gemsbok!!

Dis sonde hierdie, jy maak die manne wat by die huis sit, baie lus!

Groete
Manie

Re: Kalahari skiet

Posted: Mon May 28, 2012 4:39 am
by Gerhard
Baie mooi Ian.

Lyk my julle het regtig n lekker jag trippie gehaad Kalahari toe... ;D

Re: Kalahari skiet

Posted: Mon May 28, 2012 6:10 pm
by Ian
Beste Gerhard

Ja, dit was weer 'n belewenis gewees en ek gaan al klaar moet begroot vir volgende jaar om weer daar te gaan draai. STS is 22000 HA en ek het nog nooit so baie springbokke daar gesien soos nou nie. Hier is 'n foto van 'n foto van 112 gemsbokke bymekaar wat 'n klient daar geneem het. Ongelukkig kon my kamera net die middel afneem.

Mooi aand

Re: Kalahari skiet

Posted: Mon May 28, 2012 6:59 pm
by Gerhard
Ian wrote: Beste Gerhard

Ja, dit was weer 'n belewenis gewees en ek gaan al klaar moet begroot vir volgende jaar om weer daar te gaan draai. STS is 22000 HA en ek het nog nooit so baie springbokke daar gesien soos nou nie. Hier is 'n foto van 'n foto van 112 gemsbokke bymekaar wat 'n klient daar geneem het. Ongelukkig kon my kamera net die middel afneem.

Mooi aand
Ian,

Ek dink ek moet met jou reel dan gaan ek saam.

Dink dit is hoog tyd dat ek ook n draai in die kalahari gaan maak.

Ek het mos nou n drie honderd 6 wat raak skiet... ;D

Re: Kalahari skiet

Posted: Mon May 28, 2012 7:18 pm
by Ian
Ian,

Ek dink ek moet met jou reel dan gaan ek saam.

Dink dit is hoog tyd dat ek ook n draai in die kalahari gaan maak.

Ek het mos nou n drie honderd 6 wat raak skiet... ;D
[/quote]

Gerhard

Dit sal baie lekker wees as jy so iets kan reel. Dit was nou regtig nie lekker om alleen 685 km alleen te ry nie. Ons sal die dinge reel in Julie as jy kom kuier.
So gepraat van 'n 30 06, ons al drie het nou in die Kalaheri met die ou staatmakers geskiet en ou Bennie was nou regtig beindruk met die kaliber.

Mooi aand

Re: Kalahari skiet

Posted: Mon May 28, 2012 8:05 pm
by vlakvark1
Ian wrote: Beste Gerhard

Ja, dit was weer 'n belewenis gewees en ek gaan al klaar moet begroot vir volgende jaar om weer daar te gaan draai. STS is 22000 HA en ek het nog nooit so baie springbokke daar gesien soos nou nie. Hier is 'n foto van 'n foto van 112 gemsbokke bymekaar wat 'n klient daar geneem het. Ongelukkig kon my kamera net die middel afneem.

Mooi aand
Dankie jy deel met ons die foto dit is regtig mooi om so trop te sien. 8)
Wens n paar van hulle kan verdwaal hier na my kant toe ;D

Re: Kalahari skiet

Posted: Mon May 28, 2012 9:00 pm
by BoogJagter111p
Sien dis STS Kalahari game reserve... Het hulle n gedeelte vir die jag ook of is dit net privaat?

Manie

Re: Kalahari skiet

Posted: Tue May 29, 2012 4:36 am
by Wouter Roets
Hallo Ian

Ek kan nou ongelukkig nie die fotos sien maar kan aflei uit jou praatjies dat jy dit baie geniet het. Dankie vir die oordra van die groete. Ek mis daai twee erg en sou bitter graag hierdie jaar n draai wou maak by hulle! Plaas kom laai jy my op man! Daai is n stukkie hemel op aarde!

Groetnis
Wouter

Re: Kalahari skiet

Posted: Tue May 29, 2012 4:46 am
by Gerhard

Re: Kalahari skiet

Posted: Tue May 29, 2012 5:18 am
by Wouter Roets
Dankie Gerhard

Weet nie of dit nou n goeie ding was nie! :'( Die verlange vir daai stukkie aarde en die se mense loop nou hoog! Ek se altyd vir Benna dat God so bietjie meer van Sy tyd gebruik het om daai stukkie van Sy Skepping te maak!

Groetnis
Wout

Re: Kalahari skiet

Posted: Tue May 29, 2012 7:03 am
by Ian
Beste Wouter

Nou praat jy waarheid oor daardie stukkie hemel op aarde, as 'n mens daar op die hoogste duin gaan sit en jy hoor die stilte en die duine wat soos golwe l? dan besef 'n mens weer hoe klein en nietig ons maar is. Ek het weer kos vir my siel ontvang die rukkie wat ek daar was. Ja, die mense daar is sout van die aarde en hulle kruip diep in 'n mens se hart in.

Gerhard, dankie vir die laai van foto's, waardeer.

Mooi dag

Re: Kalahari skiet

Posted: Tue May 29, 2012 7:38 am
by G-force
Ian baie geluk,lyk of jy dit baie baie geniet het.Ek sal volgende keer virseker saamkom,gee net vroegtydig kennis.My 30-06 sal reg wees oor n paar weke dan kan jy my tou wys met hom.

Re: Kalahari skiet

Posted: Tue May 29, 2012 8:09 am
by Geno
Ian,
STS is voorwaar 'n great stukkie aarde. Ekself het myself gate uit geniet daarso in 2008! Bennie en Yvonne is regtig sout van die aarde mense!
http://jaracal.com/index.php/topic,2731.0.html

Groete,
Eugene

Re: Kalahari skiet

Posted: Tue May 29, 2012 9:21 am
by Dippies
Bly darem maar mooi wereld daai. Ongeag wat wie se ;) ;)