Page 1 of 1
Heinings elektrifiseer
Posted: Sat May 26, 2012 11:50 pm
by Kalahari
Naand almal
Ek sit met 'n probleem met bokke wat draadkruip, en sommer erg. As daar net 'n klein gaatjie deur iets onder stock proef draad gemaak word, dan is hulle daar deur. Indien daar nie so iets is nie, dan klim hulle sommer soos mens deur die draad. Ek is moeg vir hulle maniere
Nou die vraag: hoe maak ek met elektrifiseer? Ek wil basies die plekke waar hulle deurkruip net lewendig maak met 'n kort draad van +- 20 meter, en dan die elektrisiteit skuif na die volgende plek waar daar gekruip word. Sodoende wil ek hulle so bang maak vir 'n draad dat glad nie gekruip word nie, hulle moet nie weet of die draad se byt of nie.
Ek het staaldraad, 'n 115 amph sonkrag battery en 75w sonpaneel, maar ek vermoed dit gaan te min wees. So , ek vra raad asb om so 'n stelsel op en aan die werk te kry.
Enige raad sal waardeer word.
Baie dankie
Kalahari
Re: Heinings elektrifiseer
Posted: Sun May 27, 2012 12:11 am
by Beretta
Kalahari
Met jou battery en son paneel het jy n energiser nodig wat die skok gee met die metode kan jy dit doen
Beretta
Re: Heinings elektrifiseer
Posted: Sun May 27, 2012 12:26 am
by Kalahari
Beretta
Dankie, maar nou moet jy bietjie meer verduidelik, ek lees energiser, maar verstaan hom nie so mooi nie. Wat sal die energiser min of meer kos? So bietjie meer oor die werking asb. Ek is regtig onnosel (en vrek versigtig) as dit by krag kom omdat ek baie min daarvan weet.
Ek wil graag net koste beraming ook kan doen, sien die begroting is soms maar taai.
Re: Heinings elektrifiseer
Posted: Sun May 27, 2012 12:32 am
by Beretta
Die energiser is die eenheid wat skok so 9000 volt wat sy krag van die 12volt battery af kry en wat deur die sonpaneel gelaai word ek verkoop di units
Beretta
Re: Heinings elektrifiseer
Posted: Sun May 27, 2012 12:44 am
by Kalahari
Beratta
Dankie, ek het gou energiser gaan google en die prentjie gekyk, nou die vraag is. Hoeveel joules (volts) is nodig vir my probleem? Soos ek verstaan kry mens dan verskillende grotes energisers ook. Kyk, die bok moet net net voor die dood omdraai, as hy een keer deur daai draad geraak is moet hy so bang wees dat hy nooit weer naby draad kom nie.
Kan jy dalk vir my iets aanbeveel en prys maak asb, ek is regtig raadop met bok se kind. Stuur maar pm as jy nie hier wil praat nie.
Baie dankie
Waardering
Re: Heinings elektrifiseer
Posted: Sun May 27, 2012 1:10 am
by Beretta
Sal so maak more deur die dag
Beretta
Re: Heinings elektrifiseer
Posted: Sun May 27, 2012 1:33 am
by Kalahari
Dankie Beretta
Re: Heinings elektrifiseer
Posted: Sun May 27, 2012 8:29 pm
by douw
Naand Kalahari
Elektriese omheinings is goudwerd op enige plaas met diere. Ons het klomp perde en kalahari red bokke, dan ook natuurlik 'n paar honde. Die krag werk uitstekend!
maar......
As jou krag net 'n rukkie nie op die draad is nie, weet die diere dit baie gou, en neuk net weer op
Die beste is dus om maar orals krag op te h?.
Groetnis
Douw
Re: Heinings elektrifiseer
Posted: Sun May 27, 2012 11:53 pm
by Kalahari
Douw
Ek sal my voortanne gee om die hele plaas onder krag te sit, maar ek weet nie of ek ooit soveel blare sal he nie. Plaas is 7930ha groot met 26 kampe, ek kan nou kilometers draad uit my kop se nie, maar dis baie. Die arbeid situasie hier is ook nie baie na wense nie en die drade moet seker skoongemaak en gehou word?
Ek sal maar net die verskuifbare krag gereeld skuif sodat bok nie eintlik weet waar om iets te verwag nie, ek maar dit werk. Die bees wat so keel skuur op die boonste draad sal seker ook bietjie kan skrikgemaak word.
Beste
Kalahari
Re: Heinings elektrifiseer
Posted: Mon May 28, 2012 11:32 am
by douw
DIS REGTIG BAIE
PROBEER DALK EERDER VERSKUIFBARE ELEKTRIES KAMPE. DIE EEN OF ANDER MANIER KOM HULLE AGTER WAAR KRAG IS, AL DAN NIE.
GROETNIS
DOUW
Re: Heinings elektrifiseer
Posted: Sun Nov 29, 2015 12:39 pm
by Eduard Venter
douw wrote:PROBEER DALK EERDER VERSKUIFBARE ELEKTRIES KAMPE.
Ek is op soek na sulke verskuifbare elektriese heining om die beeste langs die teerpad te laat wei. Wat is die naam van die produk en waar kan mens dit koop? Dankie.
Groete
Re: Heinings elektrifiseer
Posted: Sun Nov 29, 2015 7:50 pm
by Bakkies303
Eduard, ek dink jy kan probeer om Stafix te skakel. Ek weet hulle is groot in die "electric fencing", so ek glo hulle sal jou kan help of op iemand se spoor sit. Jy kan ook op hulle website gaan loer.
Groete
Elmo
Re: Heinings elektrifiseer
Posted: Mon Nov 30, 2015 6:27 am
by Eduard Venter
Bakkies303 wrote:Eduard, ek dink jy kan probeer om Stafix te skakel. Ek weet hulle is groot in die "electric fencing", so ek glo hulle sal jou kan help of op iemand se spoor sit. Jy kan ook op hulle website gaan loer.
Ek het op die website gaan kyk dankie. Dit lyk of ek sal regkom daar.
Re: Heinings elektrifiseer
Posted: Mon Nov 30, 2015 8:48 am
by hierswolf
Eduard, dit werk baie goed. Ek gebruik dit om beeste te laat drukbewei op 6ha op 'n slag.
Ek gebruik nou hierdie energiser wat soos 'n bom werk:
http://www.nemtek.co.za/agricultural/en ... solar.aspx
Hy het 'n ingeboude regulator en 'n solar panel wat aan hom vas kom. Die hele eenheid gly oor die kop van 'n y-std en is baie maklik om te skuif. Al wat jy by moet kry is 'n battery en sommer 'n plastiek boks om dit in te sit.
Hierdie is die tou wat ek gebruik. Dit werk lekker maklik en die beeste sien hom goed.
http://www.nemtek.co.za/agricultural/wi ... 400-m.aspx
'n Paar wenke:
[*]Die beeste moet eers die tou leer ken. 'n Paar van hulle spring vorentoe as hulle hom die eerste keer voel. Stel die tou iewers in hulle huidige kamp op vir so week of twee waar hulle hom kan toets. My beeste ken hom nou al so goed dat ek hom kan afsit vir 'n paar weke voor hulle agter kom hulle kan hom spring.
[*]Span drie lyne: live, earth, live. As die grond droog is skok die live alleen nie voldoende nie.
[*]Ek sit my y-std pale 50m uit mekaar met drie droppers tussen in, maar ek glo jy sal dit kan rek, veral as jou beeste die tou ken.
[*]Brug jou live drade elke paar honderd meter. As 'n lyn breek iewers sal die brug weer daai draad krag gee na die breek.
[*]Oorweeg om die earth draad ekstra earthspikes te gee elke paar 100m. Hoe nader die bees is aan 'n earthspike, hoe meer gaan hy geskok word.
[*]Kry 'n fence scope. Dit gaan jou BAIE tyd spaar om probleme te kry op die heining.
Re: Heinings elektrifiseer
Posted: Mon Nov 30, 2015 9:15 am
by Eduard Venter
hierswolf wrote:Eduard, dit werk baie goed. Ek gebruik dit om beeste te laat drukbewei op 6ha op 'n slag.
Ek gebruik nou hierdie energiser wat soos 'n bom werk:
http://www.nemtek.co.za/agricultural/en ... solar.aspx
Hy het 'n ingeboude regulator en 'n solar panel wat aan hom vas kom. Die hele eenheid gly oor die kop van 'n y-std en is baie maklik om te skuif. Al wat jy by moet kry is 'n battery en sommer 'n plastiek boks om dit in te sit.
Hierdie is die tou wat ek gebruik. Dit werk lekker maklik en die beeste sien hom goed.
http://www.nemtek.co.za/agricultural/wi ... 400-m.aspx
'n Paar wenke:
[*]Die beeste moet eers die tou leer ken. 'n Paar van hulle spring vorentoe as hulle hom die eerste keer voel. Stel die tou iewers in hulle huidige kamp op vir so week of twee waar hulle hom kan toets. My beeste ken hom nou al so goed dat ek hom kan afsit vir 'n paar weke voor hulle agter kom hulle kan hom spring.
[*]Span drie lyne: live, earth, live. As die grond droog is skok die live alleen nie voldoende nie.
[*]Ek sit my y-std pale 50m uit mekaar met drie droppers tussen in, maar ek glo jy sal dit kan rek, veral as jou beeste die tou ken.
[*]Brug jou live drade elke paar honderd meter. As 'n lyn breek iewers sal die brug weer daai draad krag gee na die breek.
[*]Oorweeg om die earth draad ekstra earthspikes te gee elke paar 100m. Hoe nader die bees is aan 'n earthspike, hoe meer gaan hy geskok word.
[*]Kry 'n fence scope. Dit gaan jou BAIE tyd spaar om probleme te kry op die heining.
Dankie. Ek wil nie so lang stuk hardloop nie net so 500m op n slag. Maar dit lyk na n baie oulike stelsel. Staffix het n energiser met n sonpaneel wat tot een km draad hardloop. Dis meer waarna ek kyk