Page 1 of 1
Lynx parallaks
Posted: Thu May 24, 2012 4:37 pm
by DawieKotze
Ek het 'n Lynx 3-9x42 vir hele paar jaar al op my .308 Win.
Die laaste tyd kom ek agter dat die kruishaar skuif met omtrent 'n duim op 100 meter as ek my kop beweeg. Dit is met 9x vergroting.
Ek is redelik seker die scope is veronderstel om parallaks vry te wees rondom 100 meter.
Kan 'n scope se parallaks "uitstel" na jare se gebruik?
Re: Lynx parallaks
Posted: Thu May 24, 2012 4:49 pm
by Tiny
Madako..
Ek het 'n 6-24x42 Lynx op my 30-06.. En het dieselfde ondervinding gehad, maar dis op 'n BAIE kort afstand.. Soos 10m.. Op 100m is hy egter reg en ek het met Oom Jannie gepraat toe se hy ek hoef nie bekommerd te wees nie.. Daar is wel 'n manier hoe jy 'n parallaksvrye scope se parallaks kan stel.. Ek weet jy stel voor aan die lense maar ek is te onkundig om presies te weet.. Een van die ervare manne sal moet help.. Anders stuur jy hom terug vir Lynx.. Hulle het mos lewenslange waarborg, dan nie??
Hoop jy kom reg
Groete
Tiny
Re: Lynx parallaks
Posted: Thu May 24, 2012 6:43 pm
by Dawie
madako
Leopold se teleskope wat nie verstelbare parralaxe knoppe het nie, gewoonlik dies met onder 12 vergroting se paralaks word by die fabriek gestel vir 150yds as ek reg kan onthou.
Miskien moet jy kyk wat maak hy op 150yds.
Wat jy s? van die verskuiwing op 100m is nie so vreemd nie.
??
kojak
Re: Lynx parallaks
Posted: Thu May 24, 2012 10:34 pm
by Piet Breedt
Jy kan van die scopes wat voor n "lockring" op die lens het se paralax self stel deur die voorste lens bietjie in of uit te draai. Die groot Nikko Sterlings wat ons op die luggewere gebruik stel ons self om vanaf 8.5m paralax vry te wees. Die lockring het 2 sulke klein kepies in waar jy hom kan grip om los te draai, dan draai die lens maklik. Nie alle scopes kan dit doen
Re: Lynx parallaks
Posted: Fri May 25, 2012 8:06 am
by DawieKotze
Dankie vir die replys!
Ek het ook aan Lynx die vraag gestuur en wag nog vir terugvoer.
Piet - as mens nou self die werkie doen, verval jou waarborg dan nie?