Page 1 of 2
Rangefinder
Posted: Thu May 24, 2012 10:30 am
by Hercules Breitenbach
More manne!
Ek is in die mark vir 'n rangefinder. In my onkunde oor rangefinders wil dit vir my voorkom asof Leupold se RX750 die pyp kan rook.
My vraag is, is dit regtig nodig om R3500.00 aan 'n rangefinder te spandeer? Is daar iets anders wat julle sal voorsel?
Re: Rangefinder
Posted: Thu May 24, 2012 10:42 am
by Hercules Breitenbach
Dag Ludwig,
Ek wil hom kan gebruik in die bosveld sowel as in die kalahari m.a.w. seker 50mtr tot 300mtr as ek moet raai. Meet 'n rangefinder net in "yards"? Is dit hoekom jy s? die afstand moet deur 2 gedeel word?
Re: Rangefinder
Posted: Thu May 24, 2012 10:49 am
by Jakkalsgat
Hercules
Die meeste rangefinders het 'n opsie waar jy hom kan stel op yards of meter.
Groete
Jaco
Re: Rangefinder
Posted: Thu May 24, 2012 10:54 am
by Hercules Breitenbach
Wat gebruik julle?
Re: Rangefinder
Posted: Thu May 24, 2012 11:17 am
by Vlakvark
Ek het die vorige Leupold RX 1000 TBR
Sien die nuwe een is RX 1000I TBR
Tot op 300m sal hy doen wat jy wil he
http://www.leupold.com/hunting-and-shoo ... gefinders/
Ek is heel tevrede met myne
Re: Rangefinder
Posted: Thu May 24, 2012 5:36 pm
by bullseye
Hercules ek wil nie jou post hi-jack nie maar het toevallig vandag op die rangevinder afgekom:
http://www.gseven.com/products/G7-BR2 kyk bietjie daar lyk my die rangefinder kan alles doen, ek hoop Ludwig sien dit raak en Baboonstalker sal graag wil hoor wat hulle s?.
Groetnis
Bullseye.
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 12:17 pm
by bullseye
Ludwig
ek het gehoor later vanjaar gaan leica sy 1600B uitbring, op vorige post het ek uitgevra oor die leica1600 en Baboonstalker het ges? die rangevinder het te veel fieterjasies wat nie regtig werk nie dink jy die1600b sal beter wees?
Ek het Carlock se kommentaar gelees en hy was baie tevrede met die RFG7 .Kan die vector ook doen wat die RF kan doen of kan hy net range?Ek verstaan die vector is die akkuraatste. Maar as n rangefinder vir my n kompleet solution gee vir n ver skoot sal ek dit eerder oorweeg.
Bullseye.
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 12:25 pm
by BenG
Ranger laser rangefinder LRS-600 word deur Lynx versprei en gevolglik kan mens dieselfde diens verwag as iets verkeerd loop as op 'n Lynx teleskoop.
Ek het vir myne minder as R2000-00 betaal.
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 12:31 pm
by Hercules Breitenbach
Dag BenG,
Waar het jy hom gekoop?
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 1:09 pm
by BenG
Hercules Breitenbach wrote:
Dag BenG,
Waar het jy hom gekoop?
Camdix in Krugersdorp.
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 1:10 pm
by Pvdw
Vir R3500-R4000 koop ek die Nikon 1000AF Beter waarde vir geld gaan jy nie sommer kry nie
Een van die manne op die forum wat weet het my omgepraat om hom te koop en ek kan sien hoekom.
Peet
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 1:13 pm
by Hercules Breitenbach
Pvwd,
Dis die antwoord waarvoor ek gewag het.
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 1:33 pm
by Pvdw
Nikom se rep het so v?r gegaan om my die 550 en die 1000 te leen vir 'n naweek om mee te speel.
Daar is dag en nag verskil tussen die 2
Die ranger van Lynx is ook nice maar nie in die klas van beide die Nikons nie maar tog goed vir R2000.
Peet
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 1:37 pm
by Hercules Breitenbach
Dink ek gaan daai Nikon 1200S dan maar probeer.
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 1:39 pm
by Hercules Breitenbach
Peet,
Dink jy die 1000 is nog beskikbaar? Ek sien net die 1200...
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 1:44 pm
by Pvdw
Die 1000 AF is die nuutste model, die 1200 is ouer en word deur die 1000 vervang.
Peet
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 2:00 pm
by Marc
Pvdw wrote:
Nikom se rep het so v?r gegaan om my die 550 en die 1000 te leen vir 'n naweek om mee te speel.
Daar is dag en nag verskil tussen die 2
Die ranger van Lynx is ook nice maar nie in die klas van beide die Nikons nie maar tog goed vir R2000.
Peet
Dags? Peet
Wat was die uiteinde toe gewees. Hoe v?r kap daai Nikons 'n bok akuraat
Groetnis
Marc
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 2:09 pm
by Pvdw
Marc ek het met die 2 Nikons en 'n Leica gespeel daai naweek.
Ons was so paar manne daar en die verste wat ons die 3 kon vergelyk was net so oor die 450m. Dit was ongelukkig nie na bokke toe nie naar grooter voorwerpe in die veld. Al 3 was tot en met 1m van mekaar af al die pad tot op 450m maar dis groot voorwerpr gewees.
Wat my egter gerus gestel het was dat die 2 Nikons tot en met 200m elke keer met miskien 0.5m van die Leica verskil het op klein voorwerpe. Ons het by na 5l verfblik op 120m gerange, kiewiete op so 80m en merkers wat aan die draad heining hang op verskillende afstande.
Die Nikon 1000 is duidelik helderder as die 550, geen twyfel.
Peet
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 2:11 pm
by Marc
Dankie man, sit bietjie lig op die onderwerp

Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 2:12 pm
by BLOK
Daai Nikon het ook nie terug gestaan met die tyd wat dit hom vat om die lesing te gee nie.
Het jy toe daai een gekoop Peet
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 2:17 pm
by Pvdw
Hi Blok, ja ek het toe die 1000AF gekoop en is nie spyt nie. Hy ry saam as ek met die jakke gaan gesels en en sie 1000AF het die verligte beeld in die nag, als word so oranje en dan sien jy baie mooi wat aangaan.
Marc, Blok was ook een van die manne daar en ons het almal al te lekker met die 3 rangefinders gespeel.
As geld nie 'n probleem is nie glo ek die Leica is die beter keuse maar die Nikon 1000AF sal enige jajter puik diens gee.
Peet
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 2:20 pm
by Pvdw
Ludwig my werk blok Nikon se site. Sal loer as ek tius is en dit hier plaas.
Peet
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 2:25 pm
by Pvdw
Manne ek praat so lekker ek besef nie eers ek maak 'n fout nie

Dis die
1000as en nie 1000AF nie.
Hier is hy.
http://www.nikon.com/products/sportopti ... /index.htm
Dis sov?r ek weet die enigste range finder wat of die naaste of die v?rste voorwerp kan range. Jy kan bv. deur die draadheining range na die bok aan die anderkant.
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 2:34 pm
by Hercules Breitenbach
Ek soek ook een!!
Re: Rangefinder
Posted: Fri May 25, 2012 2:35 pm
by Pvdw
Ludwig het die 1200 ook al daai funksies van die hoekke en hoogtes in soos die 1000?
Ek sal net kon raai dat as die 1200 dit nie het nie die 1000 met daai funksies dalk 'n aantreklikker opsie sal wees
Peet