Page 1 of 1
Taurus PT92 advies
Posted: Tue May 22, 2012 7:28 pm
by Corne Basson
Naand manne
Ek stel belang om n nuwe Taurus PT92 (9mm) te koop.
Ek wil net hoor wat dink julle manne van die pistool?
Betroubaarheid? Kwaliteit? Probleme? ens.
Sal dit waardeur as ek bietjie hulp kan kry.
Dankie
Re: Taurus PT92 advies
Posted: Wed May 30, 2012 4:53 pm
by Hercules Breitenbach
Wat van 'n Glock?
Re: Taurus PT92 advies
Posted: Wed May 30, 2012 7:29 pm
by Homer
Ek dra 'n Taurus Pt 92 elke dag all vir 18 jaar. Nog geen probleme nie. Sal hom nou uithaal en skiet.
Baie betroubaar en met hammer drop safety kan jy een in die loop drae sonder enige probleme
My 2 sent
Re: Taurus PT92 advies
Posted: Thu May 31, 2012 11:32 am
by Wouter Roets
Hallo Corne
Het myne ook al n geruime tyd en sal hom enige dag aanbeveel! Hy hoef geensins terug te staan vir die ander make nie en ek beskou Braziliaanse staal as van die beteres.
Groetnis
Wouter
Re: Taurus PT92 advies
Posted: Thu May 31, 2012 12:15 pm
by Corne Basson
Dankie vir die terugvoer manne. Dit lyk na n goeie koop. Wat sal n goeie prys wees vir hulle. Ek sien East rand shooting club verkoop hulle vir R6000 en dit was die goedkoopste wat ek kon kry. Ek ht al na di glocks gekyk maar hulle is maar duur.
Re: Taurus PT92 advies
Posted: Fri Jun 01, 2012 12:42 am
by Gerard
Die Taurus PT92 het die beste veiligheidsknip (op die raam) as mens vergelyk met die nuwe Berettas met die knip op die glystuk en die Glock wat geen veiligheidsknip het nie. Die eerste Beretta 92 pistole het ook die veiligheidsknip op die raam gehad maar die magasynknip was op die onderkant van die greep.