Page 1 of 3

Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 8:38 am
by Chevvy SS
Ek soek hier die "kundiges"en wiskundiges se raad asb.

'n Springbok hardloop plankdwars voor my verby op +- 150m teen 80 km/h. (Wikipedias ? hulle kan 90 haal.)

My koe?l se spoed is 900 m/s (amper 3000vt).

Hoe ver voor hom mik ek?

(Moenie s? met my 243 twee voet voor, en 22.50 een voet voor nie: werk op die gegewens)

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 8:48 am
by VdWalt
3.703 meter voor die kop as jy hom in die kop wil skiet  ;D

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 8:53 am
by Beyers
op48kmpu 7.6 duim

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 8:55 am
by Geno
Watse koeel gebruik jy?

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 8:55 am
by Alvar
Yip, 3.703m voor die springbok!

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 9:09 am
by Dippies
Wag tot jy staan dan skiet jy hom op hom  ;D ;D

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 9:11 am
by Foxhound
Met watse kaliber en punt gewig skiet jy maat

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 9:20 am
by Chevvy SS
Foxhound wrote: Met watse kaliber en punt gewig skiet jy maat
Kom ons werk op 7x64, 120g mono Jakkalshond.

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 9:23 am
by Zack Benade
Stem saam Ludwig. 
Die spoed van die koeel is ook 'n veranderlike. 
Dit sal egter nie 'n groot invloed h? op die finale bereking nie.

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 9:26 am
by VdWalt
3.909  ;D voor die bors - vergeet van die kop. (My antwoord tot Ludwig dit weer kom omkrap!)

Ludwig daar waai iks wind nie!

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 9:44 am
by Dawid
Watse gesukkel is dit.....daai bok gaan jou die plaas wys... ;D ;D

Wag tot hy stop om te kyk hoekom jy nie skiet nie, vat lekker dooierus en skiet hom om.. :laugh: :laugh: :laugh:

Groetnis

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 9:45 am
by Dawie
.308 150gr Gameking BC 0.483 @ 900m/s
Temperature: 11.1 ?C Pressure: 27.85 in Hg
Humidity: 0 % Altitude: 600.0 m

Lead vannaf waar jy DIE BOK WIL SKIET  3.974m

Of dail jou scope 364.3 clicks in die rigting wat die bok hardloop

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 10:10 am
by Dawie
Ludwig wrote: En as jy die afstand met 20m mis geskat het, en die bok is in werkllikheid op 170m, maar al jou wiskunde is verder 100% reg, gaan jy hom steeds met 0.55m mis van waar jy gemik het. Dis so amper 22".
Ludwig

Nie noodwendig nie want daar's minder as 1 MOA verskil in wat ou moet afmik tussen 150m en 170m

150m Lead 91.1 MOA

170m Lead 92 MOA

Kojak

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 11:43 am
by Boesman
Het die roer 'n knaldemper op of nie?  :P

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 12:48 pm
by Dawie
Ludwig jy's reg

150m    91.1MOA 3,974m
170m    92.0MOA 4,548m

Op die 20m verskil dan    0.574m = 22.6 duim

Die punt wat ek wou maak is as jy bv. met mill-dots lead gaan jy die bok nog raakskiet. 

As jy op letterlikke afstand lead voor die bok mik gaan jy mis.

Ek moet net noem dat 92 MOA = +-25.5 mil en ek dink nie daar's 'n scope wat daai hoeveelheid mil-dots na 'n kant na 'n kant toe wys nie so my punt is heeltemal onprakties in die voorbeeld,  as die bok stadiger hol miskien dalk.

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 1:29 pm
by Piet Breedt
Ry die bakkie ook, of staan hy stil................................grap net

Ek sal nie daardie skoot waag nie

n Springbok wat draf is n ander storie

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 1:34 pm
by LoveHenties
Piet Breedt wrote:
Ek sal nie daardie skoot waag nie
Amen. Ek het nie soveel selfvertroue nie.

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 1:43 pm
by Dawie
Ek het al die sommetjies voorheen gemaak op bees wat wild geraak het by my hulle hol tot 45km/h ek dink nie meeste mense besef nie hoe v?r 'n mens moet lead al hol 'n ding ook baie stadiger nie. 

So ek s? met respek.... die gemiddelde jagter weet dit nie en daarvan nie in my opinie die boudskote ens.  En dwars hardloop kopskote in my opinie by meeste mense luck.

Ludwig tjek die Edit op my vorige post...Jy's weereens reg

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 1:45 pm
by Dawie
Ludwig

Moet s? ek hou ook baie van die klas sommetjies

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 2:00 pm
by Dawie
Ek dink dan het 'n ou 'n scope met 'n rangefinder, elektroniese kompas en computer nodig!! 

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 2:06 pm
by LoveHenties
Dawie wrote: Ek dink dan het 'n ou 'n scope met 'n rangefinder, elektroniese kompas en computer nodig!!
Image

Daai een kan dit doen. Ek het op sy SW gewerk, dis nogal moeilike sommetjies daai...

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 2:13 pm
by JK
Lyk my julle gaan almal te ver voor skiet. 
As jy die geweer op die bok hou terwyl hy hardloop  trek die die patroon ook met daai selfde snelheid 'vorentoe' soos die bok hardloop. So eitlik geen kompensasie daar voor nie, of baie min want die lugweerstand wat n effense spoed vetraging veroorsaak wat jy moet voor kompenseer. Ek kan julle daai formules gee, maar ons praat van duime en nie meters nie.
Tensy hom hom inwag en die geweer stil hou, dan kan dit seker n meter of twee voor die bok moet wees volgens die tyd wat die koeel vat om by die bok en die bok se spoed, wat 3.711 meter is.

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 2:26 pm
by Louis102
JK ek dink jy maak 'n berekenings fout.  Weet nie hoe die som werk nie, maar afmik gaan jy ver moet afmik, al beweeg die roer saam in die rigting wat die bok beweeg.  Vra my hoekom ek weet - dis iewers tussen 1 en 5 jakkalse voor toegee met 'n 70gr 6mm koeel wat teen 3500fps trawwel, alles hang af hoe ver die jakkals is wat dwars voor jou verby hardloop.  En 'n Jakkals se hardloop is baie stadiger as 'n springbok, weet ek.  'n Jakkals reguit weg van jou of selfs skuins weg van jou is baie makliker om raak te skiet.

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 2:28 pm
by JK
Jy beweeg die geweer/koeel teen dieselfde spoed as jy die wat die bok beweeg, so jy bou reeds daai vorentoe spoed in by die patroon se trajek. 

Maar gaan try dit as jy my nie glo nie. ;D  Soos gese net die lug weerstand wat die die komplikasie is, wat jy moet kompenseer voor.

Re: Waar mik ek?

Posted: Tue May 22, 2012 2:30 pm
by Chevvy SS
Dankie manne, my bok hang nou in die koelkamer.  ;D