Jagplek gesoek
Posted: Mon May 21, 2012 2:04 pm
Goeie middag manne met die plase en kontakte,
Sien asb versoek hieronder van 'n groep wat jagplek soek. Ek het dit soos ontvang gecopy en paste. Ek het die manne ook aanbeveel om aan te sluit op die forum want ek glo dat hul baie waarde hier kan put en hopelik gereelde jagplek kan kry waar beide partye gelukkig is.
Groetnis
Sarel
"Ons het vanmiddag gepraat dat jy dalk weet van plekke waar ?n mens nog teen ?n redelike prys kan jag.
Ons is ?n groep van tussen 6 tot 8 jagters wat al jare saam jag. Ongelukkig is die persoon wat altyd ons jagtogte gereel het nie meer in die soort besigheid nie ens moes ons maar die afgelope twee jaar maar redelik rondval om geskikte plekke te kry. Van ons groep is al redelik bejaard, ekself is 73 jaar jonk, en kan 4 van ons nie baie ver stap nie en ons sou graag van ?n bakkie wil skiet. Die ander 4 van die groep is so tussen 30 en 40. Ons kan ons eie jag voertuig voorsien.
Die akkomodasie moet goed wees en daar moet redelike kookgeriewe wees en natuurlik ?n groterige vrieskas en yskas. Ons groep is professionele mense maar kuier lekker in die aand. Ons drink nie in die jagveld nie.
Ons is biltong jagters en skiet altyd ?n redelike hoeveelheid wild hoofsaaklik koedoe,rooibokke en blouwildebeeste. Gemiddeld skiet ons gewoonlik so tussen 30k tot 50k se wild."