Page 1 of 3

Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 11:54 am
by Vincehond
Hier is 'n geleentheid om 'n droomjag te wen manne en dames.

Ek en Peet(MOLOPOHUNTER) het 'n buffelkoei in die Laeveld naby Phalaborwa gekoop waarby ons julle 'n geleentheid wil bied om dit te jag deur kaartjies aan die lede van Jaracal asook ander jagters  te verkoop.

Die prys sluit die volgende in:
1. Goeie verteenwoordigende buffelkoei.
2. Verblyf vir 2 persone vir 5 dae in 'n lodge van 21 tot 26 Augustus 2012 naby Phalaborwa.
3. Jag voertuie
4. Gidse
5. Beroepsjagters
6. Slagkostes

Vervoer, etes en drank is nie ingelsuit nie.
(As daar nog mense saam die wenner wil kom is gewone dagfooi van die lodge betaalbaar.  Ander wild kan ook deur die wenner en sy gas/gaste gejag word as gereel word met ons vroegtydig)

Die trekking van die wenner vind plaas 7 Julie om 09:00 by FISHERS/SHOOTERS in Lichtenburg. (As daar van julle naby is of 'n wegbreek wil maak ons gaan 'n lekker braai en skiet hou na die trekking)
Sal ook direk na die trekking bekend gemaak word op die forum wie die wenner is.

Kompetisie reels:
1.  Deelnemers koop kompetisie kaartjies teen R200 per kaartjie - daar is geen beperking op die hoeveelheid kaartjies per deelnemer    nie.
2.  5% van die totale Jaracal lede opbrengs word geskenk aan die JARACAL fonds rekening.
3.  Kaartjie gelde moet oor betaal word in die volgende rekening:

MOLOPO WILDLIFE & HUNTING
FNB TJEK Rek: 62340262568
Takkode:250655


BAIE BELANGRIK! Indien julle kompetisie kaartjies koop moet die deelnemers vir my asb. 'n EPOS stuur met die hoeveelheid kaartjies wat aangekoop is asook die bewys van betaling na vincentclack@gmail.com. Ek sal dan vir julle terug reply met julle kaartjie nommers.
Gebruik FORUM NAAM/JARACAL as verwysing.


Kompetisie begin vandag 21/05/2012



Mense as hierdie kompetisie 'n groot sukses is sal ons dadelik weer so een op die been bring met 'n buffelbul of leeumannetjie.


Sterkte aan almal.

Groete Vincent/Peet

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 12:00 pm
by grumpy
Dis nou vir die manne met die kanonne. Ons met die ketties sal maar luister!! ;D

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 12:02 pm
by molopohunter
Mooi gestel ou Vince, laat die wiele rol.

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 12:03 pm
by molopohunter
grumpy wrote: Dis nou vir die manne met die kanonne. Ons met die ketties sal maar luister!! ;D
Vir die manne wat worry oor die regte wapens, ek het n ekstra 375 en 416, Vince het ook 375 en 416...

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 12:05 pm
by Jakkalsgat
Ek is in, wat gebeur met die vleis?

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 12:07 pm
by molopohunter
Vleis moet net gedroog wees, maar jagter kan hele buffel neem.

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 12:13 pm
by grumpy
Tandaarts rekening ingesluit? ;D

Dit klink na n champion jag daai!!

Geniet dit! ;D

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 12:15 pm
by Marc
grumpy wrote: Dis nou vir die manne met die kanonne. Ons met die ketties sal maar luister!! ;D
Ag nee man Grompie hoe nou, hier is baie manne wat kannone het, as jy wen is ek seker iemand sal jou uithelp  ;D Nooi hulle net saam  8) Dis 'n Buffel jag  :o nie 'n Blesbok nie  ;)

Ek dink ek gaan die een ook 'n skoot gee, kyk wat byt in die dam as 'n man lyn natmaak  8)

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 2:52 pm
by Hugov
Bargain ek's in!
Groete H

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 3:23 pm
by G-force
Is daai buffeltjie doenbaar met n trad boog?

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 4:10 pm
by Hugo
Plaas vir ons n foot van die koei asb, ek stel ook belang!

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 5:00 pm
by VdWalt
Hugo wrote: Plaas vir ons n foot van die koei asb, ek stel ook belang!
Hugo, jy hoef haar nie te soen nie, net skiet! Hie hie! Ek glo nie dit is n spesifieke
koei nie, maar laat ons hoor wat se die manne wat dit reel.

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 5:05 pm
by Foxhound
MANNE LAAT WEET VIR ONS WANNEER ONS KAAARTJIES KAN KOOP, ONS IS DEFENISLIS IN

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 5:10 pm
by Vincehond
Daar nie n foto beskikbaar omrede:
Daar is nie n spesifieke buffel nie maar sal n goeie verteenwoordigende trofee wees.
Dis groot volwasse ou koeie wat uit n teel projek kom so die horing lengtes op al die n diere is goed en jagter sal kan kies.
Hul loop al vir n lang tyd op die jag gedeelte van die plaas en gaan verseker nie n maklike jag wees nie. Jy gaan moet werk vir jou buffel.

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 5:12 pm
by Vincehond
Manne die kompetisie is aan die gang. eerste manne het al gekoop en ek het al hul kaartjie nommers gestuur vir hulle

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 5:18 pm
by Freek
Ja nee, lyk my hier is werk vir my .303... 8)

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 5:28 pm
by VdWalt
Freek wrote: Ja nee, lyk my hier is werk vir my .303... 8)
Haha self gewonder wat sal 200gr TSX uit die 300 maak?

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 5:28 pm
by Vincehond
Die manne wat nie die gunne het vir buffeljag, daar is nie fout nie.
Ek het 416 Rigby en 375 Ruger en Peet het 416 Ruger en 375 Ruger waarmee geskiet kan word. Wat ookal jou keuse is.

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 5:30 pm
by Vincehond
VdWalt wrote:
Freek wrote: Ja nee, lyk my hier is werk vir my .303... 8)
Haha self gewonder wat sal 200gr TSX uit die 300 maak?
200 grein TSX sal dodelik werk.

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 5:35 pm
by Freek
Julle lag, as daai koei opkyk dan stoot jy die pil in haar neus gat op...

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 5:58 pm
by Gerhard
Ek is in!!!

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 6:21 pm
by Geno
Vince,
Ek's in op een voorwaarde: As ek wen, wil ek met my twenty five gooi. Een 85gr GSCHV sal verseker die job doen!
Gee jy net 'n gunbearer om daai 7.25kg stapjag geweertjie vir my te dra op die jag.

Groete,
Eugene

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 6:34 pm
by Marc
Geno wrote: Vince,
Ek's in op een voorwaarde: As ek wen, wil ek met my twenty five gooi. Een 85gr GSCHV sal verseker die job doen!
Gee jy net 'n gunbearer om daai 7.25kg stapjag geweertjie vir my te dra op die jag.

Groete,
Eugene
Ok Chuck se baas, bel vir Mr Norris om jou back up te wees  ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 6:39 pm
by G-force
Marc moenie worry nie,ek back hom sommer met 17HMR:)

Re: Buffelkoeijag kompetisie.

Posted: Mon May 21, 2012 6:45 pm
by Vincehond
Geno ek is min gespin. Kap hom met net wat jy wil. Ek weet ek kan vinniger hardloop as jy ;D ;D ;D