Page 1 of 1

Sabots

Posted: Wed Jan 21, 2009 6:09 am
by Freek
Goeie dag manne!

Het enige iemand van julle al gebruik gemaak van "Sabots" (b.v. 308 gelaai met .22 of .224 kaliber punte, die punt word in 'n plastiese omhulsel geplaas wat die groewe van die 308 vat en sodra die spulletjie die loop verlaat bly die plastiek omhulsel agter en slegs die koel punt vertrek verder om die teiken te tref)?

Ek dink nogal dit kan 'n goeie opsie wees vir die ouens wat nie wild-cat kalibers het of kan bekostig nie. Sal graag julle insette wil lees oor hierdie onderwerp aangesien ek self omtrend geen kennis dra van hierdie manier van skiet nie. Ek weet dat die goed beskikbaar is, Hornady bou hulle, maar het dit self nog nooit gebruik nie. Hoop julle kan meer lig op die onderwerp gooi... 8)

Re: Sabots

Posted: Wed Jan 21, 2009 9:08 am
by johan
TERMINATOR
Exselerators is slegs beskikbaar in fabrieksgelaaide ammo,en dan ook net in Dertig nul kwes,dis redelik duur,en meestal onakuraat teen 4000 voet omdat die twist normaalweg ook verkeerd is.Om dan daai plastiek uit jou loop te kry voordat jy weer gewone boollets kan skiet is ook n ander storie.Van die ander ouens is dalk beter ingelig?

johan...QBE

Re: Sabots

Posted: Wed Jan 21, 2009 9:09 am
by Mountainman
Freek,
Ja Hornady bou Sabots, maar net vir voorlaaiers. Die sabots wat jy van praat wat .30 cal is en dan die .223 punt vat word deur Ammo-one gemaak in die States.
Die spoed wat bereik word volgens hulle tabelle is naby die 4000fps. Soos jyweet het ek van hulle maar nog niemet dit begin speel nie. Die laai metodie is basies die volgende, skep die 308 dop vol S335 en druk die punt in. Ok nie heeltemal nie, dit moet af geweeg word, maar dit is basies wat dit op neer kom.

Nadeel is dat jy plastiek in die loop kry en die grootste nadeel is dat jy nie die sabots deur 'n silencer kan skiet nie want hy gaan binne in die silencer agter bly.

Re: Sabots

Posted: Wed Jan 21, 2009 9:21 am
by Freek
Dankie vir die reg help Michiel! Dis maar moeilik vir iemand soos ek om betroubare kennis in die hande te kry en te onthou... Miskien sal dit goed wees,  as jy vir ons 'n foto of 2 kan stuur met voorbeelde van die SABOT en punte en hoe die spulletjie in mekaar pas, ek's seker die ander manne sal daarvan hou.

Ja elke sport het sy beserings, en ek lees op WS 'n waar stelling raak dink dis Henk s'n wat min of meer so lees - "ons kan nie die wind rigting verander van die winde van verandering wat so rof waai nie maar ons kan sekerlik ons seile aan pas om hierdie veranderings beter te ekomodeer..."

Re: Sabots

Posted: Wed Jan 21, 2009 3:34 pm
by Mountainman
Nie 'n probleem nie Freek.  ;)

Ek het jou lank al gese - ek weet alles, ek het net sommige goed al vergeet!  ;D  ;)

Nee ek grap net.
Sal kyk dan neem ek fotos vanaand van die sabots.

Re: Sabots

Posted: Mon Jan 26, 2009 10:07 am
by Mountainman
Manne hier is 'n foto van die sabots - ongelukkig was ek haastig van oggen toe ek die foto geneem het met my selfoon, so die kwaliteit is effe sleg  :-[

Image

Die linker 308 patroon is die Hornady SST 380gr terwyl die regterkantste patroon die een is met die Sabot. Die sabot is gelaai met Hornady se .223 55gr V-max.

Re: Sabots

Posted: Mon Jan 26, 2009 10:29 am
by Freek
Ek neem aan jy wou se 180gr SST... Daai perdebye lyk of hulle ver kan steek  ;)

Re: Sabots

Posted: Mon Jan 26, 2009 12:15 pm
by Mountainman
??? Uh, ja Freek  :-[ knoppie fout.

Re: Sabots

Posted: Sun Feb 08, 2009 7:48 pm
by Mountainman
Hier is twee beter fotos van die sabots.

Image

Image

Re: Sabots

Posted: Sun Feb 08, 2009 10:23 pm
by tafjak
Mman

Lyk my ek moet die sabots probeer, met my skietvemoe sal ek seker meer goed dood kry as die plastiek ook bykom om te help.

Taffie

Re: Sabots

Posted: Sun Feb 08, 2009 10:43 pm
by Freek
:) ;D, as daai skoot nie afgaan nie haal jy die patroon uit en gooi hom dood...

Re: Sabots

Posted: Mon Feb 09, 2009 8:21 am
by JACQUES BOTHA
vertel ons biki hoe akkuraat is die nuwe tegnologie.. Ek is maar van die bang en skaam tipe ... sal maar nie daai plastiek in my loop skiet nie,,netnou skiet ek so baie dat my loop van binne na buite smelt van die plastiek wat begin brand. Amper soos die manne wat windbuks koele in die olie, diesel doop vir ekstra woema...lol

Re: Sabots

Posted: Mon Feb 16, 2009 1:01 pm
by Mountainman
Jacques,
die sabots is net vir jou .30 kalibers. Jy kan dan 'n .223 punt in die sabot laai en hom verskriklik vinnig laai.
Nadeel van die sabot is dat jy plastiek smeering in jou loop kry en jy kan hulle glad nie deur 'n knal demper skiet nie.
So daar is voor dele en nadele soos met alles.

Re: Sabots

Posted: Mon Feb 16, 2009 3:02 pm
by JACQUES BOTHA
Sabots:
ek dink net daai shape en size kan jy maar net sowel die ligste moontlike punt laai en die met maks lading skiet. ek kan nie sien dat daai punt op 200 meter sal groepeer nie.... en ek dink na 250 meter val daai ding soos n klip reguit grond toe...maar ek mag verkeer dwees ----amper soos hoe hoger jou scope gemont is hoe beter jou trajek...toe ek verkeerd was, want dit blyk daar ver beter te wees..... nogtans sal ek ma harregat bly en so laag as moontlik monteer .....omdat ek dit so verkies...

Re: Sabots

Posted: Mon Jun 29, 2009 5:30 pm
by COUNTRY WP
Ek het sabots spesiaal laat maak,kos klomp geld. Ek het hulle toe net vinnig getoets met gewone .308 lading vir 130gr punte maar die akkuraatheid laat te veel te wense oor.Ek het toe  VSA ladings bekom op hulle kruit.Nog later het ek n tabel gekry om SA en VSA se kruit te vergelyk dan kan jy n lading uitwerk wat dalk sal werk. Ek kon dit egter nog nie doen nie, maar sodra ek het sal ek julle laat weet.Daar is baie min indien enige plastiek wat in die loop agterbly nadat jy dit geskiet het.Ek het hierdie goed spesiaal laat maak van n relatiewe harde plastiek wat  'gecopy' is van die VSA se plastiek. Sal laat weet as ek resultate het.

Re: Sabots

Posted: Tue Jun 30, 2009 7:59 am
by Ja3
C WP
Ek respekteer jou oefening met die xselerators. Die beginsel is baie oulik.
Die toleransies rondom die plastiek en punt laat my egter bietjie huiwer aan hierdie konsep se akkuraatheid en stabiliteit, wat ook maar gekorreleerd is.

My vermoede is (en ek mag verkeerd wees) dat hierdie konsep nie net ontwikkel is vir bo-natuurlike spoed nie, maar ook vir die ontwyking van die gereg en
bewyse indien iemand vermoor moes word, veral in die geheime-diens kringe.

Ja3

Re: Sabots

Posted: Tue Jul 14, 2009 8:20 pm
by Francois Marais
C WP

Enige terugvoer oor die akuraatheid van die Xcellarators.

Ja3

Ek kan jou se jy is heel in die kol
bietjie huiwer aan hierdie konsep se akkuraatheid en stabiliteit,
Het met n man gejag wat die Remington ammo se weergawe geskiet het, 55gr in n 30-06, spoed was heel goed genoeg, maar hy kon nie n Springbok op sy blad raakskiet op 200m nie.

Mooi loop

Francois

Re: Sabots

Posted: Wed Jul 15, 2009 1:16 pm
by tafjak
Enige terugvoer oor die akuraatheid van die Xcellarators.
Julle kan maar na my op 200m met darie goed skiet , belowe net julle mik na my.

Taffie

Re: Sabots

Posted: Thu Jul 23, 2009 8:09 pm
by Francois Marais
Country WP

Al enige terugvoer op daai SABOTS???

Mooi loop

Francois