Page 1 of 1

Forest Hunter

Posted: Sat May 19, 2012 2:12 pm
by Cobus(Cobb)
Wat dink julle ouens van die Forest Hunter/Rowland Ward mess wat te koop is by sekere wikels..??
Ek het baie van hulle by Zimbi gesien

Cheers

Re: Forest Hunter

Posted: Sat May 19, 2012 6:30 pm
by DWB
Waars die fotos? ;D

Re: Forest Hunter

Posted: Sat May 19, 2012 10:10 pm
by vlakvark1
DWB wrote: Waars die fotos? ;D
Wil ook weet ???
Wil ook sien ;D

Re: Forest Hunter

Posted: Sat May 19, 2012 10:46 pm
by BoogJagter111p
Goeiedag,

Dog ek help Cobb gou uit.

Ek neem aan dis die mes waaroor hy praat..?

Image

Re: Forest Hunter

Posted: Sun May 20, 2012 12:09 am
by Cobus(Cobb)
Dis hy daai ja, dankie boogjagter, my kuier mense is nou net huistoe, konnie fotos laai nie..
Wat dink julle v/die mes, ??

Re: Forest Hunter

Posted: Sun May 20, 2012 5:58 am
by vlakvark1
Cobb
Dit lyk na n mooi mes daai kan jy dalk n prys gee as dit moontlik is ;)
Boogjagter
Dankie vir foto . Weet jy dalk wat is die prys ;)

Re: Forest Hunter

Posted: Sun May 20, 2012 6:38 am
by Jacquesb
Mooi mes, goeie vorm, mooi hefmateriaal. Goeie lengte met 'n netjiese praktiese skede.
Mens moet net self besluit of die vingergroewe vir jou eie hand gemaklik is.
Waar kry mens hom in PTA en wat kos hy?

Re: Forest Hunter

Posted: Sun May 20, 2012 10:05 am
by BoogJagter111p
Dit is n plesier,

Cobb ek help maar gou weer. ;D

Hy is by Zimbi Books & Guns beskibaar vir R170.

Re: Forest Hunter

Posted: Sun May 20, 2012 11:06 am
by vlakvark1
Regtig n goeie prys. Sal bel en as hulle nie stock het nie moet hulle maar bestel

Re: Forest Hunter

Posted: Sun May 20, 2012 11:08 am
by Cobus(Cobb)
Boogjagter, dankie my maat, ek sukkel hier met sein, laptops, kuiergaste en celfoon...

Ek dink hy was R185 toe ek gekyk het, daar was seker tussen 30 en 50 messe op die toonbank.
As almal uitverkoop is, is die mes dalk nie te tros nie...
Cheers

Re: Forest Hunter

Posted: Sun May 20, 2012 11:12 am
by VdWalt
My vrou spoil my gereeld met n mes wat sy by hulle
deur die pos bestel, sonder probleme.

Re: Forest Hunter

Posted: Sun May 20, 2012 11:50 am
by Beretta
Koop cold steel se jag mes bietjie duur maar jy koop nie weer n ander jag mes nie
Beretta

Re: Forest Hunter

Posted: Sun May 20, 2012 11:51 am
by BoogJagter111p
Help graag Cobb,

Laat weet maar hoe die mes werk, as een van julle manne hom gekoop het!

Groete

Re: Forest Hunter

Posted: Wed May 23, 2012 9:36 am
by Arnold van Wyk
Zimbi, het voorraad, myne is op-pad R170.00

Re: Forest Hunter

Posted: Wed May 23, 2012 5:48 pm
by Cobus(Cobb)
Myne loop mooi, hom deur warthog getrek op 25grade, die skede is maar tosserig, maar vir onder R200 kan mens seker nie moan nie.

Cheers

Re: Forest Hunter

Posted: Thu May 31, 2012 10:57 am
by Cobus(Cobb)
Manne, ek het al baie messe gekyk maar is gladnie 'n mes kenner of "liefhebber" soos van die mes manne hier op die forum nie....
Dit werk so...ek gooi my oog oor die R150-R300 cheapies, maar koop nie, en begin dan na die R500+ messe kyk...dis mos waar die kwaliteit messe is..

So... die Forest Hunter vir R650 by "xxxxxxx" en vir R695 by  "yyyyyyy" (2 bekende gunshops) lyk dan mos na bekostigbare kwaliteit sonder om die bank te breek...??
Maar by Zimbi kry jy hom vir R170.... ;D ;D ;D

Wys jou, duurder koop wys ook soms, net die ander man se winsmarges uit

Cheers