Page 1 of 1

Wat vreet so...

Posted: Fri May 18, 2012 4:38 pm
by Gerhard
Ek het die fotos per sms gekry..

[img width=360 height=480]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... guanBn.jpg[/img]

En die een

[img width=360 height=480]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... kuanBn.jpg[/img]


Help bietjie... :o

Re: Wat vreet so...

Posted: Fri May 18, 2012 5:34 pm
by johann
Sjoh gerhard, dit is nogals 'n morsige affere. Sien daar is erg aan die neus vasgehou. Kan dit nie dalk 'n kat wees nie?? Ek al gesien waar luiperde en ander katte die dier om die neus en mond probeer versmoor as hul kake te klein is vir die keel. Die merke agter die kop weet ek nie van nie, honde miskien??? Dit maar moeilik, sal graag wil hoor wat dink die ander manne.

Groete Johann

Re: Wat vreet so...

Posted: Fri May 18, 2012 8:36 pm
by Marc
Dis darem baie morsig, my geld is op honde Wie ook al dit is weet nie lekker wat hulle doen nie, veral as mens na daai nek kyk agter die kop, hy lyk amper gevreet en nie net gebyt nie  ???

Kom ons hoor wat s? die manne wat weet  8)

Hoop hulle kry die skuldige vinnig, arme diere ly erg  >:(

Re: Wat vreet so...

Posted: Fri May 18, 2012 8:42 pm
by cassie_calvinia
lyk vir my ook na honde(dalk nie eers so wild nie)

Re: Wat vreet so...

Posted: Fri May 18, 2012 10:21 pm
by Boogjagter
Lyk soos rondloper honde. Ons het so 16 jaar terug 20 van die goed moes van kant maak wat sonder hulle eienaars uit die lokasie kom jag het. Het drie skape en 'n beeskalf so gebyt. Ons kon almal reg dokter, maar dit vat bietjie geduld. Ek het verlede jaar twee honde ingeroep en geskiet op 'n plaas naby Belfast - dis maar 'n probleem as jy naby die dorp boer.

Re: Wat vreet so...

Posted: Sat May 19, 2012 9:49 am
by Jakkalsgat
Sjoe, ek gaan nou tone trap.

Staffie se manier om bees en skaap te vreet, vriend van my moes een more hier by 3 uur eers sy 2 staffies en toe vers skiet, daai vers was ook so gevreet om die neus aan die nek en selfs ore afgevreet. Honde daar by vers doodgeskiet. Paar jaar later dieselfde ding gesien in Noordkaap paar jaar later.

So ek moet se, lyk soos hond. Bogenoemde gevalle dal toeval altwee kere Staffie maar kan enige hond met korter bek wees.

Groete
Jaco

Re: Wat vreet so...

Posted: Sat May 19, 2012 6:24 pm
by wlm
As dit honde is soek dievolgende: Jaagspore, honde is lief daarvoor om jou diere te jaag en kry hulle gewoonlik nie dadelik dood gebyt nie. Ek sien die skaap is kort geskeer, honde byt baie pluise wol uit die diere se lywe. Die bytmerke lyk soos 'n jong onervare hond, groot honde se bekke is groot genoeg met lang genoeg tande om groter stukke vleis uit te skeur.
Tot my spyt het ek heelwat ervaring met honde.

Re: Wat vreet so...

Posted: Sat May 19, 2012 11:04 pm
by stephan2
lank gelede 86 skaap met honde verloor.
staan nou  by lyn en roep haal so 20 honde per roep af.
glo my dis nie aldag lekker om n mooi dier van kant te maak.

Re: Wat vreet so...

Posted: Sun May 20, 2012 9:01 am
by wlm
Stephan
Wat se roep gebruik jy.

Re: Wat vreet so...

Posted: Sun May 20, 2012 10:58 am
by Gerhard
Die informasie wat ek ontvang het is dat die diere deur n bruin hyena gebyt is.

Daar was n klomp skaap op die selfde aand dood gebyt...

Re: Wat vreet so...

Posted: Sun May 20, 2012 3:32 pm
by johann
Gerhard, in watter area is dit? Het hul self die heina gesien? Spoor?? Hul kan ook baie skade maak.

Groete Johann

Re: Wat vreet so...

Posted: Mon May 21, 2012 8:46 am
by stan man
na my mening .brakke. het nog nie gesien wat n bruin beenbek doen nie.

Re: Wat vreet so...

Posted: Mon May 21, 2012 8:59 am
by Jakkalsgat
Gerhard

Ek was bevooreg om in die vroee negentigs saam met twee ervare jagters, 2 broers van Douglas te gaan toe Bruin Hyena klomp van hul pa se skaap doodgebyt het, ek se nie dit is nie hy die nie maar daai ding sukkel nie om te byt nie, slagtande so dik soos my duim en trap 'n spoor in die sand so groot soos 'n piering. Hulle sal definitief sien as hy daar was, hy byt sommer net dood vir die lekker daarvan en gaan oor 4 voet draad soos 'n muis oor 'n vuurhoutjie. Daar waar ons hom die nag verloor het, het hy so 50 m van ons onder 'n boom gaan le en wegkruip en het ons nie weer 'n oog gesien nie, het sy spoor eers weer volgende more kon vat en buurman het hom doodgeskiet.

So ek weet nie of die daai bruin wolf is nie.

Groete
Jaco

Re: Wat vreet so...

Posted: Mon May 21, 2012 9:08 am
by Gerhard
Dankie vir die info Jaco.

Ek stem saam n BH vat nie nonsens as hy byt nie.

Ek het die foto geplaas met die inligting wat ek vd boer af gekry het. Deur dit te bespreek kry ons lekker inligting soos wat jy deur gegee het en kan mens dan begin om jou eie gevolg trekkings te maak.

Re: Wat vreet so...

Posted: Mon May 21, 2012 9:14 am
by Jakkalsgat
Gerhard

Verseker so en dankie vir jou ook wat altyd vir ons iets interresant post.

Groete uit 'n koel Bloemfontein
Jaco

Re: Wat vreet so...

Posted: Mon May 21, 2012 9:31 am
by Smirre
Gerhard
by my skoonpa het die BH 23 almal agter die kop bebyt, op een aand

nooit weer terug gekom

Smirre

Re: Wat vreet so...

Posted: Wed May 23, 2012 5:43 am
by Gerhard
Smirre,

Het die wonde die selfde gelyk?

Dit lyk of die vel af geskeur is vd skaap se nek op die foto...

Re: Wat vreet so...

Posted: Wed May 23, 2012 7:56 am
by Smirre
Gerhard
Hulle was almal aan die agterkant van die kop gebyt en net so  gelos
die koppe was pap

kan nie onthou dat daar sulke wonde was nie