Page 1 of 1
TPL
Posted: Fri May 18, 2012 3:29 pm
by Piet Pille
Midags?!!
Vanoggend toe ek opstaan is daar 'n byt aan die lug en dit beteken net een ding-------------------------

Jagtyd is hier!!
Gou raad vra: met beide my .270 en .375 beperk my magasyn dat ek my patrone tot optimale tpl kan laai. Met spitzer tipe punte kan ek nie nader as 2mm + aan die groewe kom nie..
Is daar 'n maklike oplossing wat 'n geweersmid kan bied deur die magasyn te vergroot / vervang, of is die magasyn standaard aan die aksie sonder die moontlikheid van aanpassing?
Re: TPL
Posted: Fri May 18, 2012 4:40 pm
by DawieKotze
Pieter - dis 'n miskonsepsie dat jy teenaan die lande moet laai vir akkuraatheid. Ek het nie herlaai ondervinding van jou 2 kalibers nie (daar sal wel manne wees wat beter kan praat), maar laai jou TPL wat gemaklik in jou magasyn pas en beproef dan al hoe korter TPL's vir die beste akkuraatheid.
Sover ek weet is dit veral vir die 375 wat mens baie versigtig voor moet wees vir in die lande laai (party manne s? hy verkies 'n effense "jump")
Re: TPL
Posted: Fri May 18, 2012 6:37 pm
by Piet Pille
Dankie Madako.
Jy is heeltemal reg- by die .270 met sierra Pro Hunters kry ek beter akkuraatheid by 1.3mm af as by 0.5mm....
Ek het egter in die verlede met ander punte die beste akkuraatheid gekry by 0.8mm , maar konnie langer as 2mm af laai nie a.g.v die magasyn -ek moes die langer patrone een een van bo-af laai.
Dis egter nie prakties om een-een te laai in jou geweer in die jagveld nie. Die groeperings is darem nie drasties swakker nie, so ek neem aan mens moet maar berus dat die TPL bepaal word deur jou magasyn, nie die afstand na jou lande nie.
Vir jag-doeleindes maak dit seker nie so groot verskil nie, maar mens wil tog maar weet dat die patrone in jou geweer die optimum akkuraatheid vir daai kombinasie is.
Wat my aan die dink gesit het, was toe ek 'n tyd terug vir 'n vrind help ladings soek het vir 'n optimum lading vir sy 7x57....... daardie ding het 'n keel soos 'n kameelperd ....... die 7x57 bedoel ek nou...... as ek reg onthou, iets soos 7mm jump op fabriekspatrone!!! Natuurlik kon mens nie in sy geweer se geval tot naby die lande laai nie, want dan is daar amper niks koel oor wat die nek kan vashou nie, maar met die langste moontlike lengte t.o.v diemagasyn was daar nogsteeds iets soos 4 of mm jump. sy geweer het wel beter gevaar met langer patrone (nader aan die lande), maar dit was nie 'n opsie nie agv die magasyn.
Re: TPL
Posted: Mon May 21, 2012 9:26 am
by Wouter Roets
Hallo Pieter
Om die magesyn kas te verander is gewoonlik n baie duur storie en behels n paar dinge soos die feeding ramp wat ook aangepas moet word. Guiding rails moet ook aan gewerk word en die tipe werk kan baie keer duurder wees as wat die geweer gekos het.
Die meeste manne gaan die roete om die kamer oor te sny met n korter vryboor mits die nok op die loop genoeg vleis het. Dit is gewoonlik die goedkoopste en maklikste opsie vir iemand wat dit so wil he.
Met n jump van 2mm of meer kan daar verseker nog baie goeie akkuraadheid verkry word. As n mens die nodespoed slaan en dan in inkremente van 0.2mm speel met die TPL kan ek jou verseker jy gaan baie naby aan die akkuraadheid kry as met n korter jump. So bye the way is daar nie iets soos n idiale jump nie daar is net een wat goed werk in jou spesifieke geweer. Deur so bietjie harder te werk aan iets soos dopvoorbereiding kan dit baie beter resultate gee met akkuraadheid as wat net langer TPL'e sou teweeg bring.
Groetnis
Wouter
Re: TPL
Posted: Mon May 21, 2012 2:38 pm
by Piet Pille
Dankie Wouter,
Ek het vermoed dat sal die geval wees, maar julle het dit nou bevestig. Net gou 'n laaste vraag in die verband (alhoewel dit seker eerder in die herlaai afdeling hoort..):
Hoe weet jy as jy jou optimale TPL gekry het? Bv. My magasynkas beperk my TPL tot max 1.2mm vanaf die groewe. Nou laai ek 'n paar proewe op 1.2mm, 1.4mm, 1.6mm, 1.8mm en 2mm vanaf groewe. Gestel ek sien dat dat die beste groepering uit bog verskeidenheid is by 1.6mm... Is daar 'n moontlikheid dat ek selfs weer 'n beter een kon kry bv. 3mm?
M.a.w. , het die TPL ook "nodes" soos by ladings, waar jy kry dat die akkuraatheid 'n "sweetspot" slaan by 'n seker TPL, dan weer swakker raak namate die TPL korter raak en dan weer 'n "sweetspot" slaan by 'n ander (korter) lengte?
Indien wel, oor hoe bre? band (vanaf maksimum lengte tot minimum lengte) moet jy ekspirimenteer met inkrimente van 0.2mm elk?
Hoop my vraag maak sin?
Groete
Re: TPL
Posted: Mon May 21, 2012 9:21 pm
by Wouter Roets
Pieter
My laai tegniek voordat ek met die OBT metode begin werk het was ssos volg. Ek het n koeel gekies hom gelaai teen die groewe en dan die spoed verkry waarteen ek hom wou skiet. Dan het ek net met die TPl begin speel na onder toe en meeste van die kere in hierdie proses twee TPL'e gekry waar hy vir my aanvaarbare akkuraadheid gegee het. Die probleem was dat dit n tydelike node was maar wys nog steeds wat TPL verskille maak. Die rede hoekom ons met TPL speel as die nodespoed geslaan is is vir finetuning. Jy kan dit net fyner doen as om dit te probeer reg kry met jou poeier lading. Met TPL veranderings verskuif jy ook baie keer jou drukpiek vorentoe of agtertoe in vergelyking waar jou koeel hom in die loop bevind. Primers doen dit ook. So in kort is dit maar eksperimentering met daai spesifieke komponente in jou geweer. Gaan speel maar gerus jy sal dalk baie keer aangenaam verras wees.
Groetnis
Wouter
Re: TPL
Posted: Tue May 22, 2012 11:38 am
by Piet Pille
Dankie Wouter, ek maak so.
In my .375 het jy vir my met QL 'n spoed van 2640fps uitgewerk (vanag 69gr S365 opwaarts) met 'n TPL van 93mm. My geweer se magasyn kan egter net 'n max TPL van 91mm akkomodeer. So ek sal maar daar begin en dan met .2mm inkremente elk korter laai en kyk hoe lyk hy.