Page 1 of 1

Manne Wees Versigtig

Posted: Fri May 18, 2012 8:10 am
by Gerhard
Ons kom agv die skiet werk baie in aanraaking met jakkalse wat moet bakkie ry...

Ek dink ons is baie nalatig wat die beskerming van jou self teen moontlike siektes wat oor gedra kan word.

Ek weet ek is ...  :o

Lees wat die gevolg kan wees...

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/J ... l-20120517

Hoop die jong boer herstel volkome...

Re: Manne Wees Versigtig

Posted: Fri May 18, 2012 8:35 am
by BLOK
Dit is hoekom ek nie in n jakkals se mond krap of hom op die bakkie soek nie. Dink nie mense besef hoeveel kieme en siektes sit in so wilde karnivoor se bek nie. Regtag jammer vir die m an en ek hoop hy herstel spoedag.

Re: Manne Wees Versigtig

Posted: Fri May 18, 2012 9:00 am
by Frederik
Nie lekker nie ja as jy die jakkie gaan ondersoek dra liewers handskoene en was jou hande ordentilik. Dit geld eintilk vir enige dier wat jy skiet as jy na sy mond kyk en daar rondkrap.

Re: Manne Wees Versigtig

Posted: Fri May 18, 2012 9:03 am
by Dippies
Die is n lelike gedoente.

Manne elke hoeveel maande moet jy jou honde vat vir hondstolheids inspuitings.

Ek woon in die stad en daar kom nie ander diere by my honde  nie dalk net die bure se katte wat daar nie meer is nie wat die rigeback verniel het bietjie.

Is dit ndig om hulle te spuit?

Ek ken glad nie die deel van honde nie.

Groete
Dippies

Re: Manne Wees Versigtig

Posted: Fri May 18, 2012 9:06 am
by Frederik
Dippies een keer per jaar moet hulle gespuit word.

Re: Manne Wees Versigtig

Posted: Fri May 18, 2012 9:09 am
by Dippies
Frederik,

Dis is nou al kom hulle nie in aanraaking met ander honde of besmette diere nie?

Dit bly nogsteeds eenkeer n jaar

Dippies

Re: Manne Wees Versigtig

Posted: Fri May 18, 2012 9:13 am
by Frederik
Wel hoe seker is jy hulle kom nie in aanrakking met rotte en vlermuise nie ?
Dit is wat die veaarts vir my gese het.

Re: Manne Wees Versigtig

Posted: Fri May 18, 2012 9:17 am
by Dippies
Jy sien daar dop ek nou die toets.

Hulle roere die muise by my kunsmis hoop en erg. Tel teminste 1 of 2 muise elke 3de dag op.

So daar is nog werkies vir my die naweek. Moet honde laat spuit.

Groete
Dippies

Re: Manne Wees Versigtig

Posted: Fri May 18, 2012 10:01 am
by Raven
My Jag-trommel het altyd 'n paar van die plastiek handskoene, die wat dokters gebruik.
Dis goedkoop en beskikbaar by enige apteek.

Elke jak wat ek skiet, kyk ek sommer daar in die veld deur, reen/teef en ouderdom. Dit help my om planne te beraam rondom volgende staanplek en roep op my plaas.

Raves

Re: Manne Wees Versigtig

Posted: Fri May 18, 2012 12:06 pm
by Beyers
By P&P kry mens sulke groen bokse daarvan

Re: Manne Wees Versigtig

Posted: Fri May 25, 2012 4:55 am
by Gerhard

Re: Manne Wees Versigtig

Posted: Fri May 25, 2012 8:30 am
by theedge
regtig iets om na te kyk - is altyd bang vir mens bloed (vigs ) en dan sien ons die goed oor - dankie vir die

Re: Manne Wees Versigtig

Posted: Fri May 25, 2012 8:32 am
by Dippies
Die storie raak al hoe erger en erger.

Die beste is n loodpil vir n siek ding. Goedkoper en makliker.

Re: Manne Wees Versigtig

Posted: Sat Jun 09, 2012 7:06 am
by Gerhard
Baie slegte nuus....

Sterkte vir sy familie

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/H ... f-20120608

Let wel hy het dit op gedoen deur speeksel te kry op n stukkende plek op sy hand...  :o