Page 1 of 1

Dassies

Posted: Thu May 17, 2012 4:03 pm
by Cobus(Cobb)
Wat is die beste manier om die outjies te beheer??
Die huiseienaar s? hulle kom so van 02:00 in die oggend deur van die koppies af en verwoes alles in haar tuin...??
Is hulle nag diertjies??Ek dog hulle het ook 'n tipe "brandwag" soos bobbejaan en meerkat??
Sal mens hulle moet voorsit of inlok en in 'n wip of hok vang??

Ek luister graag
Cheers

Re: Dassies

Posted: Thu May 17, 2012 7:14 pm
by ablm468
Cobus

Ek weet mens mag nie met 'n winbuks jag nie en ek sal seker gekruisig word maar 'n .20kal pcp windbuks met 'n silencer sal die ding doen. Ek neem aan dis in die stadsgebied, dis hoekom ek se windbuks.

Re: Dassies

Posted: Thu May 17, 2012 7:22 pm
by Arno Pienaar
N gewone .177 Pcp doen ook die werk net so ek het al baie met myne geskiet en tot selfs springhase op 30 m.

Re: Dassies

Posted: Fri May 18, 2012 10:58 am
by ablm468
Interressant ek verneem nou die dag dat daar 'n dassie plaag is in die Norscott Manor/Montecasino en Dainfern omgewing is, die wetenskaplikes/groenes het al probeer om die goed te vang en te hervestig maar dit werk nie daar broei net meer en meer uit.

Al wat sal werk is loodpilletjies maar die JHB stadsraad wil nie die groenes kwaad maak nie, intussen verniel die bl@skems mense se huise, versprei peste en plae en saai moeilikheid net waar hulle kom.

Re: Dassies

Posted: Fri May 18, 2012 11:08 am
by G-force
Vang hulle en verkoop op wildsveiling,nou die dag mal pryse gesien.

Re: Dassies

Posted: Fri May 18, 2012 1:03 pm
by blaser
.22 met silenser