Page 1 of 1

Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 11:32 am
by Hugo
Watse rak ammo beveel julle aan vir n 303 vir wildebees en 3006 vir wildebees?

Ek wil nie graag PMP koop nie.

Re: Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 11:39 am
by FHM
Ja Hugo ek is ook besig om weg te skram van PMP af - maar laasnaweek met pre-purchased African Elite PMP's geen probleme gehaad nie (swift A frames)
Min vleis skade en daai goed loop soos n warm mes deur botter deur n bok.
Indien jy nie andersins regkom nie en tyd is min - die African Elite oukies loop baie goed in my 30-06.

Jy kan Federal en Norma's van die rak af ook probeer - ek hoor baie goeie dinge van Federal in 30-06

Re: Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 11:48 am
by Hugo
Watse grein? As 2700fps te vinnig is vir bosveld, kry mens dit standaard in 200gr?

Re: Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 11:54 am
by Lourens
Hugo,

Vir die 30-06 kyk na Barnes se Vor-TX fabrieksammunisie, daai goed is dodelik en jy sal nie 'n oomblik spyt wees daaroor nie.

Groete,
Lourens

Re: Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 11:58 am
by FHM
Hugo wrote: Watse grein? As 2700fps te vinnig is vir bosveld, kry mens dit standaard in 200gr?
Hier sal die gereelde skieters met Norma / Federal en Barnes moet help Hugo - ek weet nie watse greine is beskikbaar julle kant nie - ek skiet ieg standaard net 180 gr. Onthou met n standaard soft nose sal 2700 baie skade aanrig,  maar met n premium koel (PM Afr Elite 180 gr wat ek gebruik het) het ek op springbokke heeltemal aanvaarbare vleisskade gevind. Baie minder as met Pro Ams of met die standaard PMP sagte punte.

As jy dalk op Federal besluit vir jou jag, pm my oor jou bevindinge asb man - ek le skuins na die brand toe en wil as ek weer in WHK kom vir my n paar pakke kry. ;)

Re: Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 12:00 pm
by VdWalt
Lourens wrote: Hugo,

Vir die 30-06 kyk na Barnes se Vor-TX fabrieksammunisie, daai goed is dodelik en jy sal nie 'n oomblik spyt wees daaroor nie.

Groete,
Lourens
Hi
Wat is hulle prys nou min of meer?

Re: Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 12:36 pm
by Coenie (Swift)
Hi Hugo,

As jy premium soek gaan wat die manne alreeds genoem het dit sal nie teleurstel nie.......but :-) as pmp gewerk het vir jou kyk dan na Highland as alternatief vir pmp.
www.highlandammo.com/ax.htm
Sterkte

Re: Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 12:59 pm
by Ferdi
Hallo

Almal het die 303 uitgelos op aanbevelings, dus sal ek Winchester se 180gr Powertpoint aanbeveel. Hy werk mooi op BWB. Hulle werk ook beter in my 303 as wat die PMP 174gr werk.

Groete

Ferdi

Re: Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 1:03 pm
by sako 30-06
Ek gebruik die Winchester XP3 180gr ammunisie.dit is baie akkuraat en my geweer
En vleisskade is minimaal.
Die prys is so R550 by Camdix.

Re: Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 1:04 pm
by Lourens
VdWalt,

Jy kyk na so R800 vir 20. Dis baie duur maar uit en uit die moeite werd.... Vir wildebeeste met die 30-06 sal ek kyk na 150gr / 165gr (die koeel is monolities en dus is die ligter gewig nie 'n probleem nie.)

Ferdi ek is nie 'n baie groot 303 aanhanger nie maar het ook al gehoor dat Winchester se 180gr Powerpoint nie sleg doen in die 303 nie.
Swift wrote: Hi Hugo,

As jy premium soek gaan wat die manne alreeds genoem het dit sal nie teleurstel nie.......but :-) as pmp gewerk het vir jou kyk dan na Highland as alternatief vir pmp.
www.highlandammo.com/ax.htm
Sterkte
Swift, ek wil nie jou idee afskiet nie maar kan 'n lelike storie vertel van 'n man wat baie amper 'n zebra verloor het met daai ammo maandag. Koop kwaliteit, as jy in ag neem wat die dier jou kos kan jy net sowel n paar rand meer betaal vir die ammunisie en seker maak dat die dier so gou as moontlik grond toe gan as jy jou kant bring.

Groete,
Lourens

Re: Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 3:27 pm
by Petrie303
Dagse,

Vir die 303 sal ek mar weg beweeg van daai bruin pakkie 174gr PMP petrone. Was laasjaar saam op 'n jag waar iemand 'n Eland koei 2 skote op die blad geskiet het en dit het glad nie gepenetreur nie (Opgebreuk).... Moes toe die koei op 150m met my EPPS met 140gr GS Custems doodskiet...

Re: Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 5:01 pm
by Ferdi
Hallo Almal

Sako dit is presies daardie voodoo waarna ek verwys het. Ek het laas jaar Rooibok; Vlakvark en BWB

Re: Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 5:07 pm
by Ferdi
Hallo Almal

Sako dit is presies daardie voodoo waarna ek verwys het. Ek het laas jaar Rooibok; Vlakvark en BWB omgedop. Die BWB was 'n mooi bule wat muur toe gegaan het.

Lourens jy is reg die Winnies is reg. Die bruin pakkie PMP's het by 'n paar manne nie goeie stories opgelewer nie. Ek het ook al verneem dat die 300gr van PMP in die bruin pakkie nie baie goed doen nie.

Ek sal ook voorstel vir die 30 06 die PMP Elites. Die een met 200gr punt vir die 300 Win Mag is wat ek in gedagte het om redelik alles te kan bykom vir algemen jag en sal maar tot my herlaai goeters reg is die ekstra geld in dit bel? asook 180gr XP Winchesters vir langer skiet met die 300 Win Mag.

Kyk ook na Remington se ammunisie alhoewel dit ongeveer dieselfde as die Elites gaan kos.

Groete

Ferdi

Re: Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 5:55 pm
by vlakvark1
Ek wil ook die post se vraag gevra het en nou het ek al die antwoorde gekry waarna ek gesoek het. Dankie aan almal ;) ;)

Re: Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 6:43 pm
by Hugo
Nooit varkie, dankie Hugo.

Re: Watse rak ammo?

Posted: Wed May 16, 2012 6:46 pm
by vlakvark1
Hugo wrote: Nooit varkie, dankie Hugo.
Okay .Dankie Hugo ;D ;D

Re: Watse rak ammo?

Posted: Thu May 17, 2012 7:29 am
by sako 30-06
Ek gaan die 1ste Junie BWB,koedoe en Rooibok skiet met die Winchesters.
Sal hopelik suksesvol wees en sal dan daarna n verslag opsit oor hoe die ammunisie gevaar het.
Ek het nog geen probleme met dit gehad nie en dit is baie goedkoper as die African Elite's.

Re: Watse rak ammo?

Posted: Thu May 17, 2012 1:49 pm
by Nickvn
Ek het die naweek daar naby Thabazimbi gaan skiet. Ek het Winchester 180gr gebruik in die 30-06 en die koedoe wat ek van voor deur die hart geskiet het, het baie min vleis skade gehad, die rooibok het ek sleg geskiet, eers deur die hart en toe die been aan die agterkant geraak en n groot gemors gemaak van die blad. Altwee het geval net daar waar hulle geskiet was. Die Winchesters het ek beter gevind as die PMP met my 30-06.

Re: Watse rak ammo?

Posted: Sat May 19, 2012 3:06 pm
by Hugo
Wat dink julle van die Federal Powershocks?

Re: Watse rak ammo?

Posted: Sun May 20, 2012 2:34 am
by Vlakvark
Vlakvark wrote: Ek moet darem se toe mnr300m daai bok geskiet het wat se pens uit gehang het

Die skoot is skuins voor in deur die bokant van die hart en die long dit was Federal Power Shok die koeel moes opgebreek het want daar was 'n exit wond deur die ribbes en haar maag vel is ook oopgeskeur haar pens het egter uitgeval terwyl hy weg gehardloop het nadat ons nader gekom het.

UIT
Lekker naweek met 'n nadraai