Monolities of Gebonde
Posted: Tue May 15, 2012 4:33 pm
Kerels, ek weet die onderwerp is al meermale hier aangeraak, maar ek sal dit graag saamgevat wil he.
My 270 Win was altyd my springbokgeweer, en gewone sagtepunte was altyd goedgenoeg. Nou het my vrou laasjaar 'n prag gemsbok geskiet met my 30-06. Die gogga het haar gebyt, en sy het sin gekry vir my .270, so sy jag nou met hom. Sy wil hierdie jaar 'n koedoe en 'n gemsbok jag.
Vir daardie doel wil ek nou vir haar patrone koop wat nie gaan teleurstel nie. Gebonde loodkerns of monolitiese sagtepunte?
Ek verstaan dat ligter monolitiese koele dieselfde verrigting lewer as swaarder gebonde loodkerns. Maw, 130gr monoliete sal vergelyk met 150gr gebonde loodkerns. Is dit so? Wat is die verklaring daarvoor?
Wat sal julle aanbeveel in fabrieksammunisie?
Ek gebruik net A-Frames in my 30-06, .300 en .375, maar hulle is nie beskikbaar in .270 fabrieksammunisie nie. PMP se KE Scirocco II's kom later die jaar uit. Ek sou hulle graag wou probeer, maar miskien moet ek monoliete oorweeg.
Die punt is, ek het geen ondervinding van monoliete nie. My loop is 24" met 'n 1 in 10" groef.
Ek luister.