Page 1 of 1

lekker jagweek

Posted: Mon May 14, 2012 8:56 pm
by stephensonsknives
hier is n foto van een van 4 koedoes en een van twee varke
die vark het net oor die 70kg uitgeslag
die raps op die boud was n snapshot toe die vark my bestorm het
kry hom 20min later draai om en storm my weer ,op so 30 m was doe skoot instinktief toe ek hom met die 300 wm skiet reg van voor

dit was n yslike belewenis en geen tyd om te dink nie

kruitdampgroete

Re: lekker jagweek

Posted: Mon May 14, 2012 9:10 pm
by Jagtersdok
Steph

Gooi daai fotos deur photobucket asb sommige van ons kan nie sien nie

Re: lekker jagweek

Posted: Mon May 14, 2012 10:26 pm
by vlakvark1
Jagtersdok wrote: Steph

Gooi daai fotos deur photobucket asb sommige van ons kan nie sien nie
Weet nie van julle nie maar as ek op die link onder die foto klik dan wil die foto nie oopmaak nie maar dubbel klik op foto self dan maak
die foto groot oop
Mooi fotos daai Jagtersdok

Re: lekker jagweek

Posted: Tue May 15, 2012 7:03 am
by stephensonsknives
dubbel click net op die foto dan maak die foto oop
ek sal dat my vrou die proses vannaand verduidelik ,ek dink dit is makliker as om deur photobucket te werk

Re: lekker jagweek

Posted: Tue May 15, 2012 7:06 am
by DWB
Vir Sulke omstadighede is hoekom mens quick release mounts kry :D

As jy onraad vermoed dan haal jy die scope af en jy gaan voorbereid in :D

Die vark se tripswitch sit net so klein bietjie bo die middel tussen die ogies :D

Baie Mooi

Re: lekker jagweek

Posted: Tue May 15, 2012 7:22 am
by GreyGhostGear
Klink of dit baie lekker was, stewige vark daardie!
Het net gister gelees van 'n ou wat deur 'n vlakkie bestorm is en nogal hard getref is..

Re: lekker jagweek

Posted: Tue May 15, 2012 9:28 am
by theedge
Baie netjies
Sit some die pic vir jou op

Image

Image

Image

Image

Re: lekker jagweek

Posted: Tue May 15, 2012 10:26 am
by Chevvy SS
Waar loop daai wyehoring koedoes?

Re: lekker jagweek

Posted: Tue May 15, 2012 10:53 am
by Marc
stephensonsknives wrote: dubbel click net op die foto dan maak die foto oop
ek sal dat my vrou die proses vannaand verduidelik ,ek dink dit is makliker as om deur photobucket te werk
Dit mag makliker wees vir jou wat wil oplaai, maar is beter vir die wat kyk as jy fotobucket gebruik  ;) Nie almal bly in die stad met 3G en HSDPA nie, party manne sukkel op die plase me EDGE  :angel:

As jy dit soos jy laai, attachement, kos dit die kyker meer Megabites om te loer ook want die file is groter  ;)

Dankie Edge vir die oplaai  8)

Re: lekker jagweek

Posted: Tue May 15, 2012 4:46 pm
by stephensonsknives
voordat die photos gelaai word word dit na n sekere megapixels verminder om die oplaai te vergemaklik

dit sal interesant wees om te hoor of die manne op die plase die eerste fotos kon oopmaak en hoe vinnig

Re: lekker jagweek

Posted: Tue May 15, 2012 10:02 pm
by Marc
Skuus man Steph wou nog s? daai is 'n bitter lekker biltong bulletjie, wat het hy uitgeslag  ???

Mooiloop
Marc

Re: lekker jagweek

Posted: Wed May 16, 2012 3:19 am
by Dawid
Stephen,

Baie geluk, jou jag het mooi afgeloop, smaakmy ou varkie het jou amper laat bontstaan. Diere lyk lekker spekvet.

Groetnis

Re: lekker jagweek

Posted: Wed May 16, 2012 6:53 am
by Born2Late
Baie mooi gedoen.Nou klop die hart weer beter na die turbo boost met die vark.
Lekker biltong en cabanossi maak .
Groete.

Re: lekker jagweek

Posted: Wed May 16, 2012 8:35 am
by stephensonsknives
dankie manne

Die bulletjie het 148,6 karkas die skaal getrek. Die wild se kondisie is so goed want hulle voer was gesaaides,so ek het op n skade permit p.a.c toegepas vir die boer .
Ek het die heerlikste peper biltong gemaak,80 pakkies russians en 150 pakkies koedoe wors, met n verskeidingheid van boud ,skenkels en rugstring snitte vir carpatcha.

Gisteraand het vroulief koedoe nek stew gemaak ,manne dit was vreklekker. As gesin is ons baie lief vir wildsvleis ,maar goeie voorbereiding op skootplasing tot die  vinnige afslag  by die slagpale is belangrik. Die kritieke punt oor goeie wildsvleis die bok moet baie goed uitgebloei word en voordat ek verder jag staan ek by as die bok geslag en goed gewas word,dan gaan die jagtog verder.

Daardie wye horig koedoes loopdaar tussen eliisras en thabazimbe rond en dit is vir my opmerklik dat die vrylopende koedoes vanjaar in n beter kondisie is as die op die jagplase.

Re: lekker jagweek

Posted: Wed May 16, 2012 10:54 am
by Born2Late
Nou maak jy nie mooi nie.Die peanutbutter en stroop broodjie gaan nou moeilik af.
Wildsvleis bly maar lekker.Geniet dit.
Groete. 

Re: lekker jagweek

Posted: Wed May 16, 2012 12:40 pm
by stephensonsknives
met n  callsighn van born 2 late wat verwag jy nou

ek is in pta en braaivleisvuur is net n paar houtjies weg

Re: lekker jagweek

Posted: Wed May 16, 2012 1:17 pm
by sako 30-06
Hoe lus maak jy my nou vir jag en vir die lekker wildsvleis.
Nog 2 lang weke om te gaan.
Maar ek dink jy het my sopas oortuig dat ek n koedoebul moet skiet
As ek die geleentheid kry voordat ek n BWB skiet.

Baie geluk met die mooi skote en mooi wild.

Re: lekker jagweek

Posted: Wed May 16, 2012 7:32 pm
by Marc
Kudu skenkels is groter as skaap boud tjops, ek lief hulle stukkend  8)

Daai was 'n lekker gelukkie Stephen  8)

Re: lekker jagweek

Posted: Wed May 16, 2012 7:49 pm
by stephensonsknives
nie heeltemal n gelukkie nie ,ek het 3 bulle en 1 koei geskiet

vannaand die heerlikse koedoewors ge-eet en buite gesit en droom oor ons land

as die klomp stakers eerder werk skep en ophou die land opvoeter, bly ons in n pragtige land

raak sommer bewoe
dankie ringkoppe en vriende vir n great website