Page 1 of 1

Goeie Verkyker

Posted: Fri May 11, 2012 11:39 am
by Neels
Hallo mense.

Daar word baie geskryf van teleskope op die forum,maar bittermin van verkykers, nou wil ek graag weet is daar goeie verkykers  met ho? vergroting op die mark vir s? tussen R1500 en R2500. Ek sal graag julle menings wil hoor.

Groete

Neels 

Re: Goeie Verkyker

Posted: Fri May 11, 2012 11:54 am
by Zack Benade
Hallo Neels

Dieselfde reel tel vir verkykers wat by teleskope is.
Lens kwalilteit, Lens kwalilteit. en naverkoopdiens.

As ek die geld wat ek op verkykers spandeer het in my lewe, kon ek met die eerste koop die heel beste gekoop het.  Daar is net 3 name.  Leica, Swarovski en dan Zeiss.
Die naverkoop diens op die 3 name is super goed.

Daar is maar net 'n groot verskil as jy deur 'n R4000 verkyker kyk en dan deur een van R17 000.
By 8x of 10x is 'n kwalitiet lens 'n moet.
Ek sal eerder 'n kleiner Leica of Swarovski koop as 'n groot Nikon, Lynx of Steiner.

Van die goedkoper make hou ek van Lynx. 

Groete
Zack

Re: Goeie Verkyker

Posted: Fri May 11, 2012 11:58 am
by Gerhard
Neels,

Zack het mooi opgesom.

Ek is baie tevrede met die Nikon Monarch 10 x 42 verkyker.

Re: Goeie Verkyker

Posted: Fri May 11, 2012 12:06 pm
by GreyGhostGear
Gerhard wrote: Neels,

Zack het mooi opgesom.

Ek is baie tevrede met die Nikon Monarch 10 x 42 verkyker.
+1,

Monarch 10x42 werk soos 'n bom. S&O het hom by Huntex vir R2600 verkoop. Waarde vir geld.
Neels ek dink jou vraag was oor daardie prysklas rond, so dit help nie 'n man praat oor Swarofski's en Leica's ens. hier nie..

Re: Goeie Verkyker

Posted: Fri May 11, 2012 12:18 pm
by Zack Benade
Jagmaar

As iemand my reggehelp het deur te voorkom dat ek oor die R10 000 aan verskeie verkykers spandeer sal ek baie aan hom verskuldig wees.  Ek het my geld gemors.  Goedkoop koop is nie altyd die beste opsie nie, veral langtermyn. 
Ek glo van die ander jagters sal saamstem dat hulle al groot sommer geld op goedkoop toerusting spandeer het om net later weer die beter een te koop. ??? ???

As jou budget beperk is het jy egter geen ander keuse nie,  Dan stem ek ssaam met jou.

Gerhard

Ek het 2 x Bushnells en een Steiner (x10)gebruik vir Field boogskiet.  Tot op 40 yards kon ek s? of eerder raai dat die pyl die lyn sny.  Gelukkig gebruik my twee seuns hulle nou.

Ek het later 'n Leica 8x42 gekoop.  Met hom kan ek 100% verseker vir jou s? die pyl raak die lyn of sny die lyn tot op 55yards.  Met die ander make wat 10x vergroting is kon ek tot 40 yards net raai.

Dis die groot verskil.  Kwaliteit lense.

"n Verkyker wat ek baie kan aanbeveel is die Leica 10x25 en sy prys is reg.  Hy kan kyk en is super duidelik.  As dit by jag kom sal ek die 10x25 verkies bo die 8x42 want altwee is baie duidelik maar die 10x25 is net baie lig en klein.  Swarovski se 10x25 is ook baie goed.

Groete
Zack

Re: Goeie Verkyker

Posted: Fri May 11, 2012 12:52 pm
by GreyGhostGear
Zack,
Stem 100% saam oor goedkoop koop is duur koop in baie gevalle, het maar net gedink as 'n man vra oor 'n R1500 verkyker gaan dit hom nie veel help om te hoor hoe mooi is 'n R17000 verkyker nie ;D
Mooiloop..

Re: Goeie Verkyker

Posted: Fri May 11, 2012 1:06 pm
by Scrappies
Hi Neels,

Dit is net soos die slim manne hier bo se! Die duurder verkykers het verseker beter beter lense. Ek was laast jaar in die selfde bootjie! Ek het toe op die ou einde besluit wat is regtig my behoefte en wat ek wou spandeer.

Ek het op die einde vir my n Bushnell Trophy Bonecollector 10x42 gekoop. My swaer het hm van die usa af vir my gebring. Dink dit was R800. Baie tevrede met hom. Eks maar n biltong jagter en hoef nie sien hoe groot is die man se horings nie. Moet net sien daar staan hy en dan ek ek van daar af beplan.

Sterkte! Mooi dag!

Re: Goeie Verkyker

Posted: Fri May 11, 2012 4:42 pm
by Peter OMoore
NIKON Monarch 10x42

Baie tevrede met myne.

Glo dit sal jou jare se goeie diens gee.

Koop een maal en koop reg.

Groete en sterkte met die keuses

Re: Goeie Verkyker

Posted: Sat May 12, 2012 9:40 am
by Neels
Hallo Mense.

Baie dankie vir julle terugvoering.Ek gaan beslis na die Nikon Monarch kyk.

Groete

Neels

Re: Goeie Verkyker

Posted: Sat May 12, 2012 12:35 pm
by Frederik
Nog ene vir Nikon Monarch 10 x 42 gebruik hulle vanaf 2007 en hy is GEBRUIK.  ;D

Ek het al baie kliente se verkykers getoets en vir ons omstandighede dink ek nie die extra baie dollars is nodig nie ons lig verdwyn te vinnig en kom te vinnig op. As jy kan sal ek Swaroski gaan maar as jy 'n budget het sal ek nie dink jy sal sommer iets better as die Monarch kry nie.

Re: Goeie Verkyker

Posted: Thu May 17, 2012 10:18 pm
by Carl
Nog een vir Nikon Monarch baie goeie waarde vir geld. Ek weet die beste lense maak ' verskil ek gebruik self Canon se wit lense vir my fotografie, maar soms moet 'n man die streep trek. As jy in Gauteng bly, maak 'n draai by Nikon daar by Rooihuiskraal, naby Midstream. Jy kan perfekte verkyker kry met stukkende boks vir heelwat goedkoper. Ek het Sporters da gekry om op die plaas te los - vir R800, gewoonlik R1400. Nikon is ernstige lens manne en hulle bied goeie diens.

Re: Goeie Verkyker

Posted: Mon May 21, 2012 9:43 am
by Wouter Roets
Hallo Manne

Ek jag uitsluitlik met n verkyker en hoe ruier die bos is hoe meer gebruik ek hom. Maak nie sin nie maar probeer dit maar!

Ek het drie verkykers wat ek gebruik. Die eerste een by Willem by Digital Image Wharehouse gekoop en dit was n Zeis 8x32 en toe hulle begin met Safari&Outdoor het ek die 10x32 en 12x45 in dieselfde reeks bygevoeg. Ek het hulle almal vir n bargain gekoop want die toekoms van Zeis was so bietjie onseker in SA. Ek het nog nooit terug gekyk nie.

Wat ek einlik wil se is dat ek voel dat n mens nie groter as 30/32 objektiewe lens voor nodig het vir algemene jag nie. Groter lense voor maak die verkyker gewoonlik te swaar en groot vir gemaklike gebruik. FOV is ook vir my belangrik vir gemaklikke optel van diere. Goeie eye relief help ook baie veral met brildraers. Baie mense jag met donkerbrille so dit is nie net vir die manne met die slegte oe nie. Ek hou ook nie van n verkyker wat jy jou moeg moet draai aan die verstelknop om n helder beeld te kry nie. Ek vind dat die duurder verkeikers gewoonlik uitblink in die verband en die beeld is gewoonlik redelik in fokus maak nie saak waar die knop hom bevind nie.

Ons as jagters se este kans om n dier op te tel is maar op die oe, weet nie van veel wat op reuk jag nie ;D en die gebruik van n oordentlike verkyker verbeter maar net hierdie sintuig van ons. Ook maar bly altwee ons oe kyk voorentoe want as hulle kant toe gekyk het sou die verkyker manne hulle hande vol gehad het!

Groetnis
Wouter

Re: Goeie Verkyker

Posted: Fri Jun 15, 2012 11:45 pm
by dirkdup
Goeiedag Neels

Dalk het jy reeds na aanleiding van ander bydraers se antwoorde 'n besluit omtrent 'n verkyker geneem. My mening is laat maar ek gee dit in elk geval vir wat dit mag werd wees en andersins vir hierdie forum mag beteken.
Op die vraag of 'n goeie, of kom ons s? selfs baie goeie verkyker, vir R2500-00 bekom kan word is die antwoord 'n besliste JA. As so 'n verkyker egter 'n bepaalde ontwerp moet h? (die nuutste dakprisma stilering) en daarby ook 'n ho? vergroting en groter voorste (objective) lense is die antwoord NEE. Ons probleem is miskien die feit dat baie van mening is dat die nuwer  ontwerpe beter is, iets wat natuurlik nie in alle gevalle waar is nie. Hierdie verkykers is meer kompak, vertoon  meer "hedendaags" as die ouer ontwerp, het beter prismamontering en is gewoonlik waterdig, maar as optiese gehalte die  . enigste oorweging sou wees is hulle rand vir rand nie in dieselfde klas as die ouer ontwerp nie.
Ek besit heelwat van beide ontwerpe en wil noem dat baie van die "ouer" verkykers in die 8x30 kategorie selfs aansienlik beter is as van die nuutste dakprisma modelle wat baie duisende rande meer kos.
Jy kan dus vir R2500 'n baie goeie "ouer" 8x30 verkyker koop wat myns insiens ook vir jagdoeleindes geskik sal wees.

Groete
Dirk