Page 1 of 1
5 ghoene,= 5 jakkatese
Posted: Fri May 11, 2012 9:51 am
by stan man
[img width=560 height=420]
http://i1157.photobucket.com/albums/p58 ... G_0422.jpg[/img]
gisteraand het ek en allie so 7 km buite hennenman na n plaas gegaan so teen 20h22. het dadelik begin roep met kos.
so 20 min later het dit soos spotlights om ons gelyk,maar dit was wyd weg. gooi toe dadelik n challenge,en binne 10 min dop die eerste een om.
gooi toe n fight,weer so 10 min en daar kom n rocket in. ek trek toe die rocket se hand rem op so 150 tree van sy maatjie af. wag nog 10 min en gaan ry n draai. ek was so 20 min weg voor ek terug was 'moes eers n mamma probllempie gaan oplos,die seuns moes gekarwy word van die skool af' met die inry draf n brawe sussie voor die bakkie na die ou spot toe. onmiddelik ontwikkel sy vallende siekte.
een lang storie ,kort. 5 het afrika siekte ontwikkel en bakkie gery.
Re: 5 ghoene,= 5 jakkatese
Posted: Fri May 11, 2012 10:17 am
by Marc
Mooi gegooi Stan

Re: 5 ghoene,= 5 jakkatese
Posted: Fri May 11, 2012 10:48 am
by johann
Mooi stan man, hul hang mooi daar teen die bakkie!
Groete Johann
Re: 5 ghoene,= 5 jakkatese
Posted: Fri May 11, 2012 11:17 am
by stan man
ek moet nog my jagraam opsit. ek het die bakkie nou 2 weke terug gekoop en is nog besig om alles oor te bou. die tyd is egter beperk.gaan more weer n paar blesbokke en dalk voolstruise piets.
Re: 5 ghoene,= 5 jakkatese
Posted: Fri May 11, 2012 2:02 pm
by johann
Lekker man, dit altyd prettig om daardie voels te jag!
Re: 5 ghoene,= 5 jakkatese
Posted: Fri May 11, 2012 7:46 pm
by visstok
Geluk stan man! Ek gaan einde van die maand of vroeg volgende maand tussen Virginia en Henneman by n vriend gaan roep, as ons plane uitwerk kom PAC saam. Ek kry die laaste ruk baie katte in Virginia omgewing. Waar het julle geroep? Groete Alex
Re: 5 ghoene,= 5 jakkatese
Posted: Fri May 11, 2012 9:16 pm
by theedge
Geluk maat - mooi gegooi
Re: 5 ghoene,= 5 jakkatese
Posted: Sun May 13, 2012 10:37 am
by stan man
alex ons het tussen hennenman en kroonstad geroep. ek gaan dinsdag aand spesifiek kyk vir katte,maar ek is nog dom met daai. ek sit eerder hokke uit en vang hulle. daar is ander plekke waar hulle welkom is.
by wie gaan jy hier skiet? ek ken nogal redelik mense hier in die omgewing. ek skat dit sal naby die rivier wees.
groetnis.
frans
Re: 5 ghoene,= 5 jakkatese
Posted: Sun May 13, 2012 2:34 pm
by visstok
Dit gaan by Oom Robbie Wentink wees, hy reel dat ons op n paar plekke mag ingaan. Dis rondom daai Whites spruit wat Sandrevier toe loop. Klanke wat ek katte op gekry het in daai omgewing, Springhaas combo, en Kliphasie. Gewone standaart roep metode. Het verlede jaar September ook n kat daar geskiet wat ek Springhaas combo aangesit en net gelos het, net so nou en dan klank harder en sagter gemaak, kat is na 38 min roep geskiet. Wees maar geduldig, kat kan lank vat om in te kom, maar wees ook gereed, het 4weke terug n kat geskiet 3 min na ek begin roep het. Sterkte en ek hoop jy kry hulle! Groete Alex
Re: 5 ghoene,= 5 jakkatese
Posted: Mon May 14, 2012 11:35 pm
by stan man
laat weet my as jy gaan!
sal graag net gaan kyk as dit moet. ek is altyd beryd om nog kennis in te pak.
katte is ek nog dom mee.
Re: 5 ghoene,= 5 jakkatese
Posted: Tue May 15, 2012 11:26 am
by visstok
Dis reg sal jou laat weet! Mens leer by elke ou ietsie nuut! Groete Alex
Re: 5 ghoene,= 5 jakkatese
Posted: Thu May 17, 2012 5:05 pm
by stan man
alex
ek moet miskien daar in jou streek gaan skiet. sal jou laat weet as dit realiseer.