Page 1 of 1

Jakkalsjag toerusting

Posted: Mon May 07, 2012 11:16 am
by JHS
Hallo almal.                                                                                                                                    Ek kry nie lekker I topic wat al hierdie goed in een omskryf nie so ek vra maar.  Ek het al die nodige toerusting 3 ligte goeie stoel. Genoeg pak plek. Het I dimmer. Het goei scope s$b.  geweer heel voldoende 243.Het ook 2 baterrye vir die stoel  Bakkie kleur is reg geverf. Ek het I rangefinder het I foxpro roeper. So ek dink ek hat dam die basics.Maar ek wil weet dink julle dis nodig om as jy biethie meer advance te gaan bietjie meer toerusting aanskaf.  Bv I gps. I weerstasie wat wind ens meet wat ek op die forum gelees het al van. Iets niskien soos I spotting scope in die nag. Of dinge soos dit. is daar nog enige iets wat I mens kan byvoeg om net bietjie beter geeqeup te wees. En is van daai dinge noodsaklik wat ek moet aanskaf.                                                                                                      luister graag. Byvoorbaad. Dankie

Re: Jakkalsjag toerusting

Posted: Mon May 07, 2012 11:20 am
by Gerhard
Ek glo maar aan die K.I.S.S konsep vir nag skiet...

Keep It Simple Stupid en dan gaan die dinge baie makliker.

Jy moet maar self uit werk wat werk vir jou in die dag en wat jy dan nog nodig het.

Re: Jakkalsjag toerusting

Posted: Mon May 07, 2012 11:43 am
by Dawid
Ek sien jy noem basies alles wat benodig word in die beroep maar ek sien niks van deursettingsvermoe en ondervinding nie......dit is n groot BESLIS wat n man wel MOET he. Ondervinding kom wel as jy deursettingsvermoe en geloof in jou uitrusting het. Jy het nou al die basiese benodighede dus gaan uit en Oefen oefen oefen en Leer.

Groetnis

Re: Jakkalsjag toerusting

Posted: Wed May 09, 2012 2:03 pm
by James Wright
hou dit eenvoudig soos Gerhard se.ek self het baie by hom en Geno geleer.

jy het 'n roeper,stoel,lig,dimmer,geweer en ammo nodig.die res is "nice to haves".
ek het my stoel so gebou dat hy ook ekstra ligte ens kan hanteer maar ek vind dis net in die pad.ek hou steeds 'n spaar lig op die bakkie maar ek soek en skiet met die lig wat op my geweer is.Wat jy wel kan oorweeg is 'n knaldemper...

jy beweeg baie in die rondte so ek weet nie waar die spotting scope diens gaan doen nie.Die wind meter is ook bietjie overkill volgens my.kan seker verskil maak as jy jou geweer goed ken en die jakkals op 400 meter lank genoeg stil staan en die wind waai erg.

David slaap die spyker op die kop,jy moet baie geduld he en maak seker jy is nie moeg die aand wat jy wil uitgaan nie.

Re: Jakkalsjag toerusting

Posted: Wed May 09, 2012 2:05 pm
by BLOK
Soos almal se, en belangrikste is natuurlik reel no 1

Re: Jakkalsjag toerusting

Posted: Wed May 09, 2012 2:14 pm
by James Wilson
3 goed wat jy  moet  kry is geduld stilte en ondervinding

Re: Jakkalsjag toerusting

Posted: Wed May 09, 2012 9:28 pm
by cg rossouw
Al die goed wat jy daar noem behoort genoeg te wees vir jou eerste uit gaan, jy sal agter kom as jou eerste jakkals inkom en hy stop 30m van jou af dat jy van daai goed kan gebruik om hom te gooi as iets skeef loop. Sal ook se jy sal agter kom met tyd wat jy nodig het en kan gebruik soos jy vorder. Jy het iets om na uit te sien, jy sal dit geniet, een maal begin en jy sal nie ophou nie. Sterkte en geniet dit

Re: Jakkalsjag toerusting

Posted: Wed May 09, 2012 9:39 pm
by tafjak
[align=center]GPS[/align]

Re: Jakkalsjag toerusting

Posted: Wed May 09, 2012 10:55 pm
by JHS
Baie dankie sover vir al die inligting. Waardeur baie ek jag dam al so. Rukkie al begin so. Nie eeks bly vir elke keer as ek uitgaan dan probeer ek die tips wat ek by die forum opte. Maar uithouvermoe kan ek dink dat dit belagrik is ja.  En al die dinge wat saam met dit gepaardgaan.                                                                                                                                Ek het dam I knaldemper ok.                                                                                                          Tafjak. Watse gps het oom want ek wil weet of oom sin die waypoints kan kry deurdat jy nie in daardie rigting hoef te stap nie. Baie weet ek moet jy letterlik afklim om die rigting cvan die jakkals te kry maar party nie.  Ek kyk nou uit vir die nuwe reek die map 62. Hulle het di 60s vervang

Re: Jakkalsjag toerusting

Posted: Thu May 10, 2012 6:54 am
by tafjak
JHS

Ek het 'n Garmin 60, enige gps met die "kompasblad" sal werk en om die bearing lyn uit te stap of te ry bly die akkuraatste metode.

Mooiloop

Re: Jakkalsjag toerusting

Posted: Thu May 10, 2012 7:25 am
by Jan Thuynsma
As ek mag vra waarom die GPS so nodig is behalwe om die jakkals later te kry as jy geskiet het ?

Re: Jakkalsjag toerusting

Posted: Thu May 10, 2012 7:32 am
by Geno
tafjak wrote:




[align=center]GPS[/align]



Net so!

Jan,
'n GPS help verskriklik baie om 'n jakkals se posisie te bepaal dmv bearing lyne en "triangulation".

Groete,
Eugene

Re: Jakkalsjag toerusting

Posted: Thu May 10, 2012 7:34 am
by Gerhard
Jan Thuynsma wrote: As ek mag vra waarom die GPS so nodig is behalwe om die jakkals later te kry as jy geskiet het ?
Staan plek te merk.

Bearing lyne te kry op jakkalse wat jou ver antwoord.

Jou roete in die veld te plot...

Ek moes al in die nag met digte mis op die GPS roete terug ry anders sou ek in veld geslaap het...  :o

Re: Jakkalsjag toerusting

Posted: Mon May 14, 2012 12:55 pm
by Jan Thuynsma
Staan plek te merk.

Bearing lyne te kry op jakkalse wat jou ver antwoord.

Jou roete in die veld te plot...

Ek moes al in die nag met digte mis op die GPS roete terug ry anders sou ek in veld geslaap het...  :o
[/quote]

Ok ek verstaan , gedog daar is een of ander opskure ding wat ek nie van weet nie , so vir my wat meer op net ons eie grond en by my sware gaan jag is dit dalk nou nie so groot ding nie en die Zumo 660 wat ek het sal die job kan doen andersins die our Garmin GPS V.

Ek gaan omtrent net in bekende plekke jag vir nou so dan is dit ook nie die ergste nie

Re: Jakkalsjag toerusting

Posted: Mon May 14, 2012 1:00 pm
by Gerhard
Jan Thuynsma wrote:


Staan plek te merk.

Bearing lyne te kry op jakkalse wat jou ver antwoord.

Jou roete in die veld te plot...

Ek moes al in die nag met digte mis op die GPS roete terug ry anders sou ek in veld geslaap het...  :o
Ok ek verstaan , gedog daar is een of ander opskure ding wat ek nie van weet nie , so vir my wat meer op net ons eie grond en by my sware gaan jag is dit dalk nou nie so groot ding nie en die Zumo 660 wat ek het sal die job kan doen andersins die our Garmin GPS V.

Ek gaan omtrent net in bekende plekke jag vir nou so dan is dit ook nie die ergste nie
Ja as die staan plekke eers bekend is dan is dit maklik.

Ek het al op plase gejag waar die trekker net so een keer n week op die twee spoor paadjie ry.

In die dag geen probleem nie maar gaan soek daai paadjie in die nag in die lang gras dan raak dit moeilik.

Dan help dit nogal om in dag lig deur te ry en die pad op die gps te log.

Re: Jakkalsjag toerusting

Posted: Tue May 29, 2012 10:11 pm
by stan man
ek het een keer in die sand duine gewerk en my gps af vergeet. ek moet se dit was nogal erg interessant hoe om te moes sien hoe ek myself in die voet geskiet het.
n weerstasie gebruik ek net vir my eie rekord. die basiese toerusting is die belangrikste,en ek frustreer myself net as daar te veel hierrie ma warries op my dierrie ma darrie is.