Page 1 of 1
'n Trotse pa.
Posted: Sun May 06, 2012 4:03 pm
by Ian
Die naweek wat verby is word ek en my seun uitgenooi op 'n pa-seun voorsit springbokskiet daar in Douglas. Ek en my seun Jian word Vrydag onder 'n boom afgelaai en ek skiet vier springbokke vir die dag. Saterdag oggend gaan laai die eienaar ons weer af en ek sien 'n groot baal lusern naby 'n dam en se vir die boer dat ek graag daar wil afklim. Ons het 25 minute gesit en daar kom 'n groot ooi en lam verby gedraf en die gaan steek op 160 meter vas en ek skiet die ooi 'n mooi kopskoot. Die lam hardloop 'n ent weg en gaan steek mooi vas en kyk reguit vir ons. Ek sien hier is Jian se kans en help hom gou om gemaklik te wees en die skoot loop. Toe die skoot klap se hy vir my dat hy hom mooi voor in die bors ingeskiet. Daar gekom sny ek gou die keel en sien dat die 150gr Game King links voor in die bors ingegaan het en hoog by die boude uit. Ek "range" terug na die baal en sien dat die afstand 163m is en ek wens my seun geluk op sy eerste springbok. Ek sal nooit die gesig van blydskap op sy gesig in my lewe vergeet nie. As dit nie vir die baal was vir die lekker dooierus sou hy nie die naweek sy eerste bok geskiet het.
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Sun May 06, 2012 5:28 pm
by Dawid
Hartlik geluk aan jou en jou seun Ian...sulke dinge wat n Pa se bors ook self maar netso lekker soos die seun sin laat swel....n eerste so ver vir hom.....hy gaan nog styf staan agter n geweer.
Groetnis
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Sun May 06, 2012 5:30 pm
by Jakkalsgat
Ian
Baie geluk met daai man se 1ste bok, hoe oud is hy?
By wie was julle op Douglas, ek was self weer op Weltevrede en bure het Springbok voorsit gehad en die lood het geloop.
Vreeslike silencer op daai geweer hy blaas seker net so ligte windjie.
Groete
Jaco
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Sun May 06, 2012 5:36 pm
by vlakvark1
Baie geluk. Hoe oud is hy

Re: 'n Trotse pa.
Posted: Sun May 06, 2012 7:25 pm
by Ian
Dankie Jakkalsgat, Dawid en Vlakvark 1
Jian het Feb 7 geword . Ons het by Lieb Durandt gaan skiet so 30 km van Douglas af. Ja, die kd is 'n groot stuk met 'n "muzzlebreaker" in die middel waar die loop inskroef en werk soos 'n bom. Die 3006 het geen "recoil" en is baie, baie stil. Beste belegging wat ek ooit gedoen het. Ek wonder wie het die grootste bors, ek of Jian.
Dawid, was aangenaam om Donderdag met jou daar in die Arabiese land te kon praat en sien uit om julle te sien.
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Sun May 06, 2012 7:34 pm
by Rooies
Ian
Jy kon mos gese het jy is hier in die omgewing dat ons kon blad skud man.
Jaco
Jy ry nie dalk so n sjampanje kleur D4d met skiet bank en stoele op nie?
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Sun May 06, 2012 7:53 pm
by vlakvark1
Jy se hy is 7jaar Dankie nou weet ek my seuntjie het nog so 2jaar om te gaan leer hom solank met die windbuks
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Mon May 07, 2012 7:16 am
by grumpy
Baie mooi Ian. Gee die mannetjie n handdruk en se ek se baie geluk. Hy gaan nog ons volgende oom Pine wild jagter word!!!!

Re: 'n Trotse pa.
Posted: Mon May 07, 2012 7:29 am
by Frederik
Goeie werk daar en hy het die skoot geroep ook

Re: 'n Trotse pa.
Posted: Mon May 07, 2012 7:43 am
by Gerhard
Bakgat Ian!!!!
Die jong man het n mooi skoot geskiet.
n Mens het net eenkeer in jou lewe n eerste keer en hoe lekker is dit nie om daai eerste keer met jou seun te kan deel nie.
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Mon May 07, 2012 9:20 am
by Jakkalsgat
Ian
Ja, dit moes dan julle skote gewees het wat ek gehoor het, ken vir Lieb en Ansa.
Rooies
Nee maat Douglas het my nie gesien nie, jag met 'n cruiser (ou een)
Groete
JAco
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Mon May 07, 2012 9:21 am
by Geno
Geluk Ian,
Jy kan met reg trots wees.
Groete,
Eugene
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Mon May 07, 2012 10:29 am
by Vosman
Geluk Ian!
Dit is darem lekker om die goed met 'n kind te kan deel!
Nou gaan jy moet begin om anders te "budget" vir die jagte!
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Mon May 07, 2012 12:08 pm
by Dippies
Baie mooi, baie mooi
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Mon May 07, 2012 12:12 pm
by Vlakvark
Mooi Ian
Geluk aan pa en seun
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Mon May 07, 2012 2:50 pm
by Marc
Baie geluk Ian
Begin van groot dinge saam, sekker pa se bors is dalk bietjie bre?r as boeta sin
Mooiloop
Marc
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Mon May 07, 2012 3:45 pm
by Raven
Ian,
Geluk met jou seun se eerste bok, jy mag maar trots wees, tog te lekker.
Raven
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Mon May 07, 2012 8:55 pm
by Ian
Dankie vriende
Ja, dit is 'n baie lekker gevoel om die vreugde met jou seun te kan deel. Baie mense sal dink dat dit onverantwoordelik van 'n pa sal wees om 'n seun van sewe al 'n bok te laat skiet maar ek is bevooreg dat Jian die plaas en alles saam met my kan geniet. Ek laat hom hom baie skiet met die .22 op papier om sy selfvetroue te laat groei en ek moet se dat dit baie help.
Ek sluit 'n foto in wat hy geneem het en al moet ek dit self se, hy het dit baie goed gedoen.
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Mon May 07, 2012 9:11 pm
by dawiec
baie geluk Ian!
een van die dae share ek jou trotse gevoel as ek ook my 7 jarige op sy eerste "jag" uitvat!

Re: 'n Trotse pa.
Posted: Tue May 08, 2012 9:26 am
by theedge
Baie netjies iets om op trots te wees
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Tue May 08, 2012 12:35 pm
by Hilux01
Seker een van die trotse oomblike nog
Kyk net daai gesig dit se alles
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Tue May 08, 2012 12:42 pm
by Ian
[quote="Rooies"]
Ian
Jy kon mos gese het jy is hier in die omgewing dat ons kon blad skud man.
Rooies
Die wereld is so klein, jou naam het ook toevallig Donderdagaand om die vuur opgekom. Ek sal jou laat weet as ons weer in die omgewing is dan kan ons blad skud.
Groete
Ja manne, dit gee 'n mens weer 'n lekker gevoel in die hart.
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Tue May 08, 2012 5:53 pm
by DawieKotze
Baie geluk met die klong se 1ste bok Ian!!
Jy kan bitter baie trots wees en dis reg - buig die boompies terwyl hulle nog jonk is!
Enige inlywing gewees na die bok? Nie dat dit nodig is nie - vra maar net.
Mooiloop!!
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Tue May 15, 2012 9:19 pm
by Ian
madako wrote:
Baie geluk met die klong se 1ste bok Ian!!
Jy kan bitter baie trots wees en dis reg - buig die boompies terwyl hulle nog jonk is!
Enige inlywing gewees na die bok? Nie dat dit nodig is nie - vra maar net.
Mooiloop!!
Madako
Ek het toevallig my eerste bok (springbok) ook daar naby Douglas in 1983 geskiet by 'n Piet van Eck. Daardie tyd was daar nog nie stories van inlywing gewees nie. Ek persoonlik voel dat dit 'n klomp bollie is om 'n jong seun bokpeesters en rou lewer te laat eet en dan ook so met bloed te smeer. Lieb het daardie aand vir die jong seuns hart gebraai en hulle het dit nou geniet en dit is wat hy sal onthou vir sy res van sy lewe.
Maar net my siening.
Re: 'n Trotse pa.
Posted: Wed May 16, 2012 10:52 am
by FHM
Geluk Ian.
Daai seun van jou sal dit nooit vergeet nie en sy eerste bok net soos ons almal sal die helderste in sy herinneringe wees - saam sy pa.
Trotse pa jy!