Page 1 of 1

Ram rifle cleaning kits

Posted: Sun May 06, 2012 2:46 pm
by 2.1
Hello
Wil net graag hoor wat julle van die volgende dink, en of enige iemand dit al probeer het.
Dankie

http://www.shooters-market.co.za/detail.aspx?id=6868
of
http://m.shopmania.co.za/hunting/p-ram- ... 70-2229315

Dink dit is dieselfde.

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Sun May 06, 2012 3:18 pm
by tripodmvr
Het self van hulle en dit werk goed. Verkies eintlik enkelstok. Pryse lyk bietjie hoog. ampers eker ek het vir R230-250 gesien by ander geweerwinkeis. Kyk by S&O en Zimbi.

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Sun May 06, 2012 6:23 pm
by Christo
Grootste nadeel van hulle ( en ek het 'n hele paar ) is dat die "male" skroefdraad op die stok sit en nie soos die meeste wat jy vandag koop waar die "male" skroefdraad op die jags is nie

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Sun May 06, 2012 6:50 pm
by Henk100
Ek het van dit en ons verkoop dit ook.
Die nadeel is dat die stokke breek waar dit inskroef.
Ek het al dit ervaar. Tetra Clean stelle is dieselfde met omgekeerde draad.
Die enkel stok werk net beter.
Henk

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Sun May 06, 2012 9:00 pm
by 2.1
In daai geval sal ek maar eerder my eie stel bou. 1-stuk stok probeer kry.

Dankie vir die hulp.

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Sun May 06, 2012 9:24 pm
by Cobus(Cobb)
1 stuk stok is net beter, kos van R95 -R105 in meeste gunshops...ek het 'n stok vir elke aplikasie..
My eerste stok was ook so RAM 3 stuk, het hom nog maar is vas ge epoxie om 1 stuk stok te wees.

Cheers

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Sun May 06, 2012 9:39 pm
by Jagtersdok
Okay

Julle manne was nou diplomaties, hier gaan ek nou.

Daai 3stuk goed is twak wat die duiwel op aarde gesit het om onmin tussen mense te saai.

My voorstel is
Kry 'n ordentlike rod. Verkieslik Dewey of Boretec sin, Maar as jy dan moet 'n solid RAMrod
"n oordentlike "jag", nie daai crap wat jy die lappies omdraai of deur trek nie.
2 Nylon borseltjies, nie koper borsels nie
Boretec Eliminator

Skoonmaak sal nooit meer 'n straf wees nie.

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Sun May 06, 2012 10:46 pm
by Witpietskiet
Neels, dankie vir die waarheid. ;D

Mooi loop

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Mon May 07, 2012 12:48 am
by Flip Nel
"n oordentlike "jag", nie daai crap wat jy die lappies omdraai of deur trek nie

Doc

nou watter een is die regtis om te gebruik.  Ek wil weer vir my jag's koop so ek wil reg koop

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Mon May 07, 2012 6:25 am
by tripodmvr
Kan iemand nie fotos plaas van wat reg en wat moeilikheid is nie. Celery foon fotos is goed genoeg.

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Mon May 07, 2012 6:42 am
by DWB
Manne, As julle al die boretech goodies koop, maak net eers jou somme en moenie omkant gevang word soos ek toe ek by die paypoint kom nie  ;D R1000 vir 2 gewere se skoonmaak goed 1 Stok, 2 Jags, 6 Borsels en 2 Pakke Lappies

Maar die Boretech stok is myle voor die RAMrod

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Mon May 07, 2012 6:57 am
by tripodmvr
Teen daardie prys sal ek die goed raam en teen die muur ophang as kunswerk. Eina!!!!!

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Mon May 07, 2012 7:49 am
by Geno
Dewey stokke: Image

Pierce point jags: Image

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Mon May 07, 2012 8:26 am
by Beretta
Geno
Ek het al die stokke asook hierdie een niks kom eers naby hom nie die beste in die weste
Beretta

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Mon May 07, 2012 9:39 am
by Vosman
Geno, ek het ook daai Dewey stok. Die probleem wat ek ervaar is dat hy buig net voor die handvatsel sodra hy bietjie druk kry. Het 'n nuwe een gekoop by die huntex en die is ook klaar gebuig(dis die 2de een die jaar). Dalk is ek net te sterk?  ;)Ek verkies maar die boretech rods.

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Mon May 07, 2012 6:07 pm
by Jagtersdok
Daai Jags wat Geno geplaas het is die menere, as jy kan vat die een wat nie koper is nie, want dan kan jy mooi sien wat se koper kom uit die loop en nie die wat met die jag reageer nie.

Ek hou ook meer van die Boretech rods, maar die deweys werk mooi as jy nooi nie soos die "Langste man in die wereld" te groot lappies opsit en jou hele gewig agter ingooi nie ;)

Re: Ram rifle cleaning kits

Posted: Tue May 08, 2012 9:50 am
by Vosman
Dok, daai gun moet skoon! En ek is net gemiddeld, meeste mense is maar korter as ek! ;)