Page 1 of 1

Kalahari rooikat

Posted: Fri May 04, 2012 8:14 am
by Kalahari
Dag almal

Hier die mannetjie het my geruime tyd gepla, foto's op kameras gekry en spore op die duin en ook lam wat gevang is. Ek vermoed daar is nog een, volgens die spore wat daar le na hy gevang is.
Eers 'n paar ystervarke in die hok gevang en van kant gemaak en toe so 10 dae na hok gestel is, toe sit hy daar, redelik vies vir my. >:(

Snaakse ding gesien, die kaapse vos is een nag deur die rooikat doogebyt, volgens die hardloop spore, was net na buitjie reen vroeg more, so daar was nie ander spore nie, net hulle 2 s'n. Iemand anders dit al gesien en hoekom sal hy so iets doen?

[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... CT0087.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_0002.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_0008.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_0009.jpg[/img]

Die hok staan nog daar met sak onder die hok, maar nou die dag 5de ystervark uitgehaal, so ek wag nog vir nr 2 se opwagting. :police:

Mooi dag
Kalahari

Re: Kalahari rooikat

Posted: Fri May 04, 2012 8:15 am
by Dippies
Die man in die onderste foto se tande is al stomp sien ek.

Hy het seker maar die hok begin kou al of hoe ;D ;D

Re: Kalahari rooikat

Posted: Fri May 04, 2012 8:50 am
by Kalahari
Dippies

Is dieselfde kat en het gesien toe ek by die hok kom dat die een tand stomp is, ek vermoed ook maar die hok het deurgeloop. Hy was lekker moe....ig toe ek daar opdaag.

Re: Kalahari rooikat

Posted: Fri May 04, 2012 10:05 am
by theedge
Mooi foto netjies

Re: Kalahari rooikat

Posted: Fri May 04, 2012 10:09 am
by marno
Baie mooi foto's.

Dis darem jammer hulle maak skade dat ons hulle ook moet beheer.  Bly darem maar 'n prag dier.

Re: Kalahari rooikat

Posted: Fri May 04, 2012 11:58 am
by stan man
pragtige foto van n pragrige dier,,,, maar die kietsie het n gevaarlike sny kant.