Page 1 of 1
Kamera mount vir my skiet stoel...
Posted: Thu May 03, 2012 10:15 am
by marno
Ek was gisteraand bietjie lus om te kyk of ek iets kan prakseer om my video kamera vas te hou op my skietstoel.
Ek weet defnitief daar gaan nie altyd tyd wees om jakke af te neem as mens skiet nie want dinge gebeur vinnig gewoonlik, maar ek wil ook die kamera op he om mooi goed soos tierbos katte ens af te neem.
Hier is wat ek gedoen het en of dit gaan werk sal tyd maar leer. Nogal opgewonde om hom te toets en te sien of dit gaan werk.
Groetnis
Re: Kamera mount vir my skiet stoel...
Posted: Thu May 03, 2012 10:31 am
by stan man
gaan daar tyd wees vir inzoom ens?
die plan lyk egter goed.
ek probeer ook maar altyd iets nuuts.
noem my maar mr gadget!
Re: Kamera mount vir my skiet stoel...
Posted: Thu May 03, 2012 10:33 am
by marno
Hehehe nee daai sal ek maar moet uitfigure. Ek dink ek sal hom dalk effens zoom en daar los. Dink nie da ga tyd wees vir zoom op jakke nie. Maar tierbos katte ens sal mens darem kan zoom.
Re: Kamera mount vir my skiet stoel...
Posted: Thu May 03, 2012 10:53 am
by marno
Ek het so ruk terug 2 ratels ook gesien toe ek op een van die staanplekke was. Was die eerste keer dat ek hulle so mooi in die veld gesien het. Sou lekker gewees het as ek dit kon afneem.
Re: Kamera mount vir my skiet stoel...
Posted: Thu May 03, 2012 3:39 pm
by stan man
hier by ons is ongelukkig nie ratels nie .maar dit sal interessant wees om jakkalsjag op dvd te kan sien. jy kan dan na die tyd baie leer oor hulle gedragspatrone,as jy daarna kyk.eergister aand se roep was vir my baie snaaks. die jakkie het rond gedraai asof hy tussen die duiwel en die diep blou see was. nadat ek hom gepiets het ,het ek nog so n uur gesit en hom toe gaan laai.orals het jakkalse lawaai ,maar ek kon nie een skoot inkry nie.
ek vind toe uit ek het onbepland n jakkals nes kom opvoeter,maar met al die ouens wat voor my daar geskiet het,is daai jakkalse erg versigtig.dit sou egter nice gewees het om dit op band te kon he.
Re: Kamera mount vir my skiet stoel...
Posted: Thu May 03, 2012 3:50 pm
by Gerhard
Bestel Heinrich se jakkals jag dvd ...
PM vir Jaracal
Re: Kamera mount vir my skiet stoel...
Posted: Fri May 04, 2012 11:55 am
by stan man
dankie ,ek sal so maak.
Re: Kamera mount vir my skiet stoel...
Posted: Wed May 09, 2012 3:01 pm
by James Wright
Gerhard wrote:
Bestel Heinrich se jakkals jag dvd ...
PM vir Jaracal
ek het albei,verseker die geld werd!!!!
Re: Kamera mount vir my skiet stoel...
Posted: Fri May 11, 2012 10:43 am
by C.J.
Marno,
Ek het begin rondspeel met 'n video kamera, as die area lekker gelyk is stel ek hom voor die tyd in om reg in die rondte kan neem waar die Jak omtrent gaan wees, my rest op my stoel is vas so die links en regs op my kamera kan ek voor die tyd reg stel dan lig ek in die rondte terwyl my kamera aan is. Dan stel ek my kamera so op dat hy alles sal afneem waarookal ek skiet. My kamera se fokus kan "lock" so ek stel hom op met 'n helder lig op 80-100m, night mode en backlight aan. Ek maak nie eers my kamera se skerm oop as die Jak inkom nie, ek sit net die kamera aan en begin record. Dit werk nogal as jy vinnig moet skiet. As die Jak rustig inkom kan jy natuurlik "fine tune" maar soos jy weet is daar nie tyd vir sulke goed nie!
Sterkte
C.J.