Page 1 of 1
Burris Fullfield Teleskope
Posted: Wed May 02, 2012 2:41 pm
by LUAN
Het enige van julle manne een van hierdie scopes en wat is julle ondervinding en bevindings oor hulle?
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Wed May 02, 2012 2:47 pm
by BRNO (Pierre)
Die scopes is al baie hier bespreek. Ek glo nie iemand het all n slegte ondervinding van hulle gehad nie. Ekself skiet al vyf jaar met die Fullfield II 3-9*40, en sal more weer een koop as ek moet sonder om te skroom.
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Wed May 02, 2012 2:50 pm
by LUAN
Pierre waar het jy joune gekoop? Hoe vergelyk hy met n Leupold vx2?
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Wed May 02, 2012 3:11 pm
by BRNO (Pierre)
Ek het myne by VLT gekoop. Hulle voer dit steeds in. Ek kan ongelukkig nie vir jou se hoe dit met die Leupold vergelyk nie, maar hier is n paar manne wat sal saamstem dat hy verseker met baie duurder scopes in sy klas vergelyk. Wat wil jy koop en wat prys hy nou?
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Wed May 02, 2012 3:25 pm
by LUAN
Ek soek E1 3-9x40
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Wed May 02, 2012 3:28 pm
by BLOK
Ek het die ?-14x42 koop maar een helderder lense gan jy nie kry nie tensy jy vier keer hulle prys betaal, myne ia nou al so twee jaar op en word baie lw baie hardhandiag gewerk en ek het nog nooit probleme gehad nie, hy het ook nog nooit uitgestel of enag iets nie.
Koop hom maar jy sal hom geniet.
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Wed May 02, 2012 3:41 pm
by LUAN
Dankie dit help my finaal besluit....
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Wed May 02, 2012 5:00 pm
by cjgerber
Ek moet saam met Blok stem, het die 4.5-14x42 op my .222 sonder enige probleme.
Ek het die scope en spotting scope op ebay gekoop vir om en by R3600 so ek dink vir die klas geld is dit verseker 'n goeie opsie!
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Fri May 04, 2012 1:16 pm
by sako 30-06
Ek dink dis fantastiese scopes,ek het die fullfield II 4.5-14x42 op my .308 en 30-06 en ek is baie gelukkig met dit.ek het n kontak in amerika wat dit uitvoer S.A toe,spaar baie geld so.Die bogeneomde scope kos so $270 en dan nog n paar rand vir invoer koste,vat so maand dan is hy hier.
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Mon May 07, 2012 8:57 am
by Yogi
HetĀ 4.5-14x42 op my 308. Dink dit is baie goeie kwaliteit vir sy prys. Ek is baie gelukkig en hy kan die punch vat. Ek dink nie sy helderheid of duursaamheid staan terug vir enige ander maak van 3keerĀ sy prys nie. My opinie s? koop maar met gemoedsrus,jy sal nie spyt wees nie.
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Mon May 07, 2012 1:48 pm
by Coenie (Swift)
303,
Beste koop nog beaam wat al die manne daarvan s?.
Het verlede naweek gaan jag/skiet (Thabazimbi) en die grondpaaie was maar rof en slaggate ek en my vriend het al 2 Burrisse en ges? die pad sal wys hoe goed hulle is......
Een 'n fullfield II op 308 Remington en ander TAC 30 op 270 Savage.
Geen probleme vlakvarke en rooibok het bakkie gery en ons elkeen het nogal uit die vuis varke geskiet (kopskote) Die teleskopie vanwee sy kwaliteit en helderheid gee 'n mens baie selfvertroue.
Sterkte met die besluit
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Thu May 17, 2012 12:39 pm
by LUAN
Nog so een vragie oor die scopes. Hoe dik is hulle reticles? Ek hou eintlik van die fyn reticles nadat ek met n ou se Vx3 4.5-14 geskiet het.
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Thu May 17, 2012 12:48 pm
by LoveHenties
Dis scopes het een groot probleem, hulle is amper onbekombaar. Ek is al 4 weke op VLT se waglys.
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Thu May 17, 2012 12:55 pm
by LUAN
Ag nee nou se jy my die ding dammit!
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Thu May 17, 2012 12:59 pm
by sako 30-06
Die scope se kruishare is mooi dun en die ballistic plex help ook baie.
Voer die scope in dan is jou probleem opgelos!
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Thu May 17, 2012 1:07 pm
by Armand Steenkamp
303,
Pm vir SJ hy sal vir jou n Burris reel
Groetnis
Re: Burris Fullfield Teleskope
Posted: Thu May 17, 2012 2:38 pm
by LUAN
Hang af watse soort model. Die ou by Vlt het in stock maar hy weet nie wat se reticle hulle het nie. Hoeveel modelle is daar nou van die 3-9x40 fullfield.? So ver ek verstaan is dit net die Fullfield II met 2 dots onder die kruishaar en die E1 met dwarslyne en dots vir wind. En dan kry jy 25 en 30mm tubes ook