Page 1 of 1

300 Win Mag en 338 Win Mag

Posted: Wed May 02, 2012 2:07 pm
by pietjacobs
Middag almal,

Ok, die is nou my laaste kaliber vergelyking  ;) , soos julle kan agterkom is ek besig om 'n groter kaliber te soek want ek is nou moeg vir die omies wat nie wil he ek moet met my .270 in die bos skiet nie  >:( , gelaaide rondtes of nie, die omies gee nie om nie.

Ek het nou op Wiki gaan kyk na die 2 kalibers ek kan nie regtig 'n verskil sien, behalwe dat die 338 swaarder punte op die einde van die dag kan skiet. Soos ek verstaan kan mens nie eers die 338 se recoil vergelyk met die 300 se recoil, is dit so?

Hier is wat ek gekry het:

338:

200 gr (13 g) SP 2,950 ft/s (900 m/s) 3,866 ft?lbf (5,242 J)
225 gr (14.6 g) SP 2,800 ft/s (850 m/s) 3,918 ft?lbf (5,312 J)
250 gr (16 g) SP 2,655 ft/s (809 m/s) 3,914 ft?lbf (5,307 J)
275 gr (17.8 g) SP 2,489 ft/s (759 m/s) 3,784 ft?lbf (5,130 J)
Test barrel length: 24

300:

165 gr (10.7 g) GMX 3,260 ft/s (990 m/s) 3,893 ft?lbf (5,278 J)
180 gr (12 g) BT 3,146 ft/s (959 m/s) 3,972 ft?lbf (5,385 J)
190 gr (12 g) BTSP 3,083 ft/s (940 m/s) 4,027 ft?lbf (5,460 J)
200 gr (13 g) Partion 3,029 ft/s (923 m/s) 4,092 ft?lbf (5,548 J)
220 gr (14 g) Sierra MatchKing (HPBT) 2,850 ft/s (870 m/s) 3,908 ft?lbf (5,299 J)
Test barrel length: 24 inches (61 cm)

Eland is seker maar die grootste wat ek in my lewe gaan skiet, so is die 300 maar dan die beter opsie?

Groete,
Piet

Re: 300 Win Mag en 338 Win Mag

Posted: Wed May 02, 2012 3:12 pm
by Biltong
Hi Piet,

Uit die staanspoor moet ek net noem dat ek .338 het en hom werklik baie geniet en hoogs beindruk is met die doodmaakvermoee van die kaliber. Ek het nie eerste-handse ondervinding van die .300 WinMag nie.

Ek dink dis belangrik om die herlaaidata vir plaaslike dryfmiddels te gebruik vir vergelykings tussen kalibers. Jy gaan mos Somchem se dryfmiddels gebruik en is beperk daartoe vir alle praktiese doeleindes. Die data wat jy aanhaal vir die .300 lyk vir my dalk na .330 Weatherby Magnum spoed met die verskillende koeelgewigte. Ek mag verkeerd wees.

Die herlaaidata uit die Somchem -Aug 2009 boekie is as volg vir die dryfmiddel waar die hoogste maks spoed aangeteken is:

.300WM   
168gr  3048fps
180gr  2936fps
200gr  2720fps
220gr  2654fps

.338WM
200gr  3055fps
250gr  2753fps
275gr  2602fps


In my ondervinding en begrip van die twee kalibers behoort die .338 so 200 tot 250fps meer spoed te kry met dieselfde gewig koeel as die .300.

Ek laai tans vir my .338 'n 225gr koeel teen 2840fps.
Ek skiet 'n 300gr koeel teen 2380fps, en 'n 270gr teen 2570fps.

Albei kalibers is natuurlik baie veelsydig met die .300 meer aan die ligter koeel kant en die .338 meer met die swaar koeels.

Dis jou keuse -volgens jou persoonlike smaak -maar jy het mos die .270 vir die ligter goed ;D

Ek dink die terugskop gaan as 'n reel gepaard met die energie wat die kaliber uitsit.

Groete

Re: 300 Win Mag en 338 Win Mag

Posted: Wed May 02, 2012 3:20 pm
by pietjacobs
Dankie Ludwig en Biltong.

My hart staan 338 se kant toe, maar ek is bang dat ek bietjie lig is vir hom. Is daar 'n groot recoil verskil tussen die 2?

Groete,
Piet

Re: 300 Win Mag en 338 Win Mag

Posted: Wed May 02, 2012 3:29 pm
by BLOK
Piet

Jy het mos nou klaar besluit, koop hom en sit net n ordentlike pad op en n kwikstaaf dit sal n groot verskil maak en ek belowe jy sal hom baie geniet. As skop nog dan pla kry n demper stiller of harder een al gebruik jy hom dan net vir oefen en baanskiet.

Sterkte.

Re: 300 Win Mag en 338 Win Mag

Posted: Wed May 02, 2012 3:38 pm
by pietjacobs
Dankie Blok,

Kkan jy daai kwikstaaf in enige kolf sit of moet dit 'n spesifieke kolf wees. Vir die kalibers moet mens seker maar na bekende make kyk en nie na die Howa bv nie, of is ek vekeerd.

Ek wil hom nou in September bestel as ek my bonus kry. Hoop net die bonus is groot genoeg  ??? ???

Re: 300 Win Mag en 338 Win Mag

Posted: Wed May 02, 2012 3:39 pm
by Biltong
Piet,

Gaan kyk bietjie na www.chuckhawks.com/recoil_table.htm. Daars 'n goeie artikel met recoil tabelle. Hiervolgens recoil die .338 meer as die .300 en omtrent soveel soos die 9,3x62, en minder as die .375. Die koeelgewigte is egter nie heeltemal vergelykbaar nie.

Hoe ligter jy is 'n hoe meer gee jy mee saam met die recoil en dis nie so seer nie ;D ;D. Vra my.

Ek weeg 76kg en het nie 'n probleem met die .338 se recoil nie. Het gister twee varke geskiet -een vanuit die kniel posisie en een uit die vuis. Dis was groot varkte wat op die plek geval het met bladskote.

Daars ook baie wat mens kan doen om die recoil te verminder met 'n KD en/of gewig in die kolf. My geweer het nie enige hiervan, net 'n swaar loop. Totale gewig met teleskoop =4.9kg.

Groete.

Re: 300 Win Mag en 338 Win Mag

Posted: Wed May 02, 2012 4:01 pm
by Lourens
Piet,

Moenie bang wees vir die .338 nie, hy skop wel lekker, maar met bietjie oefening kan jy hom maklik bemeester. Maak soos Blok gese het, sit 'n pachmayer op en kwikstaaf in die kolf en hy gaan al klaar baie minder recoil. As jy eers iets met hom geskiet het sal jy verstaan hoekom almal wat .338's het so lief is vir hulle!!  ;D ;D

Groete,
Lourens

Re: 300 Win Mag en 338 Win Mag

Posted: Thu May 03, 2012 7:30 am
by pietjacobs
Dankie almal vir julle terugvoer. 338 is dan nou maar my besluit. Nou moet ek net begin pryse kry

Re: 300 Win Mag en 338 Win Mag

Posted: Thu May 03, 2012 8:09 am
by Danie Lombard .243
Laaste druppel in die emmer Piet.

In jou 1ste plasing se jy dat die omies jou roer omdat jy met 'n .270 in die bos wil jag. Ek lui dus af dat jy 'n kaliber soek meer vir bos jag. Ek sal ook aanbeveel dat jy dus fokus op 'n .338 Win Mag  Dit is 'n bul van 'n kaliber wat swaar koeels omtrent net so vinnig skiet soos die 9,3X62 en .375 maar met 'n koeel met 'n effe kleiner diameter.

As my vrou nie 'n 9,3X62 besit het nie sou ons beslis 'n .338 gehad het.

Re: 300 Win Mag en 338 Win Mag

Posted: Thu May 03, 2012 8:52 am
by pietjacobs
Thx Danie. Dis nes jy se ja. Die 338 gaan maar meer vir die bos wees maar darem het ek nou ook die opsie om groter wild oor ver afstande te kan skiet. Dis hoekom ek na die 2 maar begin kyk het.

Re: 300 Win Mag en 338 Win Mag

Posted: Thu May 03, 2012 9:54 am
by James Wilson
Piet oorweeg nou maar die 375 ruger ;)

Re: 300 Win Mag en 338 Win Mag

Posted: Thu May 03, 2012 11:38 am
by douw
KOOP DIE HOWA

EK HET DIE 300WM HOWA. NA DIE DERDE KEER OP DIE BAAN SKIET EK 15.5mm GROEPERINGS!!

GROETNIS
DOUW

Re: 300 Win Mag en 338 Win Mag

Posted: Thu May 03, 2012 12:33 pm
by Flip Nel
Iets wat jy moet oor dink Patrone vir die 338 is baie duur en skaarser as die 300, as jy herlaai is dit bietjie goedkoper.  Ek het al 3 270 win, 338 win en 300 Win.  Asgevolg van sy skop en die prys vir ammo skiet ek eerder met my 300.  Om dinge moeiliker te maak ek het ook 'n 9.3x62 skiet in die bos daarmee

Re: 300 Win Mag en 338 Win Mag

Posted: Mon Jun 11, 2012 11:31 am
by Bosmeerkat
My 2c.  Koop die .338; pachmeyer en kwikstaaf hom en bel vir Clarence vir 'n terminator vir as jy van die bank af skiet.  Ek het my Tikka T3 dit mee gedoen.  Ek dink nie daar is 'n probleem met enige kolf van die rak af om 'n kwikstaaf mee in te sit nie.  Baie veelsydig die meneer.  Koop net ordentlike scope met goeie eye relief en monteer reg.