Swarovski Z3 4-12 x 50 BT
Posted: Wed May 02, 2012 10:35 am
Hallo Almal
Ek sien die laaste tyd baie topics oor scopes. Van bekostigbare tot die duurder scopes.
Ek wil graag terugvoer gee oor my ondervinding met die Swarovski Z3.
Ek het baie probleme ondervind met my Nightforce se field of view veral as ek in die nag skiet. Ek het baie tyd gemors om die dier in my scope te kry en so my kans op die dier verloor.
Dankie aan al die Jaracal manne wat my oortuig het dat die Nightforce nie 'n nagscope is nie agv sy klein field of View. Ek was egter hardkoppig en het nog 'n slag of twee probeer. My skaapboer vriend was verstreurd met my as dit by jakkels skiet kom want ek was baie tydsaam om die jakkels in die scope te kry en dit daar te hou.
Dankie aan Dawie wat my oortuig het om vir Swarovki te probeer. Ek het op die goedkoper Z3 4-12x50 BT besluit. Ek kon nie glo dat selfs op 10 en 12x vergroting in die nag alles 100% in beeld en fokus was nie. Dit was super duidelik en vir die eerste keer was ek 100% tevrede met die Field of View. Ek kon vinnig die diere opspoor en skiet. (Die naweek het ek en John Mogardo 12 ribbokke geskiet---in die dag en nag)
In die dag het die Ballistic Turret my bederf. Afstand verstelling tussen 200 en 400m was geen probleem nie. As ek die rangefinder druk vir 'n afstand het die die verstelling gemaak binne 'n sekonde of twee. Op my 22-250 1-9 twist wat 70 gr Bergers skiet is dit die idiale jag scope. Die geweer skiet baie plat en die verstellings is baie naby aan mekaar.
Een ding wat Swarovski kan doen om die Z3 te verbeter is om dit tot 14 of 16x te maak. Nog steeds sonder paralaks verstellings. Die BT is 'n moet.
As ek raag kan gee.
Spaar 'n maand of selfs 'n jaar langer en koop een van die goekoper Swarovski's soos die Z3.
Groete
Zack