Page 1 of 3
Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 7:19 am
by sako 30-06
Ek stel baie belang om te sien wat dink die algemene biltongjagter is die beste wild vir die pot.Ek het nie n Eland ingesluit nie aangesien ek dink hy is te groot en te duur vir die gemiddelde jagter om hom te skiet vir sy gesin.As ek praat van vir die pot bedoel ek,kookvleis,maalvleis,wors,patties,biltong en droewors.
Dankie manne!
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 7:41 am
by Frederik
Sako ek dink jy het die nommer een bok vir die pot vergeet op jou lys SPRINGBOK.
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 7:59 am
by Foxcreek
Stem ook vir 'n Springbokkie.
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 8:04 am
by sako 30-06
Frederik wrote:
Sako ek dink jy het die nommer een bok vir die pot vergeet op jou lys SPRINGBOK.
Frederik,nou's hy reg.
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 8:09 am
by Frederik
Dankie

Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 9:10 am
by DawieKotze
Takbok???
Veral as hy lekker vet is.
Anders is dit springbok.
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 9:19 am
by Danie Lombard .243
As dit by eet bok vleis kom is die gras wei (grazers) die beter tiepe (blouwilde en swartwildebeese uitgesluit) Ek reken gemsbok en springbok is die beter keuse as dit gaarmaak wildsvleis kom.
Skootplasing is by vere die grootste faktor as dit by die smaak van wildsvleis kom en hoe gou die bok dood neerval.
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 9:23 am
by sako 30-06
madako wrote:
Takbok???
Veral as hy lekker vet is.
Anders is dit springbok.
Iets wat ek nog bitter graag wil skiet en proe,maar hier in die gauteng omgewing is daar maar min plase waar hulle beskikbaar is en as hulle te skiet is is hulle vrek duur.
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 9:26 am
by sako 30-06
Danie Lombard .243 wrote:
As dit by eet bok vleis kom is die gras wei (grazers) die beter tiepe (blouwilde en swartwildebeese uitgesluit) Ek reken gemsbok en springbok is die beter keuse as dit gaarmaak wildsvleis kom.
Skootplasing is by vere die grootste faktor as dit by die smaak van wildsvleis kom en hoe gou die bok dood neerval.
Danie wat is jou rede laat jy BWB uitsluit,geniet jy nie sy vleis as kookvleis ens nie?
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 9:28 am
by henried
madako wrote:
Takbok???
Veral as hy lekker vet is.
Anders is dit springbok.
X 2
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 9:46 am
by Danie Lombard .243
Blouwildebees se smaak is volgens my nie naasteby so lekker soos springbok en gemsbok nie. My opinie en smaak. Slegste van die lot vir my is die "sloped back" spesie bokke, blesbok, bontebok, tessebe, rooihartebees ens. Vreeslik sleg vir my en my vrou.
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 12:13 pm
by Danie Lombard .243
Amper vergeet van die ribbok, die het ook baie lekker vleis.
Wat die kleiner bokkies betref loop steenbok heelvoor. Duiker is maar goor, het ook 'n donker rooi tot amper pers kleur vleis soos blesbok.
Gemsbok, springbok, eland en steenbok het 'n mooi ligkleur vleis soos bees en skaap.
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 12:33 pm
by immelmanw
My 5c.......
Rooiribbok of Rietbok vir kookvleis
Vir mince GEMSBOK
vir wors TAKBOK
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 1:01 pm
by wlm
Ouderdom van bok seker die belangrikste. Ek eet 5/6 maande oue lammers uit my boerdery nie my ou teelramme nie.
Tweede in die ry is om net "rustige" vleis te eet. Die beste is die een wat in die nag die skoot onverwags gekry het.
Gooi dan 'n paar skaapsterte by om die spulletjie so bietjie olierigheid by te gee. Ek hou nie van spek of ander skerp geure in wildsvleis nie. Die smaak is delikaat en moet met naeltjies en koljander net bietjie na vore gebring word.
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 1:10 pm
by Zack Benade
Willem
Jy KEN jou vleis.
Ek stem 100000% saam met jou.
Takbok is ook super vir mince.
Groete
Zack
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 1:13 pm
by vlakvark1
Ek verkies koedoe maar als word biltong en droewors en die fillets gaan oor die kole

Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 1:32 pm
by G-force
Eland is vir my puik.
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 1:44 pm
by Hein M.
Danie Lombard .243 wrote:
Wat die kleiner bokkies betref loop steenbok heelvoor. Duiker is maar goor, het ook 'n donker rooi tot amper pers kleur vleis soos blesbok.
Ons skiet weer net duikers hier in die rooibostee (Clanwilliam distrik) Die biltong is heerlik en as jy hom met varkspek opkook smaak is die vleis heerlik - veral in 'n pastei of saam met soetpatat
Mooiloop!
Hein
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 7:02 pm
by immelmanw
Zack Benade wrote:
Willem
Jy KEN jou vleis.
Ek stem 100000% saam met jou.
Takbok is ook super vir mince.
Groete
Zack
Dankie Zack....elk het ook dam al skoolgeld betaal om altyd die grootste te wil skiet!
Ek se altyd, ek lyk nie so van chocolates nie......VLEIS!
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 7:06 pm
by Beretta
Nou hoe lyk jy nog nooit gesien nie hoe se hulle jy moet jou groente eet

.
Beretta
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 9:24 pm
by immelmanw
Beretta wrote:
Nou hoe lyk jy nog nooit gesien nie hoe se hulle jy moet jou groente eet

.
Beretta
GROOT.............BAIE GROOT!
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 9:47 pm
by tobie
willem ek stem ok maar saam daar.Ek het nog nie takbok probeer nie ,maar sien hulle begin hulle self nou vestig op die lusern.
Ek het gehoor hulle is baie agresief teen oor ribboke en ver wilder hulle van die plaas af.Is dit so?
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Tue May 01, 2012 9:48 pm
by Piet Breedt
Definitief is n Rietbok no 1 in my boekkie en dan n Kalahari Gemsbok.
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Wed May 02, 2012 2:49 am
by Geno
Piet Breedt wrote:
Definitief is n Rietbok no 1 in my boekkie en dan n Kalahari Gemsbok.
Net so!
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Posted: Wed May 02, 2012 6:56 am
by DWB
Ek het 2 weke terug BWB op Pongola geskiet.
Ek voer die vleis vir almal en niemand kan glo dis BWB nie.
Dit is voorwaar die lekkerste wildsvleis wat ek tot op hede geproe het.
Laas jaar sin van Harrismith was nie so lekker nie.
Takbok kraai koning!