Page 1 of 1

Baie Goeie Diens

Posted: Fri Apr 27, 2012 5:28 pm
by Philip De Bruyn(MFWIC)
Hallo almal,
Ek wil net graag met julle deel die goeie diens wat ek ontvang het by die Boschkop polisie stasie buite pretoriam
Van die eerste oomblik wat ek daar ingestap het was hulle behulpsaam en het geweet wat hulle doen en asgevolg daarvan het ek dan ook my kompitancy en vuurwapenlosensie ontvang in minder as 2maande.
Ons wil gewoontlik net altyd kla oor hulle nie hul werk doen nie,mar vandag wil ek graag se baie dankie aan die hardwerkende mense van Boschkop Polisie stasie.
Lekker Dag
Philip

Re: Baie Goeie Diens

Posted: Fri Apr 27, 2012 7:28 pm
by vlakvark1
Wonder hoeveel van die soort polisiestasies daar is wat die goeie diens doen.  ???

Re: Baie Goeie Diens

Posted: Fri Apr 27, 2012 8:51 pm
by Fanie
Ja nee dit kan jy weer se.  Die poelies stasie by ons het hulle eers die personeel vervang, toe is die opvolg spul nou eers treurig, hul sou die stasie toemaak, ek weet nie of dit al gedoen is nie.  Kon maar bet sowel.  Twee wat hulle uitgestuur het hierheen na 'n motorinbraak kon nie een lees of skryf nie.

Phillip, skryf vir die koerant en vir hulle bevelvoerder 'n brief wat hulle aanprys !

As nagedagte skryf dalk met vir die bevelvoerder, as die regering hoor iets werk maak hulle dit dalk toe...