Page 1 of 1

Nuwe Teleskoop

Posted: Tue Apr 24, 2012 3:01 pm
by SmitH
Wat stel julle voor vir my 243 het so R5000.00

Re: Nuwe Teleskoop

Posted: Tue Apr 24, 2012 3:38 pm
by tripodmvr
Burris, Nikon, Redfield in orde van voorkeur. Lynx is ook 'n rolspeler synde hulle goeie diens gee as daar fout is.

Re: Nuwe Teleskoop

Posted: Tue Apr 24, 2012 4:54 pm
by BLOK
Burris is baie goed en so ook die Nikon scopes.

Re: Nuwe Teleskoop

Posted: Tue Apr 24, 2012 5:00 pm
by Hein M.
;)

Ek sal nie eers 2 keer dink nie...

http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... f_nikoplex

Daardie waarborg by DAARDIE winkel tel baie

Mooiloop!

Hein

Re: Nuwe Teleskoop

Posted: Thu Apr 26, 2012 7:35 pm
by Hein M.
???

Wat het van die 2 Meopta posts geword?

Hein

Re: Nuwe Teleskoop

Posted: Sat Apr 28, 2012 5:19 pm
by Fanie Nel
Hello Hein
die posts lyk vir my het verdwyn na die forum nou die aand af was .
smith sit R1000 by en koop vir jou meopta 3-10*50 meostar R1 en jy sal nooit weer terug kyk nie.
Fanie Nel

Re: Nuwe Teleskoop

Posted: Sun Apr 29, 2012 9:26 am
by raychell
Hein
Ek stem saam met Fanie
'n Moontlike alternatief is die Meopta Meopro 3-9x42 R 4400.00 of die Meopro 4-12x50 R 4700.00 beide het 1" pype en nie die 30mm van die meostar nie
Raynie

Re: Nuwe Teleskoop

Posted: Sun Apr 29, 2012 8:58 pm
by Hein M.
;)

Stem. Die die Meopta is goeie waarde vir geld.

Is die x9 en x10 vergrotings nie 'n bietjie klein vir ouens met swakker ogies (soos ek) - op 180m+ op ghongs nie?  Weetnie...

Hein

Re: Nuwe Teleskoop

Posted: Fri May 04, 2012 1:28 pm
by sako 30-06
Laat weet my as jy belangstel in n Burris,sal vir jou die ou se besonderhede stuur wat dit uitvoer na S.A toe.

Re: Nuwe Teleskoop

Posted: Fri May 04, 2012 1:32 pm
by Dippies
BLOK wrote: Burris is baie goed en so ook die Nikon scopes.
Ek moet saam met Blok begin stem vat die burris 6-20x50 of die nikon 4-20x44.

Moet se vir my volgende klein roer kry hy een van die lense. Soek n ding dat ek die vlooie op n bok kan sien.

Daar is min scopes wat by daai manne gaan kom vir daai prys

Dippies

Re: Nuwe Teleskoop

Posted: Fri May 04, 2012 4:03 pm
by SmitH
Dankie manne vir al menings oor die verskllende telleskope sal laat weet wat my keuse was