Page 1 of 1

Mec Shotshell reloaders

Posted: Sun Apr 22, 2012 8:18 pm
by ablm468
Manne

wie kan my help met 'n kontak waar ek een van die herlaai presse in die hande kan kry of dalk 'n tweedehandse een in goeie toestand kan koop. Ek sukkel met my Lee dit van my 3-4 ure om 200 patrone te laai. Ek kan nie so baie tyd afstaan daaraan nie, het 'n vinniger press nodig.

Ek lees op hulle webwerf dat mens met die jnr toot 100 in 'n uur kan laai.

Hulp word waardeer.

Hansman

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Sun Apr 22, 2012 8:21 pm
by Beretta
Koop n Hornady 366 sal jou n leeftyd hou en so 3 keer meer per uur laai as enige mec press
Beretta

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Sun Apr 22, 2012 8:45 pm
by ablm468
Beretta

Waar koop 'n man die goed, daar is nie baie winkels wat dit aanhou nie? Wat kos so 'n press?

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Sun Apr 22, 2012 8:48 pm
by Beretta
Vlt of nicolas yale of jy voer hom in

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Sun Apr 22, 2012 8:52 pm
by Pvdw
As ek op die regte plek geloer het verkoop Hornady hom vir oor die $800 Dit kan 'n klompie geld wees as hy in SA aankom. Ek kan verkeerd wees.

Peet

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Sun Apr 22, 2012 8:59 pm
by Beretta
Peet
Sit met die nuutste hornady cat voor my jy is reg saam mer die gas assist option en sonder hom 680.66 usd
Beretta

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Sun Apr 22, 2012 9:22 pm
by ablm468
Peet jys reg dis 'n paar rand daai, kan maar met 10 maal saam met posgled in taxes, amper R7k.

Too high to come by vir my, ek dink aan so tussen R3 en R4k is omtrent maks wat ek sal spnadeer op 'n press, hornady sale seker dan uit die kwessie wees.

Ek soek net 'n ding wat bietjie vinniger is as die Lee waarmee ek huidiglik sukkel, sien www.wantitall.co.za verkoop Mec presse van so R3500 af, is hulle goed of nie?

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Sun Apr 22, 2012 9:34 pm
by Beretta
Hansman
Wat is bereid om te betaal vir mec miskien kan ek een kry. Sal die man more bel
Beretta

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Sun Apr 22, 2012 9:36 pm
by Pvdw
Hansman s? bietjie vir my, afgesienvan die LEE se tekort aan topspoed, hoe vind jy die kwaliteit van die eind produk.

Ek het 2 sens wat help laai en as ek moet koop ek sommet 2 2dehandse Lee Load all's en laat hulle my help. Net solank die eindproduk op standaars is.

Peet

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Sun Apr 22, 2012 9:49 pm
by ablm468
Peet
Nee die produk is goed, ek het seker al so 2000 patrone gelaai met myne en werk 100%. Ek vind dit net bietjie stadig, kan seker so +/- 50 in 'n uur gooi, as 'n man gou vir saterdag se skiet 250 wil laai kyk jy na 3 ure + se harde werk.

Die Mec Jnr word gerate op 100 per uur wat al klaar 'n groot verbetering is op myne, hy verkoop so vir ongeveer R3500 op wantitall, enige beter prys sal welkom wees.

Daar is 'n post van iemand op Gunsite wat 'n Jnr gehad het vir R1850, maar ek weet nie of hulle nog vorraad aanhou nie.

Beretta kan so R3k afknyp dit is maks anders kry ek moeilikheid met die pantoffel regering.

Groete

Hansman

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Sun Apr 22, 2012 9:54 pm
by Pvdw
Hansman as ek jy is hou ek Amazone in gedagte vir $120 plus posgeld. Dit gaan defnitief minder as 3k wees!!!

Peet

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Sun Apr 22, 2012 11:09 pm
by ablm468
Peet ek was onder die indruk mens kan nie die goed invoer nie, sal Amazon werk?

Hansman

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Mon Apr 23, 2012 1:30 pm
by Vlakvark
Beretta

Is die Hornady beter as die groot RCBS
Ek kyk na hulle . Ek skiet net te min 12g om dit te regverdig so ek speel ook maar met die LEE wat ek seker al 25 jaar het en hy hou nog

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Sun May 27, 2012 10:07 pm
by Rasmus
Weet iemand dalk waar mens n pacific dl155 press in die hande kan kry? Sover ek weet word hulle nie meer vervaardig nie maar werk blykbaar lekker.

Smaak my ek moet ook nou die ding begin doen.

Groete

Rasmus

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Mon May 28, 2012 8:13 am
by blaser
paciffic is maar hornady die ou 155 is n singel stage pres dan sal die lee load al ook vir jou werk maar altyd beter om n press te kry wat draai

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Mon May 28, 2012 9:47 am
by Rasmus
Dankie Remington

Smaak my ek moet maar bietjie spaar en tog n Hornady koop....

Indien iemand van iets tweedehands weet hou ons asb op hoogte.

Groete

Rasmus

Re: Mec Shotshell reloaders

Posted: Thu Jun 07, 2012 4:39 pm
by green leader
probeer Neo C outdoors hulle is in middelburg vir die MEC Tel: +27 843221149 (Coen)
.