Page 1 of 1
Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sat Apr 21, 2012 6:59 pm
by FE
Goeie naand almal,
Ek weet nie of almal hier mee sukkel nie, maar ek is op soek na 'n nuwe goeie jag, skiet en veld warm baadjie. Ek het laas jaar my bosbaadjie deur die droogskoonmakers verloor. Wat kan julle aanbeveel en het iemand dalk self een van die sniper ultra parkas?
Wag om van julle te hoor.
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sat Apr 21, 2012 7:16 pm
by vlakvark1
Ek het n Ridgeline camo baadjie wat baie sakke het en genoeg warm is vir koue winters aande. Net n bietjie te warm gedurende die dag. Ek het hom gekoop by Afgri.
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sat Apr 21, 2012 7:21 pm
by Sako75
Ek hou van die baadjies en voer van tyd tot tyd vir my in.
http://www.fjallraven.com/outdoor-equipment/jackets/
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sat Apr 21, 2012 7:23 pm
by Jakkalsgat
Ed
Ek jag met 'n baadjie uit USA, Carhartt is die maak. Hulle is gewoonlik so 100 USD kyk of iemand nie vir jou een kan saambring nie. Myne is groen maar jy kry dit in verskillende kleure, sover ek weet camo ook.
[img width=560 height=420]
http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... pyp201.jpg[/img]
Verskoon ek lyk bietjie bedompig maar die oggend toe ek moet ry uit Bloem daag die een klient oorbedien op en plaas 350km van Bloem so was maar moeilik ek het hom die aand teruggekry was toe weer geswaai en hy en iemand tel stry op oor hulle mekaar se ma's vloek en weier om in dieselfde huis te saap se hy wil in die bakkie slaap. Ek besluit hy slaap nie met sy dronkg-t in my bakkie nie, is bang hy sluk uit, laat hom toe agterin slaap met -9 grade daai nag.
Die baadjie is bietjie swaar maar met die temperature moet ek warm jas he.
Groete
Jaco
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sun Apr 22, 2012 8:26 am
by wlm
Pasop Jaco
Die model gaan oorval word met aanbiedinge om "rugged outdoor gear" te adverteer.

Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sun Apr 22, 2012 11:54 am
by grumpy
Sniper camo se parker baadjie. Baie lekker warm.
Jakkalsgat of grapgat

Ek het net so baadjie en het ek dink R 180-00 betaal vir hom. Net so warm maar my parker baadjie is die warmste!
Grumpy

Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sun Apr 22, 2012 12:03 pm
by Jakkalsgat
Grompot
My pa is sterker as jou pa
Groete
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sun Apr 22, 2012 12:18 pm
by FE
Dankie vir al die raad,
Ek het 'n parka verloor soos reeds gese, maar in bloem kry ek nie! Het op internet een bestel, duitse baadjie toe hy by my kom is hy nie gevoer nie

en hier by ons is dit of warm of koud soos Jakkalsgat weet. Dink parka's is baie sterker as die goed wat jy in die winkel kry!
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sun Apr 22, 2012 12:21 pm
by Jakkalsgat
Ed
In welkom is 'n winkel Park wholesalers wat al hierdie parkas en ander baadjies verkoop, as ek weer daai kant toe gaan sal ek vir jou saambring, anders moet ons sommer Chrystler vol maak en paar manne saamvat, ons maak sommer dag van dit.
Groete
Jaco
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sun Apr 22, 2012 12:43 pm
by grumpy
Jakalsgat, jou pa is miskien sterker as myne maar ek kan meer eet as jy want ek het n groooot pens!!!!!
My baadjie is net so warm maar my vrou het my die parker gekoop vir Kersfees!!
Gromgat

Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sun Apr 22, 2012 12:48 pm
by Jakkalsgat
Grumpy
My vrou het vir my tikmasjien gekoop!
Ek en jy hijack deesdae al die posts ek dink ons moet Gapgat vs Grompot post begin
Groete
Jaco
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sun Apr 22, 2012 12:56 pm
by grumpy
Ha ha ha!!!
Ja sorry ek hijack die post!
Die baadjies is darem lekker.
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sun Apr 22, 2012 12:57 pm
by Jakkalsgat
Grumps
Nie jy nie ons.
Groete
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sun Apr 22, 2012 2:31 pm
by FE
Dankie Jakkals,
Ek gee glad nie om nie, laaik dit daar ons nog met mekaar kan gat vat so nou en dan!! Ek kry raad en hulp en sommer oefen ek my maag spiere ook nog tussen in

grumpy hoop net nie jy is so bang as jou vrou nag diens werk dan slaap jy by die buurvrou nie
Jakkals dankie dit sal gaaf wees sal jou laat weet dan reel ons so iets. Ons kan dalk met meer as 'n paar baadjies huis toe kom, wie weet!!

Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sun Apr 22, 2012 3:02 pm
by Francois Marais
Manne
Bestel al my warm klere van die company.....
http://www.fntpost.com/Categories/Footwear+Clothing/
Gebruik ook maar die CARHARTT maak, het twee baadjies en n stel bib overalls....hierdie een....
http://www.fntpost.com/Products/Bibs+Co ... b+Overalls
en hierdie twee, dink nie daar is iets in ons land wat hiermee kan vergelyk nie, dis in n klas op hul eie.....vra ma vir Taffie.....
http://www.fntpost.com/Products/Coats,+ ... ional+Coat
http://www.fntpost.com/Products/Coats,+ ... ional+Coat
Ek het alles in swart gekry.......
Mooi loop
Francois
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sun Apr 22, 2012 8:04 pm
by tafjak
Francois
Ja, lyk my die Carhartt is maar die goete. Het so Baadjie(duck quilted) en 'n bib . Nog 'n bib oppad en die goeters hou 'n ou nogal warm, kan net die ryp afskud.
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sun Apr 22, 2012 10:42 pm
by Makenda Sales
Hi Piet,
Jy het nie dalk hulle kontak besonderhede nie?
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Mon Apr 23, 2012 6:04 am
by Musgrave
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Mon Apr 23, 2012 1:31 pm
by Nadia
I'm selling Belgium Military Parka, Olive Drab for R450 (R50 discount for forum members)
Postage at own expense
DISCOUNT if bought in bulk f 10 or more.
Color: Army green
Material: 70% of dress material / cotton. 30% of 70% of lining / cotton polyester
Size: S, M & L
Length / approximately 98cm length of a kimono sleeve / approximately 63cm
Width of the shoulders / approximately 50cm width of the body / approximately 57cm
Production country: Belgium
Specifications:
Front pocket *4
Inner pocket *1
It is with food / draw cord
It is with inside body part / draw cord
Total lining collar food is packable
Combat cold! Rugged, dependable and long-wearing.
Cotton-blend material
Button front
Cinch waist with drawstring liner
4 front flap-closure cargo pockets
Button cuffs
Epaulets
Zip-in collar hidden hood
Inner chest pocket. Machine wash / tumble dry. Imported.
Sizes: Small, Medium & Large
Feel free to share this with your family & friends:
http://hopeonline.co.za/belgium-parkas-2/
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Mon Apr 23, 2012 6:31 pm
by JHS
Naand almal Ek het seker een van die warmste baaidjies wat ek nog tee gekom het dit word gemaak deur first ascent weet nie presies wats die baaidjies se naam nie maar die baaidjie is I dons baaidjie so jy kan dink hoe warm hy is. Sy materiaal is nou maar net om die dons binne te hou steig maar ligte materiaal so hy kan maar hak en skeur ma as jy net iets oor die baaidjie trek dat hy nie hak nie is dit I great baaidjie regtig. Baie warm
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Fri Jul 06, 2012 7:00 pm
by Andre Hepburn
Naand manne
Moet saamstem met die ouens wat 'n carhartt het. Het 3 van hulle en 'n stel bibs. Dink nie daar kom iets naby dit nie. As julle ouens ken in Amerika laat weet hulle jy soek 'n Carhartt. Redelik oral beskikbaar.
Dis maar net my 2c
Groete
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Fri Jul 06, 2012 7:17 pm
by Johnnie De Wet
Nadia, hoekom hou jy nie nommers aan vir die normale Suid Afrikaans mans nie? Ons arms is mos bietjie langer as a gewone Large?
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Thu Jul 26, 2012 10:45 pm
by kobuslandman
Nadia
Het jy nog vooraad van die parkas?
Groete
Kobus
Re: Warm baadjie vir jag en skiet doeleindes?
Posted: Sat Jul 28, 2012 1:44 pm
by Nadia
kobuslandman wrote:
Nadia
Het jy nog vooraad van die parkas?
Groete
Kobus
Hello Kobus
Al die parkas is op hierdie stadium uitverkoop. Sal jou op hoogte hou as my idee of plan 'n sukses is.
Groete
Nadia