Page 1 of 1
Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Sat Apr 21, 2012 7:25 am
by tripodmvr
Ek het gaan krap op AHN (Oz jagforum) en daar word toe verwys na die soniese skoonmaker wat Vlakvark soveel moeite gedoen het om vir ons te stuur. Sien die een kerel het dit vir net 17 dollar aangekoop.
Hulle rapporteer ook die gebruik van 2 of drie siklusse, gebruik van wynsteensuur en spreek ook redelike tevredenheid uit. Ek is nog baie tevrede met myne en 'n mens moet net bietjie dink en daar is baie ander dinge wat hy kan skoonkry. Het bv. 'n geblokte stortkop ingegooi en hy is weer prima.
Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Sat Apr 21, 2012 8:21 am
by Vlakvark
Hi Tripod Die winkel wat ek dit by gekoop het, het nou weer van hulle gehad vir $25.00 maar hulle was 50ml kleiner as die wat ek vir julle gekry het
http://aldi.com.au/au/html/offers/2827_19811.htm
Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Sat Apr 21, 2012 8:25 am
by Vlakvark
Hier is die een wat hulle nou weer gehad het
http://www.aldi.com.au/au/html/offers/2827_20640.htm
onthou om die mandjie uit te haal vir dop skoon maak dit gee hom meer skoon maak krag
Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Sat Apr 21, 2012 9:41 am
by James Wilson
ek gebruik my sonic cleaner net om seker te maak die binnekant en die flashole's is skoon. ook as ek haastig is om weer te begin laai sal ek die doppe so 3 siklusse van 8min deur sit en dan sal ek hulle droog en herlaai. ek gebruik wynsteensuur saam met die consentrate. as ek dan nog tyd het voordat ek gaan laai sal ek die doppe vir 24-huur in die tumbler sit. ek het nou al gelees in party herlaai manuals dat die skrywers nie hou van geweer doppe tumble nie, ek kan egter nie n fout daarmee sien nie. ek gooi so 1 keer elke 10 tumbles ook n bietjie MR muscle in en saam met daardie s/cleaner is die doppe werklik skoon en mooi blink.
ek het ondervind dat as jou dop binne regtig vuil is agv van ander redes soos bloed wat agterop die bakkie in die dop ingeloop het, maak die tumbler dit nie werklik skoon nie. die s/cleaner sukkel egter nie op die "interne" probleme op te los nie.
Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Sat Apr 21, 2012 10:29 am
by tripodmvr
Ek dink die lekkerste van die soniese skoonmaker is die feit dat jy hom kan los om sy eie ding te doen. Het nie toesig nodig nie en hy doen goeie werk. Tyd is nie sommer 'n faktor by dopvoorbereiding nie. Die ander ding is hoe maklik die stel skoonmaak na die tyd.
Tumbling is ook een van daardie aksies wat oornag gedoen kan word. Dit is ook 'n ding wat eenvoudig is en uitstekend werk.
Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Sun Apr 22, 2012 6:42 pm
by Fanie
Julle weet dit seker en ek se dit nou net vir die ouens wat dit nie weet nie.
Ultrasoniese skoonmaak werk net as jy die regte oplos middel in die bak gebruik vir die tipe wat ook al jy skoon wil maak. Ek kry ouens wat my bel en dink dis een of ander wonder apparaat wat met water enige iets skoonmaak en dit is nie so nie. Die skoonmaak of oplos middel is steeds die belangrikste enkele vereiste om goeie resultate te kry.
Wat die ultrasoniese vibrasie wel doen is om skoon te maak waar jy nie maklik met kwasse en lappe bv kan bykom nie bv in klein holtes en in nate. Resonansie speel soms ook 'n rol so as die holte of naat nie lekker werk nie en jy sit die item in 'n skoonmaker wat teen 'n ander frekwensie werk dan lyk dit weer soos oe verblindery. Die frekwensie is 'n funksie van die energie oordraer (transducer) wat nie kan verander nie. Die piezo oordraers word gekeek om 'n sekere hoeveelheid energie te kan oordra en omdat hulle fisies groter is om die meganiese werk te doen as bv die dun klank skyfies, is hulle frekwensie gebonde, so as jy die drywer frekwensie verander word anders as sy resonante frekwensie dan verbrokkel die oordraer homself letterlik (soos in hy self-destruct).
Oppas vir sommige skoonmaak goed, benzine bv is reeds gevaarlik ondat die vel dit maklik absorbeer en in 'n ultrasoniese bad gebeur vel absorbsie super vinnig.
Koper verhard as dit vervorm word, as jy dit teen so 180o in ma se oond bak vir 30 minute of so dan word dit weer sag en krimp sonder om te kraak vir die ouens wat meer keer wil laai. Bak na hulle skoon is voor jy krimp anders brand die vuilgoed vas.
Dink aan my as julle so lekker skiet.
Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Sun Apr 22, 2012 7:17 pm
by Cobus(Cobb)
Laat ek gou kom saam piepie....
My Sonic hol soos 'n droom, wat Tripod s? oor die self werk sonder supervision is gaaf.
Primer pockets word in boor met pocket cleaner gou gedoen(anders raak cleaner mengsel te vuil)Ek gooi gedistileerde water en Lyman Turbo Sonic cleaner sousie mengsel, loop 3 siklusse, dan gou droogvryf/blaas, dan op vensterbank as ek nie haastig is nie, anders in oond teen 60? vir so 30min.
Die cleaner het een dag sommer net opgehou werk, die liggie het gebrand maar geen vibrasies gehad nie, 'n ligte klap teen die kant, toe hol hy weer pragtig.
Moetnie jou doppe in die mandjie wat voorsien is sit nie, dit verhinder die skoonmaak proses.
Ek het ook al pistool parte in hom gewas en dit kom ook baie skoon uit, maar het die pistool van "gunblue" tot silwer verander...lyk nou sommer beter.
Angelique en Danielle se juwele swem ook soms lekker in die cleaner, maak dit ook mooi skoon.
Weereens dankie Vlakvark, jou moeite word vandag nog waardeer.
Cheers
Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Sun Apr 22, 2012 8:01 pm
by Christo
Cobb wrote:
Angelique en Danielle se juwele swem ook soms lekker in die cleaner, maak dit ook mooi skoon.
Weereens dankie Vlakvark, jou moeite word vandag nog waardeer.
Cheers
Hier die selfde. Ek kan amper shop opsit so kom die juwele vir skoonmaak.
Dankie Vlakvark.
Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Wed Feb 06, 2013 11:38 am
by Dries Skiet
Hi Almal
Ek spook nog die hele tyd met my sonic cleaner, lees toe bietjie hier en haal toe ook die mandjie uit, 1x 480sek siklus en silver skoon is my doppe.
Dankie vir die goeie raad, ek het ding amper weg gegooi.
Groete
Dries
Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Wed Feb 06, 2013 1:07 pm
by JTM
So soos dit lyk vir my moet jy nog steeds tumble saam met jou sonic cleaner? Soos ek ook verstaan is die sonic cleaner net vir kaal doppe natuurlik , maar met 'n tubler kan jy nog jo rondtes tumble na dit klaar gelaai is. Doen julle dit so? Wat voeg julle by die tumble media om te help met die pollitoer van die rondtes?
Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Wed Feb 06, 2013 1:32 pm
by junglejulian
dit is nie n goeie idee om ammunisie(gelaaide rontes) in die tumbler te sit nie.die vibrasie veroosaak dat die beskerm lagie wat op die kruit is afkom wat die verbrandings spoed affekteer en self gevaarlik is omrede die druk dan te hoog kan wees.tumblers is net bedoel vir metaal(doppe,koeels en goed soos juweliersware)
Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Wed Feb 06, 2013 1:37 pm
by swc-tr
Moet glad nie ammunisie in 'n tumbler sit nie, die dryfmiddel word beskadig, verander die brandspoed en het al tot katastrofiese resultate gelei!
Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Wed Feb 06, 2013 2:01 pm
by Dries Skiet
Ek stem, die wrywing en vibrasie kan groot 11-1-11 maak. GEEN MAAR GEEN LEWENDIGE AMO IN TUMBLER!!!!!!!!!!!
Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Wed Feb 06, 2013 2:05 pm
by Geno
Tumble van rondtes is verkeerd.
PMP tumble gelaaide ammo. Dis dalk waar die moeilikheid inkom!
Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Wed Feb 06, 2013 2:24 pm
by JTM
Sien , daar leer mens nog iets...

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer
Posted: Wed Feb 06, 2013 4:07 pm
by BRNO (Pierre)
JTM wrote:Sien , daar leer mens nog iets...

Stem. Ek wou nog voor die vreeslike skommelinge van die forum die vraag stel. Nou leer ek sommer hier
