Page 1 of 1
Beeskraal ontwerp.
Posted: Thu Apr 19, 2012 7:41 pm
by Lamtjop
Naand almal.
Ek is op soek na n ontwerp of skets van n goeie beeskraal, ek wil vir my n ordentlike kraal bou. Dit hoef nie n groot ding te wees nie, ek het net so 50 koeie. Ek soek net planne asb. Die manne wat bees ken kan maar raad gee, bv vorm of ronding van injaag na die drukgang ens. Hoop jul verstaan wat ek bedoel. Gee raad asb.
Groete Tjops
Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Thu Apr 19, 2012 7:55 pm
by JK
In die lanbouweekblad het ek al planne geadverteer gesien gesien wat in tipe sirkels werk en dit werk bleikbaar baie goed.
Krale moet nie te groot wees of the klein wees nie, anders werk dit nie. Te groot en die bees hardloop rond en jy ook, te klein en julle albei pas nie in die kraal nie. So van 8m sy-lengte begin werk. Die krale voor die drukgang met klein wees ander kom die bees verby jou as jy hulle aanjaag. Hekke moet in n hoek wees ander kry jy nie die bees uit die kraal uit nie.
Kyk by gevestigde bees vendusie krale in jou omgewing wat doen hulle en vat mates ens, en praat met daai agente en afslaers. Dan kan jy nie te ver verkeerd wees nie.
Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Thu Apr 19, 2012 8:30 pm
by Makenda Sales
Hi Lamtjop,
Ek is self besig om bietjie na te vors oor die goed. Hier is 'n paar suits wat ek op af gekom het, gratis! Daar is baie manne veral in die VSA maar hulle verkoop planne, probeer hierdie laat weet as ek vir jou van die inligting moet mail wat ek al afgetrek het.
http://ohioline.osu.edu/b906/index.html
http://www.grandinlivestockhandlingsyst ... ction.html
http://www.agriculture.gov.sk.ca/Defaul ... 5fb70d03a5
Groete,
Makenda
Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Fri Apr 20, 2012 2:03 pm
by Lamtjop
Makenda.
Vreeslik baie dankie, dis presies wat ek gesoek het.
Groete
Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Sat Apr 21, 2012 6:56 pm
by Christo
ons het 'n beeskraal gebou van lorrietyres wat met kratskroewe aanmekaar vasgeskroef is. Lekker vinnig en met die regte dikte houtpale is daar nie beeste wat hom gebreek kry nie. Die materiaal is ook verniet.
Ek sal probeer foto plaas sodat julle kan sien.
Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Sat Apr 21, 2012 7:34 pm
by Frikjordaan
Ons het inligting gekry van die onderstaan mense " Beeshantering Failiteite"
Nog insiggewind en ek het met beperkte fondse van hul idees gebruik
Die dame by die LNR het vir my die hele handleiding elktronies gestuur en as jy belangstel dan kan ek probeer om die hele dokument na jou epos te stuur'
Laat weet
Frik
Uitgegee deur die LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese (LNR-ILI)
Privaatsak X519, Silverton 0127

? (012) 842 4000

? (012) 804 0753
'n Instituut van die Landbounavorsingsraad (LNR)
November 2000
Geen gedeelte van hierdie publikasie mag sonder skriftelike verlof van die kopiereghouer
gereproduseer of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur
fotokopi?ring, plaat- of bandopname, vermikrofilming of enige ander stelsel van
inligtingbewaring.
Alle regte voorbehou.
Kopiereg ? 2000 LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese (LNR-ILI)
Gedruk en gebind deur die LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese (LNR-ILI)
Cresswellweg 141, Silverton, Pretoria
ISBN 1-919685-95-2
Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Sun Apr 22, 2012 2:36 pm
by Makenda Sales
Hi Lamtjop,
Dit is 'n groot plesier, ek het self met die rooi taal gesukkel en die hele tyd by Beeskraal die band uit gekom

was nie baie van hulp nie. Laat weet as ek nog inligting wat ek gekry het kan aanstuur.
Christo,
Sal jy asseblief foto's op sit, sal graag wil sien hoe dit lyk!! Omdat arbeid 'n probleem raak sal ek moet veranderinge maak aan my bestaande kraal.
Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Sun Apr 22, 2012 8:04 pm
by Christo
Hier is die foto's. My voorstel is dat jy so elke 5de tyre 'n sterk paal h? wat die kraal regop hou. Jou verbeelding en planne is hoe jou kraal lyk. Trok casings wat afgeskryf is is groot probleem vir die bandebedryf en hulle sal met graagte vir jou gee. Die bande maak ook lekker matte vir slote waar gronderosie oorneem.
Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Sun Apr 22, 2012 8:07 pm
by Christo
Try weer
Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Sun Apr 22, 2012 10:46 pm
by Makenda Sales
Baie dankie Christo,
Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Mon Apr 23, 2012 6:46 am
by Christo
nog een
Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Mon Apr 30, 2012 7:55 pm
by tobie
Ek het in amerika op n paar voere krale gewerk.as ek jou n hint kan gee bou jou druk gang met n draai na links.n bees se kop werk so om.vermy n hoek waar moonlik.maak n ronde kraal net voor die drukgang met n hek wat van die middel punt af kom tot by die kant.(nie groter as 5m)die hek swaai ater hulle in wat hulle vas druk tot by die druk gang.(geburuik n plaat indien mootlik om die druk gang en kraal toe te maak.)die hek moet elke ft n haak plek het sodat hulle jou nie terug stoot nie.dis einlik n baie een voudige patent.as jy nog sukkel skreeu net.sal my vrou vra om n prentjie op laai
Groete tobie
Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Mon Apr 30, 2012 8:23 pm
by Lamtjop
Tobie
Dankie vir daai tip, ek n plan gekry deur Makenda wat presies werk soos jy beskryf. Dis plan nr S-186 vanaf die derde link wat hy gegee het. Miskien kan die slimmer manne die prentjie hier op die topic plaas. Ek moes toevallig die plan se spieelbeeld gebruik en nou loop bees na links.
Groete
Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Mon Jun 16, 2014 7:55 pm
by Platjan
Gaan kyk op die volgende webadres:
http://visioncattlequip.com/Ontwerpe.htm
Hulle gee goeie raad ook. Moenie vir kwotasie vra nie, jy gaan jouself bedinges! R300 000 + !!!!!
Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Fri Jun 20, 2014 12:23 pm
by PaulM
Iets wat vir my baie goed werk:
Ek jaag ELKE oggend my beeste uit die kraal, deur die drukgang, veld toe. As ek die dag met hulle moet werk, maak
ek die kopklem voor toe, en hulle staan in die drukgang. Hulle het geen vrees vir die drukgang meer nie, en loop self
rustig daardeur.
Die mag van gewoonte...

Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Wed Jul 02, 2014 9:10 am
by PRIVATE RYAN
Maak die drukgang met 'n effense kurwe. (Soos 'n piesang)
Re: Beeskraal ontwerp.
Posted: Wed Jul 02, 2014 9:19 am
by savage(P Coetzer)
Gaan kyk gerus na Temple Grandin se ontwerpe. Sy het destyds die voerkraal bedryf in amerika heeltemal verander deur krale te ontwerp ens.
http://www.grandin.com/design/design.html