Page 1 of 1
Burris, Nikon of Rudolph
Posted: Thu Apr 19, 2012 3:25 pm
by Vantheman
Manne help asb...
Soos julle weet Huntex begin m?re. Nou ek wil vir my 'n nuwe teleskope koop vir my .270 en .243.
Ek maar na so vergroting van 4-16. Gaan meestal gebruik word vir jag, maar moet darem kan werk by ons vereniging se skietdae ook.
Ek hou baie van die Burris, vriende van my skiet ook met hulle, maar die manne by VLT s? hulle is bietjie uit voorraad uit en ek sal 'n paar weke moet wag.
Ek hoor almal praat goed van die Nikon's...
Die rede hoekom ek die Rudolph scope ook by gesit het is omdat ek vanmiddag op die dorp was en na een by Landmark gekyk het. Lyk glad nie sleg nie, dit is die een met die TS kruishaar as ek reg is. S&O verkoop hulle teen R4 600 en Landmark nou teen R3 000.
Wat sal julle manne is die beter teleskoop as mens nie meer as R4 500 wil spandeer nie of is daar nog iets anders waarna 'n mens kan kyk. Help asb, ek ry m?re Huntex toe, sodat ak weet waarvoor ek moet soek...
Re: Burris, Nikon of Rudolph
Posted: Thu Apr 19, 2012 3:39 pm
by BLOK
Vantheman wrote:
S&O verkoop hulle teen R4 600 en Landmark nou teen R3 000.
Wonder hoekom die masiewe prys verskil. Iewers is al weer n slang in die gras wonder is dit nie waar die kick back wat die salesman moet kry inkom wat Koos van gepraat het nie want dit is darem n mase verskil op so prysklas scope.
Re: Burris, Nikon of Rudolph
Posted: Thu Apr 19, 2012 3:42 pm
by BRNO (Pierre)
Ek het n Burris 3-9*40 op 30-06 vir die afgelope vyf jaar, en het absoluut niks negatief te se oor die scope nie, inteendeel het die scope selfs van my vriende verbaas wat bietjie dieper sakke het vir die duurder scopes. Een van die vriende was vanmiddag by die skou, en die Burrisse is volop beskikbaar.
Ek gaan egter more vir my n Nikon 4,5-16*42 koop (glo die skou prys sal goed wees). Tans kos hulle ongeveer R4800.00 by S&O. Die rede hiervoor is die waarborg wat S&O aanbied. Indien daar iets a.g.v. vervaardiging verkeerd gaan met die scope, sal jy binne drie dae n nuwe een in die hand he, gee nie om waar jy is nie.
Ek kan ongelukkig glad nie die Rudolphs nie, en kan nie komentaar daarop lewer nie, maar daar is reeds soos met die ander twee make baie goeie verslae oor hulle gelewer.
Re: Burris, Nikon of Rudolph
Posted: Thu Apr 19, 2012 3:47 pm
by Armand Steenkamp
Gaan vir die Burris! Hys helderder as scopes van 2keer sy prys het!
Groetnis
Re: Burris, Nikon of Rudolph
Posted: Thu Apr 19, 2012 4:16 pm
by Spanner
Ek het ook dringend 'n Burris gesoek en het een deur 'n ou laat invoer vir my. Ek het die FFII 6.5-20X50 BLSTC MIL DOT (Manufacturer Part Number :200193), geneem. Die ou het sommer twee van die scopes ingebring, so een is nog beskikbaar dink ek. Kontak hom gerus, hy help graag en die diens is puik. Ek het R5600 betaal, afgelewer by my. Daai scope is fantasties, ek kan net met lof praat van hom.
Pieter de Waal
Phone : 076 8818 224
Fax : 086 502 2791
Email :
info@genesistrading.co.za
Web :
www.genesistrading.co.za
Re: Burris, Nikon of Rudolph
Posted: Thu Apr 19, 2012 5:16 pm
by pietjacobs
Vantheman wrote:
S&O verkoop hulle teen R4 600 en Landmark nou teen R3 000.
Van the man, daai R3000 dink ek is 'n label fout aan hulle kant, koop hom
Ek het die 4x16x50TS en het R3900 betaal vir hom op special soo geadverteer by Rudolph self in die Jagters boeke. Het net die naweek wat verby is weer gaan Springbokke skiet met hom. Niks fout met daai kruishaar in die nag, sien lekker en die lyne is dun
Re: Burris, Nikon of Rudolph
Posted: Thu Apr 19, 2012 7:19 pm
by Vantheman
Piet
Ja, het ook gedink dit was 'n drukfout, maar groot was my verbasing...
Is daar nie iemand wat aldrie of twee van die scopes het om te vergelyk nie?
Re: Burris, Nikon of Rudolph
Posted: Thu Apr 19, 2012 7:36 pm
by Pvdw
Van as ek reg is het Piet Breedt kennis van al 3, kyk of jy hom aan die hande kan kry.
Sterkte( ek verkies die NIKON, net omdat ek een het

)
Peet