Page 1 of 1
Eerste ervaring van probleem dier jag dmv roep metode
Posted: Fri Feb 19, 2010 12:04 pm
by Foxhound
Eerste ervaring van probleem dier jag dmv roep metode
Marcelle se stori sal volg maar hier solank die photo van die nag se aktiwieteite

Re: Eerste ervaring van probleem dier jag dmv roep metode
Posted: Fri Feb 19, 2010 4:20 pm
by Faktor
Ons het van half 7 by die plaas aangekom.
Ons het gewag sodat die son skaars gesien kan word, "Golden Hour" en dat mens 'n refleksie kan sien, maar nie die lig nie.
Dit het relatief vinnag donkerder geword, en die spel het begin!
Ons het 'n Hasie gebruik, en nie eens 5 min gewag nie, toe die eerste stel oe, oor die gras ingesweef kom.
Ons het die roeper aan gelos en gefluit!
Hyt gaan stil staan en ons het die dimmer sterker gestel vir identifikasie, tot my teleurstelling was dit 'n maanhaar gewees.
Ons het nog so 'n half uur spandeer en af gesluit.
Ons het 'n entjie gery tot by 'n bultjie wat afloop na die pan toe.
Ons was nog besig om te beplan met die wind wat gedraai het, waar om die proeper te plaas toe ons 'n stel oe gewaar.
Die lig is toe gedim en daar is gereed gemaak vir die skoot, die lig is helder gestel, die skoot klap en 'n defnitiewe dood skoot!
Ons gebruik toe jakkals destres en binne sekondes word die volgende oe gewaar, hy kom reg op die ander jakkals af gehardloop, ons het gefluit en hyt gestop, weereens lui die skoot en daar le nog 'n jakkals. Ons het die roepe herhaal vir nog so 'n half uur, waarin ons weer 'n maanhaar ingeroep het, afgesluit en geskuif.
Ons staan teen die draad en kyk oor die pan met water in en besluit dis 'n goeie plek.
Die roeper is geplaas en on het gewag vir die natuur om te herstel.
So 5 min later het ons begin met 'n Hasie, Javelina Combo.
Die eerste oe wat verskyn is toe weereens 'n verdomde maanhaar, EK SWEER DIE DING FOLG MY!!!!
Binne min na die maanhaar, het ons oe gewaar aan ons agter kant.
Daar was 'n randjie na ons regter kant toe gewees en die jakkalse het om daai randjie gekom.
Die jakkals het ingedraf gekom, reguit op die roeper af, ons het gefluit en hom geskiet so 140 tree van ons af.
Die hasie, javelina combo is heraal na so 5 min se wag. Weereens kom 'n 2de jakkals om die randjie gedraf, reg op die roeper af.
Hy het so 60 tree regs van ons eerste jakkals af verby gedraf, toe ek die dimmer versterk het hy vasgesteek en gekyk, die skoot het gelui en dit was verby met hom.
So 10 min se stilte het gevolg voor ons weer die combo gebruik het.
2 min na die combo gestop is het ons oe gewaar reg langs die eerste jakkals van die ronte, hy het ook gevries met 'n versterking van die dimmer.
Die skoot het geklap, en siedaar, nog 'n dooie jakkals. Ons het gewag vir nog so 20 min en toe afgesluit.
Die twee jakkalse het net 4 tree van mekaar af gele.
Dit was my eerst jakkals jag en dit was die Full Monty!! Ons het selfs 'n flatie omgeruil!!!
Re: Eerste ervaring van probleem dier jag dmv roep metode
Posted: Fri Feb 19, 2010 4:55 pm
by Louis102
Faktor
Eintlik is die groenes reg om die verkeerde redes - verban die manier van jag! Dit is verslawend! Die simptome klink vir my of jy ge-"hook" is. Baie geluk en welkom by die klub. Onthou ook hierdie ervaring as daar nagte is wat dit nie so goed gaan nie, hulle kom ook.
Louis
Re: Eerste ervaring van probleem dier jag dmv roep metode
Posted: Sat Feb 20, 2010 9:34 pm
by Roelo
Goeie werk ou Faktor en baie wekom En dis waar daar kom baie moedelose aande maar byt vas die goeies soos die kom weer
Re: Eerste ervaring van probleem dier jag dmv roep metode
Posted: Sun Feb 21, 2010 3:43 pm
by Christo
Welkom Faktor
Mooi gedoen
Christo
Re: Eerste ervaring van probleem dier jag dmv roep metode
Posted: Sun Feb 21, 2010 10:15 pm
by Rudie Combrinck(9mm)
Baie mooi faktor! Dis hoe dit gedoen moet word! Wat is foxhound se storie?
Re: Eerste ervaring van probleem dier jag dmv roep metode
Posted: Mon Feb 22, 2010 8:35 am
by Foxhound
dagse ou Rudi aka 9mm
My stori is ek was die man met die remote en kettie in die hand!!!
Re: Eerste ervaring van probleem dier jag dmv roep metode
Posted: Mon Feb 22, 2010 5:25 pm
by Rudie Combrinck(9mm)
Foxie dit is vir my tog so mooi! Jyt die gogas behoorlik seergemaak!
Lekke aand!

Re: Eerste ervaring van probleem dier jag dmv roep metode
Posted: Wed Feb 24, 2010 9:03 am
by Francois Marais
Foxie
Julle het hulle gewiks man, mooi gegooi.
Mooi loop
Francois
Re: Eerste ervaring van probleem dier jag dmv roep metode
Posted: Wed Feb 24, 2010 9:47 am
by Foxhound
Yes francois
was maandagaand weer op dieselfde plaas en nog 3 gekry en gisteraand voor die reen n groott wyfie kat
die boer se darm die vangery nou stil vir tyd en wyl
Re: Eerste ervaring van probleem dier jag dmv roep metode
Posted: Wed Feb 24, 2010 11:00 am
by britsman
Foxhound,
Foxhound wrote:
was maandagaand weer op dieselfde plaas en nog 3 gekry en gisteraand voor die reen n groott wyfie kat
Moenie vergeet om die getalle op Ops Tjank in te sit nie.
groete,
ou brits
Re: Eerste ervaring van probleem dier jag dmv roep metode
Posted: Wed Feb 24, 2010 11:03 am
by Francois Marais
Fox
Ja-nee, met daai getalle afgehaal sal daan definitief n stilte moet wees.
Mooi loop
Francois